FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The lord of the rings: The fellowship of the ring (2001)

Coenraad Walters

Met: Elijah Wood (Frodo Baggins), Ian McKellen (Gandalf), Viggo Mortensen (Strider / Aragorn), Sean Astin (Samwise Gamgee), Liv Tyler (Arwen Undomiel), Cate Blanchett (Galadriel), John Rhys-Davies (Gimli), Billy Boyd (Peregrin Pippin Took), Dominic Monaghan (Meriadoc Brandybuck), Orlando Bloom (Legolas Greenleaf), Hugo Weaving (Elrond), Sean Bean (Boromir), Ian Holm (Bilbo Baggins), Christopher Lee (Saruman).
Draaiboek: Frances Walsh, Philippa Boyens en Peter Jackson (gebaseer op JRR Tolkien se roman).
Regie: Peter Jackson.
Musiek: Enya (liedjies), Howard Shore.


Daar word beweer dat daar eintlik net een storie op aarde is: die verhaal van die soektog. Die wyse waarop hierdie fundamentele verhaal gevarieer word, lei tot ander meesternarratiewe: die soektog na identiteit, die soektog na liefde, die soektog na geluk, mag, roem en rykdom, die soektog na volwassenheid, die “quest”, die ewige strewe daarna om goed oor kwaad te laat seŽvier. Dit sou nie moeilik wees om vir elkeen van hierdie soektogte (en ’n hele klompie ander) ’n voorbeeld te vind in die flieks wat vanjaar op FilmFundi geresenseer is nie. ’n Mens sou so ver kon gaan om te beweer dat die maak van ’n rolprent ook ’n soort soektog is: ’n soeke na ’n nuwe manier om ’n ou (of — minder gereeld — ’n nuwe) storie te vertel.

Wanneer ’n mens jou stoel inneem vir Peter Jackson se filmiese verwerking van JRR Tolkien se beroemde fantasie, en jy bevind jouself in die kategorie mense wat die werk nog gaan lees, is ’n mens darem nie gans oningelig nie. Jy weet die werk is teen die einde van die twintigste eeu in verskeie plaaslike en internasionale populÍre peilings aangewys as die boek van die eeu; die reklame vir die fliek (veral via die internet) het jou darem reeds bereik; en jy weet jy het met ’n “quest” van mitiese proporsies te doen. Jy ken ook mense wat die helfte soveel jare as jy op aarde deurgebring het en die werk al vier maal gelees het. En hulle dink minder van jou weens die gaping in jou opvoeding!

Kan ’n oningewyde kyker dan sin maak van die epiese verhaal? Gelukkig ja. Dit was nie moeilik om te volg nie, maar dan moet jy nie verwag om byvoorbeeld al die name van karakters en plekke raak te hoor nie. Die opsomming van die grootse geskiedenis van Middle Earth aan die begin is kernagtig, maar tog duidelik.

Die prent stel ook die individuele karakters goed voor, sodat die onkundige tog die nodige inligting bekom of kan aflei omtrent elkeen. Die karakterisering is goed, en ’n mens raak geboei deur die individue — jy gee om wat van hulle word en hoe hulle vorder op die grootse reis wat hulle aanpak.

Verre sy dit van my om die verhaal te probeer opsom: kenners sal vir my lag, en niekenners moet hulself maar (soos ek) gaan onderwerp aan Tolkien se fantasie.

Die moeite wat gedoen is om die filmweergawe groots en indrukwekkend te maak (om te pas by die status van die boek en by die verwagtinge van die kenners!), lyk vir my gans suksesvol. Die rekenaaranimasie oortuig, en ’n mens is dankbaar dat diť projek eers nou aangepak is, juis om hierdie elektroniese hulpmiddel te kon inspan. Ook die grootse musiek van Howard Shore het die regte epiese proporsies om te pas by die wydse landskappe, die indrukwekkende stede en binneruimtes, en die dramatiese gebeure. Die stelle (werklik ťn geanimeerd) is besonders, en die kostuums en grimering verdien ook hoŽ lof.

