FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Minority report

Andr Crous
cinephile2@yahoo.com

Wanneer gaan Steven Spielberg uiteindelik weer sy twee-uur-stories in twee uur inpas en nie verder rek as wat hulle gerek behoort te word nie?

Spielberg se nuutste fliek se naam is Minority report, en Tom Cruise speel die hoofrol. Indien jy ’n vinnige insig wil h in die filmmaker met die naam Steven Spielberg, lees verder; as jy net ’n resensie van die fliek wil lees, ignoreer dan maar hierdie volgende aantal paragrawe.

Spielberg
Wie is Spielberg? Ek sien hom as ’n wese wie se vermons om ’n fliek te produseer wat altyd kommersieel is en wat derhalwe keer op keer ’n enorme inkomste maak, so natuurlik is soos om asem te haal. Spielberg het die woord blockbuster gedefinieer toe hy in 1974 Jaws gemaak het. Sy Close encounters in 1977 en die Indiana Jones-trilogie was grt — reusagtig in vergelyking met ander regisseurs s’n — maar die kersie op die koek was 1982 se E.T. , die grootste geldmaker tot en met Spielberg se eie Jurassic Park in 1994.

’n Aantal resensente het Minority report beskryf as Spielberg se volwasse poging. Hulle weet nie waarvan hulle praat nie. Spielberg word nes (of moontlik in navolging van) die groot en invloedryke Franse regisseur Franois Truffaut eindeloos gefassineer deur stories waarby kinders betrokke is — of dit nou ’n seuntjie is wat deur aliens ontvoer word of wat so ’n alien self bevriend, die wasdom van ’n seun in ’n Chinese konsentrasiekamp, ’n meisie in ’n rooi rok in ’n andersins swart-en-wit landskap van Nazi-Pole, of die moontlikheid vir ’n robotiese seuntjie om ook ware liefde te ken.

Daar is net eenvoudig ’n aantal elemente waarvan Spielberg nie ontslae kan raak in sy flieks nie. Kinders is een. Onaardse beligting is ’n ander. En ’n pa wat nie by sy seun is nie, ’n derde. Die vraag is of hierdie onwilligheid om te beweeg ’n probleem vir die kyker skep of nie — veral vir diegene wat met sy flieks vertroud is — veral ten opsigte van die fliek se vermo om ons steeds te vermaak.

Minority report
Spielberg se vorige fliek was die Kubrick-projek, A.I. Artificial Intelligence. Die stories het lank rondgeloop oor die feit dat Kubrick Spielberg persoonlik aanges het om geboorte te skenk aan hierdie langverwagte baba van hom. Die eindproduk was ’n hoogs intelligente, yskoue 75% Kubrick, 25% Spielberg-stuk. Die fliek was twee en ’n half uur lank, en het ’n einde gehad met die duidelike doel van trane wat sou spruit uit ons begrip van die liefde tussen ’n ma en haar seun. Ek gee nie om vir emosionele manipulasie nie, maar wanneer hierdie poging s eksplisiet daargestel en tot breekpunt uitgerek word, wil ek my hare uit my kop uit trek.

Spielberg het binne een jaar ’n double-whammy van sci-fi-flieks geproduseer: A.I. het in Oktober 2001 begin, en nou, op 30 Augustus 2002, het ons Minority report, met die geldslurpende Tom Cruise.

Minority report lyk — in absoluut alle opsigte — asemrowend. Spielberg se soms superverligte tonele is steeds daar, maar die tekstuur van die beeld lyk soos iets tussen Fight club en Dark city. Donker. Hier is alles blouswart, maar te alle tye sigbaar. Die kamera beweeg la David Fincher soms baie vinnig rondom ’n karakter, iets wat ons nie normaalweg met Spielberg verbind nie.

So, wat is die storie van Minority report? Hoekom moet ’n mens dit gaan kyk? En hoekom nie?

Dit is die jaar 2054 en Washington DC is ’n stad wat al die afgelope ses jaar lank spog met ’n moordstatistiek van 0. Nul. John Anderton (gespeel deur Tom Cruise) is die hoof van Pre-Crime, ’n afdeling wat homself met die arrestasie van moordenaars besighou. Hoe kan daar moordenaars wees as daar nie moorde is nie? Die antwoord: Moordenaars word gearresteer voordat die moorde gepleeg word!

Drie sogenaamde Pre-Cognitives — “Pre-Cogs” — l in ’n tenk, en stuur beelde van moorde wat in die toekoms gepleeg sal word, na ’n sentrale stelsel, waaruit leidrade ten opsigte van die presiese lokasie ensovoorts van die moord afgelei word. Die taakmag vlieg dan met hul vuurpylaangedrewe pakke daarheen en arresteer die oortreder voordat hy/sy enigiets verkeerd doen.

