FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Matchstick Men

André Crous


cinephile2@yahoo.com

Dis daardie tyd van die jaar wanneer films in die VSA vrygestel word wat die volgende jaar moontlik ’n paar Oscars kan wen. Nie lank gelede nie het Matchstick Men daar geopen en is dit deur sowel filmkritici as die publiek geprys as ’n uitmuntende fliek.

Die feit van die saak is egter dat Matchstick Men, ten spyte van sy groot regisseur en sy groot hoofakteur, veel swakker is as twee ander films van die afgelope twee jaar: Catch me if you can en Ocean’s 11.

Roy Waller (vertolk deur Nicholas Cage) is ’n con artist, ’n “matchstick man” met ’n rits fobieë en senuweetrekkings. Hy werk saam met Frank (Sam Rockwell, onlangs gesien as hoofakteur in Confessions of a dangerous mind) en die film begin met een van hul geldmaaktoertjies: hulle bel ’n egpaartjie, niks vermoedende ryk senior burgers, oorreed hulle om ’n watersuiweraar teen ’n spesiale aanbod (vir die twee swendelaars eintlik ’n enorme wins) te koop, en dan, wanneer hulle as FBI-agente opdaag en sê dat die hele petalje ’n bedrogspul was, neem hulle die egpaar se bankbesonderhede af en verkry toestemming vir toegang tot hul bankrekening …

Roy het 14 jaar vantevore geskei van sy vrou, wat op daardie stadium ’n kind verwag het. Dr Klein, Roy se nuwe sielkundige, raai hom aan om weer sy vorige vrou op te spoor, maar Roy is te bang en vra Klein om haar te bel. Klein doen dit en sê dat Roy se dogter, Angela (gespeel deur Alison Lohman), haar pa wil sien. Roy stem in, en so begin ’n baie onskuldige vader-dogter-verhouding.

Die film bou rondom ’n breekswendel wat Roy en Frank in die fynste besonderhede beplan. Alles lyk asof dit mooi gaan uitwerk, maar dan is daar skielik ’n aantal punte wat nie meer sin maak nie, en die film bereik sy klimaks in ’n groot verrassing wat ons dwing om die hele storie te heroorweeg.

Films met groot verrassings bewandel gewoonlik ’n gevaarlike paadjie. Hul eerste vlak, die storie wat ons dink ons sien, moet vermaaklik genoeg wees voordat ons die nuwe informasie in retrospek daarop toepas. Matchstick Men kry dit nie reg nie en sommige tonele kom eenvoudig melodramaties voor — al kan ons na die tyd verduidelik hoekom hulle op só en só ’n manier gedoen is.

Die film is mooi afgeneem en die musiek (die klankbaan bestaan alleenlik uit Frank Sinatra, Bobby Darren en kie) skep goeie atmosfeer, maar die storie voel plek-plek te vlak. Waar Ocean’s 11 se sterre soos George Clooney, Matt Damon, Brad Pitt, Julia Roberts en die ander sewe baie goed saamgewerk het, is daar ’n gevoel hier van onenigheid — veral in die melodramatiese tonele van die film.

Ridley Scott het dit egter reggekry om ’n sagter film te maak na sy onlangse bloedtriptiek van Gladiator, Hannibal en Black Hawk Down. Die regie is goed en daar is nêrens enige glurende foute nie, maar daar is ook niks wat dit buitengewoon maak nie. Enkele foute kom in by die draaiboek, en oulike dialoog soos “Make sure the person you’re conning isn’t conning you” mag miskien wys klink, maar maak eintlik nie sin binne die film nie.

Nicholas Cage se vermoë vir toneelspel het hierdie jaar ’n U-draai gemaak. In Adaptation vroeër die jaar was hy ongelooflik en hy kry dit in Matchstick Men weer reg om iemand wat maklik ’n irriterende karakter kon gewees het, kwesbaar te laat voorkom.

Die film gaan versigtig te werk om ’n mooi balans tussen kommersieel en slim te handhaaf. Soms werk dit — A beautiful mind is ’n goeie voorbeeld. Maar met films soos Catch me if you can en Ocean’s 11 steeds vars in my geheue, is Matchstick men nie juis alles wat die gerugte anderkant die waters voorgee nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.