Daarby is die rolverdeling van hoŽ gehalte en die rolspelers geniet duidelik hul werk. Elijah Wood as die hoofkarakter Frodo en Ian McKellan as die wyse towenaar Gandalf gee die toon aan, en die ander akteurs in belangrike rolle, soos Liv Tyler, Hugo Weaving, Cate Blanchett, Sean Bean en Viggo Mortensen, laat hulle nie in die steek nie. Christopher Lee is ’n formidabele verraaier. Ook die onbekender spelers kwyt hulle goed van hul taak.

Die pas van die prent is vinnig en dit word goed volgehou. Daar is byna nie kans om jou belangstelling te laat slaplÍ nie (hoe so baie mense in die gehoor kans gesien het om toilet toe te gaan, weet ek nie Ö), en gevolglik stap jy nogal pootuit buitentoe na drie uur van intense en emosioneel uitputtende aksie. En met die grafiese geweld is dit nogal belangrik om te let op die ouderdomsperk.

Kenners sal sekerlik probleme kan uitwys met die verwerking tot draaiboek, misplaaste klem, veranderings aan feite, ensovoorts. Hulle kan gerus van hulle laat hoor omtrent die fliek (ek ontvang graag bydraes by coenraadwalters@hotmail.com.

Maar vir hierdie oningewyde was Jackson se magnum opus ’n groot genot. Ek is oortuigend verplaas in hierdie vreemde wÍreld en sien reeds uit na die tweede en derde flieks, wat ons tydens die volgende twee Kersseisoene kan verwag (al is albei reeds saam met die hierdie prent geskiet — daarom word soveel in die stryd gewerp om hierdie eerste een se sukses te verseker!). Die Golden Globe-nominasies as Beste Drama en Beste Regisseur is geregverdig — jammer dat ten minste Ian McKellen nie vir spel genomineer is nie.

Daar mag lesers wees wat ’n vergelyking met Harry Potter and the philosopher’s stone verwag. Ek het tydens die afgelope twee maande al vier van Rowling se boeke in Engels en Afrikaans gelees, en kon dus die prent as ingewyde bekyk (resensies van my en Suzette elders in diť ruimte). Verhaalelemente wat ooreenstem tussen Tolkien en Rowling het my opgeval: die jong, onskuldige en onervare held, die wyse ou man/towenaar wat as beskermer en mentor optree, die liggaamlose bose teenstander. Daarby al die hulpkarakters, waarvan sommige verantwoordelik is vir “comic relief”. Weer eens moet ’n mens besef dat die mens se groot verhaal of verhale telkens oorvertel gaan word: Tolkien was wis en seker ook nie geheel en al oorspronklik nie.

Omdat Tolkien van meet af aan op ’n baie ernstiger vlak werk as Rowling, val die grappige tussenwerpsels in die Lord se draaiboek meer steurend op die oor as in Harry. Voorts beweeg Harry in ’n afgebakende en deeglik-beheerde geografiese ruimte en is sy “quests” van ’n ander aard as die grootse reis wat Frodo moet aanpak. Harry se soektogte is kleiner, en daarom lÍ die klem meer op die innerlike. Frodo se tog speel hom af teen die agtergrond van die wÍreldliteratuur se rykdom aan “quest”-verhale. (’n Verdere ooreenkoms tussen die twee werke is dat albei die antitowery-debat aanvuur Ö) Maar ten slotte het ’n mens te doen met twee uiteenlopende werke wat elkeen op unieke wyse sy plek op boekrakke en in bioskope volstaan — en dis verspeelde energie om appels en sitroene te vergelyk.

Wanneer Frodo teenoor Gandalf kla oor die groot taak wat op sy skouers beland het, sÍ die wyse towenaar vir hom dat ’n mens gewoonlik nie beheer het oor wat met jou gebeur nie, maar jy het beheer oor hoe jy jou tyd gebruik. Tyd bestee daaraan om na The lord of the rings: the fellowship of the ring te kyk, is goed benut.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.