FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Monsoon Wedding

Suzette Kotzé

Hindi/Punjabi met Engelse onderskrifte
Spelers: Naseeruddin Shah, Vasundhara Das, Kamini Khanna, Tilotama Shome, Lillete Dubey, Shefali Shetty, Vijay Raaz
Regisseur: Mira Nair

Indië het (soos talle nie-Westerse lande) ’n eeue oue tradisie van gereëlde huwelike, maar dis ook die land van die Taj Mahal, seker die wêreld se grootste en mooiste monument vir die liefde. Regisseur Mira Nair (Mississippi Masala, Salaam Bombay!, Kama Sutra: A Tale of Love) se nuutste film verenig dié op die oog af onversoenbare idees in ’n uitbundige familiedrama.

Dis chaos in die Lalit-huishouding, want die troue van die enigste dogter is op hande. Die pa (Naseeruddin Shah) is moedeloos en verskree almal terwyl die tuin reggemaak moet word vir die spogtroue; die vrouens van die uitgebreide familie fladder in kleurryke sari’s rond om al die laaste reëlings af te handel. Dis die dag van die verlowing en vier dae voor die huwelik, maar die aanstaande bruid (Vasundhara Das) het ’n permanent bekommerde uitdrukking op haar gesig. Sy het die bruidegom (Kamini Khanna), wat in Amerika woon, nog net vlugtig ontmoet, en toe hy en sy familie arriveer, is sy ongeërg — sy probeer nog ’n laaste skelm ontmoeting met haar eks reël.

Hoe later, hoe kwater. Die kontrakteur (Vijay Raaz), ’n hiëna-agtige knaap wat moet sorg vir die markiestent en diverse versierings, is as-aan en hang meer op sy selfoon rond as wat hy die werk gedoen kry. Valse versekerings rol van sy lippe af teenoor die ontevrede vader des huises, en verder kou hy net gousblomme en ginnegaap saam met sy drie werkers.

Maar dan kom ’n draaipunt. Dié seker mees onwaarskynlike romantiese held ooit word die objek van bewondering van Alice (Tilotama Shome), een van die diensmeisies. En seker so met al die blomkranse en trouklere en praatjies van liefde in die lug, tref die Kupido-pyltjie hom. Op sigself ’n wonderwerk, want hy is ’n man wat al “exactly and approximately” 150 tot 175 troues gereël het, maar nog nooit was daar ’n vrou wat hy kon liefkry nie, ten spyte van die druk van sy ma oor die kleinkinders wat sy nooit sal sien nie (sekere dinge is blykbaar universeel in alle kulture).

Intussen het die bruid ’n klandestiene ontmoeting met haar eks-minnaar, wat sleg skeefloop, en sy besluit om te bieg teenoor haar aanstaande man, want sy sien nie kans om ’n lewe saam met hom te begin wat op leuens berus nie. Die kontrakteur se hofmakery van Alice struikel ook en alles begin wankel. Om alles te kroon, kom ’n donker familiegeheim uit en die pa word voor ’n moeilike keuse gestel.

Wat so besonders is van hierdie film — wenner van die beste rolprent-toekenning by die Venisiese Filmfees — is hoe die regisseur uit ’n absolute deurmekaarspul van persoonlikhede en verknoopte verhoudings stadig maar seker die draadjies bymekaar trek tot ’n bevredigende einde waar die moeë maar gelukkige familie ná ’n belangrike suiwering al die bekommernisse en tekortkominge oorboord gooi en net die liefde dansend vier onder ’n gietende moesonreën. Want, soos die bruidegom per geleentheid sê, die huwelik, en die liefde — ag, eintlik maar die lewe — bly ’n risiko; dit kan nooit vooraf presies bereken word nie. En tog, ten spyte van alles, wérk dit, soos blyk uit die getoetste, vertroude verhouding van die bruid se ouers, vratte en al, wat óók begin het as ’n gereëlde huwelik.

Valentynsdag is om die draai — kom sommer vroeg al in die mood en gaan kyk na hierdie heerlike film.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.