FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Music of the heart

Coenraad Walters

Met: Meryl Streep, Aidan Quinn, Angela Bassett, Gloria Estefan en etlike beroemde violiste!
Draaiboek: Pamela Gray
Regie: Wes Craven

Ek haat onderwyserflieks met ’n passie en ek vermy hulle soos die pes. G’n onderwyser kan gewoonlik die verromantiseerde beeld van sy / haar dagtaak, soos deur Hollywood met gouestroop toegesmeer, veel nie — beslis nie hierdie een nie, al is hy ook hoe ’n fliekvlooi! Ek is darem nie totaal sonder blootstelling aan die soort nie: To Sir, with love (1967), een van die Afro-Amerikaner Sidney Poitier se epogmakende flieks, kon ek danksy televisie beleef. Dead poets’ society (1989) was ’n ernstige prent in Robin Williams se loopbaan en die verhaal het wyer geresoneer as bloot die skoolsituasie. The Browning version (1994), waarin die onderwyser (Albert Finney) die leerlinge om verskoning vra vir hoe hy hulle onderrig het, was vir my ’n hoogtepunt in dié genre. Maar Mr Holland’s Opus (1995; musiek en Richard Dreyfuss se Oscar benoeming ten spyt) en Michelle Pfeiffer se Dangerous minds (1995) het ek sorgvuldig misgeloop.

Waarom het ek dan Music of the heart aan myself gedoen? Wel, Meryl Streep is vir ’n Oscar benoem, en sedert Sophie’s choice was ek nog altyd ’n lid van die waaierband. Wes Craven is allerweë bekend vir sy rillers: wat sou hy met so ’n menslike, hartverwarmende storie maak? En dan handel dit immers oor musiek, vioolmusiek, en etlike groot violiste duik op in die Grand Finale.

En die resultaat? Ten spyte van myself het ek Music of the heart geniet. Dit het al die nodige elemente wat my laat gril vir dié tipe verhaal: dis gebaseer op die werklikheid; ’n onderwyseres wat self swaarkry, moet skynbaar onoorkomelike praktiese en ideologiese probleme oorbrug sodat haar ideaal skouspelagtig verwesenlik kan word; daar is strepe oulike kindertjies wat baat by haar onbaatsugtige ywer; die hoofkarakter het ’n tawwe ma (Cloris Leachman) met ’n hart van goud; ensovoorts.

Wat laat die rolprent dan werk? Dis moeilik om te sê. Al gebruik Meryl Streep nie ’n aksent nie (behalwe natuurlik die taal van musiek — Ms Streep’s Violin teacher word in die slottitels erken), het haar toneelspelvermoë baie te doen met die oortuigingskrag van die prent. Die kollektiewe talent (as musici en akteurs) van die kinders ondersteun haar selfs beter as die veel bekender akteurs wat nie veel te doen het nie (Aidan Quinn, Angela Bassett en Gloria Estefan in haar rolprentdebuut). Die meeste van die kinders was, of is, studente van Roberta Guaspari, die onderwyseres op wie se lewe die verhaal gebaseer is.

Die draaiboek vleg ’n duisternis sosiale probleme en kwessies uit die kinders se lewens in. Omtrent net iemand wat al tydens ’n rapportaand met probleemkinders en probleemouers gesels het, sal byvoorbeeld die verligting van een seuntjie se ma begryp as sy pa die kontrak vir die Groot Konsert teken.

Die sentrale onderwyseres, Roberta, en haar twee seuns moet ’n nare egskeiding oorleef. Daarom beland sy in East Harlem waar sy met die vioolprogram begin. Die prent fokus egter nie slegs op die program nie, maar skets genoeg van Roberta se lewe (soos waar haar seuns vir haar ’n afspraak reël deur ’n advertensie in die Persoonlike Kolom van die koerant!) dat sy Mens word, en nie Onnie bly nie.

Waar die Groot Konsert plaasvind, is sekerlik ’n onverklapbare geheim. Laat ek net sê dat ek laas oor die skoonheid van ’n binneruimte ’n traan gestort het toe die Beast vir skoonheid Belle sy BIBLIOTEEK gewys het! Die span beroemdes wat die Konsert se trekpleister is, sal enige musiekliefhebber ontroer, as die verhaal se ingeboude ontroering en Roberta se sentimentele toespraak voor die konsert nog nie daarin kon slaag nie.

Craven waag geen kanse met buitengewoonhede nie. Sy storie is eintlik oorbekend (hoekom dink ek nou aan Touched by an angel?!?) en hy versit geen grense hier nie. Tog word die verhaal oor Belangrike Dinge met net genoeg soberheid vertel dat ’n mens nie in stroop verdrink nie (of miskien het my gestel net hierdie soort soetvitamiene nodig gehad!) en bly dit heel kykbaar. Hoekom Streep vir ’n Oscar benoem is, is nie heeltemal duidelik nie, en hoekom die prent as ’n kunsprent bemark word, begryp ek nie ten volle nie. (Sal die vioolmusiek die massas afskrik?) As ’n mens net een verteenwoordiger van die onnie-genre moet sien, kan jy veel swakkeres kies as Music of the heart.

Aan die einde van die slottitels word kykers gevra om die onderrig van kuns en musiek te ondersteun. Amen.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.