Die opgee van privaatheid ten einde moorde te verhoed opper natuurlik verskeie etiese vrae, veral ten opsigte van die lyn wat ons rondom ons privaatheid trek. Hoeveel is ons bereid om op te gee om sodoende ’n vreedsame (hierdie woord moet ook versigtig gebruik word) gemeenskap te verseker?

Die Pre-Cog-sisteem is — volgens Anderton — perfek, foutloos. Maar ons weet van beter.

Max von Sydow, daardie wonderlike akteur van The seventh seal, The exorcist, en Snow falling on cedars, vertolk hier die rol van Lamar Burgess, een van die grootkoppe agter Pre-Crime. ’n Ander “moeder” van Pre-Crime is Iris Hineman (gespeel deur Lois Smith). Hierdie twee weet van ’n glitch, die Achilles-hiel van Pre-Crime: die sogenaamde Minority Reports. Ek sal niks verder hieroor uitlaat nie.

Onthou net dat daar nie een Pre-Cog met drie dele is nie, maar drie individuele Pre-Cogs. Waarskuwing: om simboliek in Spielberg te gaan soek, gaan nie werk nie.

Pre-Crime is op die punt om nasionaal te werk te gaan, en probeer die publiek oortuig dat hulle absoluut perfek is, dat geen individu ooit van ’n moord aangekla sal word wat hulle nie regtig sou pleeg nie. Om meer hieroor vas te stel, verskyn die regering se Danny Witwer (gespeel deur die briljante Colin Farrell) op die toneel. Hy bevraagteken onmiddellik Anderton se werk by Pre-Crime, en neem sommer by hom oor; die regering is mos altyd magtiger. Iets gebeur wat die res van die storie in beweging bring, en Anderton moet hardloop. Hierby los ek die storielyn.

Spielberg het ges hy wou ’n Hitchcock-whodunnit-fliek maak, waar ons die heeltyd op die punte van ons stoele sit. Spielberg se fliek is ’n whodunnit — ’n komplekse een daarby — maar sy ritme is gebreklik. Sy aksietonele is baie goed, maar sy informasie-oordrag is uiters onvoldoende.

Die Pre-Cogs lyk asof hulle onmenslik is. Hulle l al ses jaar lank, skynbaar uit vrye wil (s moet ons dit verstaan), in ’n tenk water waaruit hulle nooit ontsnap nie, en waarin hulle skaars (kan) beweeg. Woorde word rondgegooi wat hul herkoms betref. Hul ouers was moontik dwelmverslaafdes, of daar is genetiese eksperimente op hulle uitgevoer. Miskien albei. Genetiese eksperimente om wat te bereik? Ek kon nie agterkom nie.

Die Pre-Cogs het vele probleme, en jy moet jou breingimnastiek mooi oefen om behoorlik sin te maak van die groot toneel in die Pre-Cogs se koppe — nie net in die fliek nie, maar ook oor wat sou gebeur het as iets anders in daardie en daardie situasie gedoen is, ensovoorts — waarom die hele fliek draai.

Spielberg is sonder twyfel in ’n Kubrick-bui. Toe Schubert tydens Cruise se “image scrubbing”-toneel begin speel, het ek onmiddellik aan 2001 gedink. En wanneer Cruise se o oopgesper word met iets wat lyk soos ’n ondergrondse apparaat uit die 20ste eeu, laat Cruise my skielik aan die soortgelyke Clockwork orange-toneel dink. Albei hierdie flieks is deur Kubrick gemaak. As ons egter Spielberg se Anderton met Kubrick se Alex vergelyk, sal ons empatie totaal en al verdwyn. Oeps. Die kwessie rondom predestinasie wat in albei films voorkom, red hierdie beeld miskien.

Spielberg se Minority report is egter aan die einde van die dag niks meer as ’n stilistiese oefening om te kyk wat hy alles kan regkry nie. N A.I. sou mens nie gedink het dat dit nodig is nie, maar skynbaar het Spielberg wel gerusstelling nodig gehad. Sy vervlegging van hedendaagse en toekomstige tegnologie en argitektuur is prysenswaardig, maar die uiteindelike produk is meer pretensieus as genotlik. Die tweede helfte is flou in vergelyking met die eerste.

Wanneer Spielberg binnekort met ’n behoorlike drama — Catch me if you can — terugkeer, sal dit hopelik meer gewig h. Solank hy net nie weer sonder rede daardie 120-minute-merk oorskry nie. Minority report is goed, maar Spielberg kan baie beter. Hy het die geld. Hy het die idees. Hy het die talent. Maar om een of ander rede maak hy steeds groot foute.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.