FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

And your mother too

André Crous

cinephile2@yahoo.com

Mexikaanse films verskaf die filmbedryf met ’n baie helder, optimistiese toekoms. Laas jaar (2001) is Amores perros (Love’s a bitch) op die wêreld losgelaat. Dit was hard en rou, beeldskoon en ingewikkeld. Dit was Mexiko se weergawe van Magnolia. Dit het meer te sê gehad as Magnolia, en het ’n groter impak op my gemaak, selfs al het Amores geen paddas gehad nie.

Dit lyk asof die filmbedryf ’n herlewing ondergaan. In the bedroom, wat in my opinie nog sover die jaar se beste film is, is gemaak deur Todd Field. Dit was sy eerste fliek. Amores perros is gemaak deur Alejandro Gonzalez Iñarritu. Dit was ook sý eerste fliek. Monster’s ball het Halle Berry met ’n Oscar besorg, en dit was daardie regisseur, Mark Forster, se tweede fliek.

Nou het ons Y tu mamá también (And your mother too), gemaak deur Alfonso Cuarón, wat ’n paar jaar gelede die baie stylvolle weergawe van Great Expectations verfilm het, met Gwyneth Paltrow en Ethan Hawke. Mamá is sy vierde fliek as regisseur.

Y tu mamá también is ’n reality check. Miskien selfs ’n skok. Dit is anders as enigiets wat ek al ooit vantevore gesien het.

Die fliek werk as iets lekkers om na te kyk, iets om te geniet. Dit werk as ’n tong-in-die-kies-veroordeling van Mexikaanse politiek, en van politiek in die algemeen. Dit werk as ’n studie van vriendskap, van sosiale probleme, en as ’n studie van seks, bevrediging, vervulling, genot en bowenal jeug.

Die storie is iets visueels waarvan ek die ervaring nie in woorde kan omsit nie. Die hoofkarakters in die fliek is die twintig jaar oue vriende Tenoch (Diego Luna) en Julio (Gael García Bernál, wat ook te sien was in Amores perros). Hulle is seksbehep, en wanneer hulle Luisa (Maribel Verdú), Tenoch se neef se vrou, ontmoet, sal hulle enigiets gee om met haar te slaap. Hulle maak ’n storie op van ’n wonderlike strand, Heaven’s Mouth, waarheen hulle beplan om te gaan. Tenoch en Julio se meisies is weg op vakansie, en wanneer Luisa en haar man probleme het, besluit die drie om ’n road trip na die magiese — en fiktiewe — strand te onderneem. Die fliek handel oor alles wat voor, gedurende en ná hierdie reis gebeur.

Die karakters word al hoe interessanter. Daar is geheime wat hulle met mekaar deel, en ook geheime wat net die verteller met ons deel. Die fliek se karakters soek na ’n bevestiging van hulself, en die pad na hierdie sekerheid is glad nie sonder diep slaggate nie.

Die fliek het soveel om te sê en daar is soveel om in te neem, dat jy moontlik — soos ek — emosioneel uitgeput sal voel wanneer die credits verskyn.

Amélie was ’n fliek waar karakters en situasies soms deur ’n verteller aan ons bekendgestel is in terme van amper niksbeduidende details. Wanneer ons iemand in die straat gesien het, het die kamera op daardie persoon gefokus en ’n storie is deur beelde aan ons vertel oor die individu se voor- en afkeure en persoonlike geskiedenis. The Royal Tenenbaums het ook iets soortgelyks probeer. Beide hierdie twee flieks het dit egter net gedoen vir ons plesier. Sommige van Mamá se verteller se stories is amper nóg minder belangrik, en ons moet onsself afvra wat die doel van hierdie speletjie is. Neem die volgende voorbeeld: Tenoch, Julio en Luisa ry deur die Mexikaanse platteland. Skielik onderbreek die verteller die storie en vertel van ’n ongeluk wat tien jaar vantevore op daardie pad plaasgevind het. Wat probeer Cuarón hiermee regkry? Ek dink dat hy ons aandag wil fokus op die ryk ingewikkeldheid agter enigiets eenvoudigs. Die Mexikaanse platteland lyk miskien met die eerste oogopslag nie asof dit iets het om te vertel nie, maar — soos een van die karakters sê — hierdie is ’n land waar jy die lewe inasem. Daar is altyd meer wat aangaan as wat dit voorkom.

Hierdie vlakke is ook van toepassing op die vriendskap tussen Tenoch en Julio. Hulle is beste vriende en het selfs dieselfde klein tattoe op hul rûe. Maar daar is sekere dinge, gewoontes en stukke geskiedenis, wat hulle nie van mekaar weet nie, en nooit vir mekaar sal vertel nie. Ten spyte van die oënskynlike eerlikheid tussen die twee, bly daar altyd iets weggesteek.

En hierdie fliek van 105 minute maak dat ons dit raaksien in mense wat ons nog nooit vantevore ontmoet het nie. Die laaste toneel bevat spanning, die openbaring van ’n groot geheim, ’n besluit, en die verteller se skokkende laaste woorde wat my uitasem gelos het.

Maribel Verdú se toneelspel as Luisa is absoluut foutloos. Verskeie tonele in die fliek bevat geen redigering nie, maw alles is in een ongebroke shot. Die feit dat Verdú in dieselfde toneel — en in dieselfde shot — van geluk na hartverskeurende smart kan beweeg, is die bewys dat ons hier met ’n aktrise, en ’n bemanning, te doen het wat die maak van ’n fliek en die vertel van ’n storie as iets ernstigs beskou, en nie die hoë-snert-hoë-inkomste-formule van die meeste Hollywood-produksies kies nie.

Hierdie is nie ’n teen-comedy nie. Hoe maak ’n mens ’n fliek oor seks? Die jaarlikse vrag films in die klas van 40 days and 40 nights, American pie en Not another teen movie handel — ten spyte van hul stories — glad nie oor seks nie. Hierdie Hollywood-flieks is die gewone man-gly-op-piesangskil-storie, behalwe dat dit meer “seks” of, ten minste, afgesaagde seksuele insinuasies as hul swart-en-wit ewebeelde bevat. Hierdie gemors gebruik net seks om daardie nuuskierige, kinderagtige sotte te trek wat daarvan hou om na iemand te kyk wat seks het met ’n appeltert.

Y tu mamá también gebruik nie seks vir hierdie “sommer-net” redes nie. Y tu mamá también gebruik seks as ’n element van die storie. Eksplisiete seks en masturbasie is daar omdat dit ons ’n storie vertel.

Julio, Tenoch en Luisa is drie karakters wat by jou sal bly omdat hulle — in skrille teenstelling met die Amerikaanse pogings — realistiese, geloofwaardige karakters is wat werklik agter die skerm staan en asemhaal. Nie om ons te vermaak nie, maar om hul eie lewens te probeer verstaan en uit te leef.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.