FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Magnolia (1999)

Coenraad Walters

Met: Jeremy Blackman, Tom Cruise, Philip Baker Hall, Philip Seymour Hoffman, William H Macy, Julianne Moore, Jason Robards, John C Reilly, en vele meer.
Draaiboek en regie: Paul Thomas Anderson

As jy hierdie resensie op die Internet kan lees, sal jy bes moontlik die aanvangstonele van Magnolia in e-posvorm gelees het. Drie afsonderlike gevalle van buitengewone toeval word visueel aangebied, met die dooie scuba-duiker in die denneboom op die verbrande berg seker die mees bisarre een

Hierdie idee van toeval voed die verhale van Magnolia. Inderdaad verhale: soos in Anderson se vorige prent, Boogie nights, en in Robert Altman se meesterlike Short cuts, bestaan die “intrige” uit fragmente van ’n groot aantal karakters se lewens wat toevallig met mekaar te doen kry. In Boogie nights is die verbintenis veel hegter: die belangrikste karakters is lede van die “familie” mense betrokke by die Amerikaanse pornografie-industrie. Short cuts se eenheidsbeginsel is dat al die karakters uit verhale van Raymond Carver kom.

Die binding in Magnolia kom nie so heg voor nie. Die karakters word in twee breŽ groepe verdeel, elkeen gesentreer rondom ’n ou man wat sterwend is aan kanker. Albei sterwendes is van volwasse kinders vervreem en probeer kontak maak voor dit te laat is. Albei is ook betrokke by die media: Earl Partridge (Robards) is ’n skatryk vervaardiger, terwyl Jimmy Gator (Philip Baker Hall) al vir dertig jaar die langslewende televisievasvrareeks aanbied. Om veel meer te vertel, is byna sinloos. Die kyker moet nogal hard werk om al die verhaallyne te volg en te onthou wie skakel nou waar in, maar elkeen van die karakters boei met sy / haar eie unieke probleme. Die somtotaal demonstreer die morsige skouspel en die skouspelagtige gemors wat die lewe is.

Oor die toneelspel van hierdie groot ensemble akteurs kan ’n mens dankbaar wees. Mindere talente sou Magnolia kon sink. Tom Cruise is vir ’n Golden Globe as ondersteunende akteur uitgesonder vir sy vertolking van ’n charismatiese man wat manne weer manne wil maak deur sy uitdagende stellings en seminare. Cruise is hier nie bloot ’n mooi gesiggie (of lyfie) nie: hy moet werklik speel, en dit doen hy heel oortuigend as die haatlike karakter wat later deernis ontlok.

Julianne Moore voeg nog ’n sport in haar leer na bo, hoewel die draaiboek van haar min vereis. Sy moet eintlik net tientalle maniere vind om die f-woord te sÍ — een van die irriterende kenmerke van die draaiboek. Sy het reeds bewys dat sy dit kan doen in Boogie nights, maar gegewe die onderwerp had dit daar sin. Philip Seymour Hoffman beÔndruk my meer en meer elke keer as ek hom in ’n rolprent sien (hoewel ek hom nie uit Boogie nights onthou nie!). En sal iemand asseblief vir William H Macy ’n Goue Klapsoen gee omdat hy die rol van die “loser” so oortuigend en dikwels speel?! Kyk weer na Fargo en die reeds genoemde Boogie nights. Dit blyk dat Anderson ’n “familie” akteurs om hom versamel wat gereeld vir hom optree!

Al lÍ Robards die hele tyd op sy rug, verleen hy groot waardigheid aan die sterwende Earl wat die pyn en vernederende aftakeling van kanker moet verduur. Blackman is knap in sy debuut as die oulike, slim seuntjie in die televisiespeletjie. En so kan ’n mens voortgaan om akteurs te prys vir hul bydraes.

Om Short cuts tot ’n einde te bring na meer as drie uur, gebruik Altman ’n aardbewing. Ek wil nie die heer Anderson se geheim verklap nie, maar dit sluit deeglik aan by die tema van toeval. En Wilma StockenstrŲm se frase “paddareense nag”* sal nooit weer dieselfde wees nie.

Nou het ek ’n probleem: hierdie lang fliek (self 180 minute, pouse uitgesluit) het my meer geÔrriteer as wat menige ander oor die afgelope maande het. Ek het byna pouse huis toe gegaan, en dis iets wat ek nooit oorweeg nie (goed dan, Branagh se Hamlet Ö). Hoe meer ek oor die fliek dink en lees, hoe meer waardeer ek dit en moet ek erken dat die fout by my lÍ. Dit is ’n veeleisende prent: voornemende kykers moet uitgerus wees en vooraf weet hoe lank dit is.

’n Tweede kyk sal my bes moontlik oortuig dat dit ’n uitstekende stuk filmwerk is. Maar dit is en bly nie vir sissies nie.

* Wilma StockenstrŲm. 1976. “Paddaksioom”. Uit: Van vergetelheid en van glans. Kaapstad: Human & Rousseau.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.