FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Loveís labourís lost (2000)

Coenraad Walters

Met: Kenneth Branagh, Alessandro Nivola, Alicia Silverstone, Natascha McElhone, Matthew Lillard, Adrian Lester, Nathan Lane, Timpthy Spall, Geraldine McEwan
Draaiboek: Kenneth Branagh, gebaseer op Shakespeare se komedie
Regie: Kenneth Branagh

Shakespeare het alles oor alles gesÍ, en daar’s niks nuuts onder die son nie.

Ja, seker, hoewel die onlangse reeks Shakespeare-gebaseerde rolprente ’n mens soms laat wonder het. Tog besef ’n mens keer op keer, ten spyte van filmmakers se spitsvondighede, dat Shakespeare wel alles oor alles (kon) gesÍ het.

Richard III as ’n kwasi-Nazi maak baie sin, net soos Romeo en Juliet as slagoffers van bendewrywing in Verona Beach. Selfs die idee van die self-ondersoekende Hamlet as ’n videokunstenaar hou water. Hannibal Lecter is ’n gepaste Titus Andronicus, en as ’n mens sien hoe Ally McBeal Helena se treurmares aanhef in A midsummer night’s dream, dan besef jy die televisiereeks wat om haar lotgevalle wentel, is kwalik meer as opgedateerde Shakespeare. (Ja, natuurlik bedoel ek Anthony Hopkins en Calista Flockheart, maar ’n goeie bekruiper het ’n halwe brood nodig, soos ’n goeie vriend van my altyd sÍ.)

Kenneth Branagh het sy loopbaan as filmregisseur ťn — ster begin met Shakespeare: ’n redelik konvensionele Henry V, myns insiens sy enigste werklike sukses tot op hede met die Bard se meesterwerke. Die uitbundige Much ado about nothing is geskaad deur ’n te sterk dosis “tragic relief”, en die groots opgesette Hamlet was darem net te gefragmenteerd, hoewel daar skitterende onderdele en geÔnspireerde plasing van akteurs in rolle was (Robin Williams as Osric, veral!).

Nou loop hy Love’s labour’s lost storm, een van die ligte liefdeskomedies, en vang daarmee iets gans oorspronkliks aan — en tog bewys hy net weer dat Shakespeare alles oor alles (sou) gesÍ het. Die teks is heelwat verkort, en op bepaalde belangrike momente word liedjies uit musicals deur geliefde komponiste soos George Gershwin, Irving Berlin en Cole Porter geÔnterpoleer.

Dit moet dadelik duidelik wees dat puriste ’n wye draai om hierdie fliek sal wil draf. Shakespeariane sal die “vlakheid” van die lirieke irriterend vind, en musical liefhebbers sal miskien die verhewe taal in die dialoŽ en monoloŽ as moeilik verteerbaar ervaar.

Dit sal tog jammer wees. Ten spyte van die groot tonguitsteek vir enigiets puristies, word die verhaal verbeeldingryk aangebied. Hoewel Branagh en kie se stemmetjies maar ylerig is, is dit goed opgeneem en pas tog by die bepaalde soort musiek. Die oorspronklike musiek wat die dialoog onderlÍ, is eweneens pragtig. Die choreografie is spitsvondig en heerlik tong-in-die-kies — bewustelik so: die gehoor se lagbuie is duidelik voorsien! (“Heaven, I’m in heavenÖ”) Wie moet kan dans, kan nou nogal — ook die slimheid van die choreografie moet raakgesien word. Daar word niks onmoontliks van enigiemand verwag nie. En ja, selfs die vereiste gesinchroniseerde swemtoneel is daar! Tog moet ek sÍ dat ek sit en wens het dat hierdie konsep reeds veel vroeŽr tot film kon kom: toe ’n mens ’n groep bestaande uit (sÍ nou maar) Gene Kelley, Fred Astaire, Frank Sinatra en Sammy Davis jr. sou kon saamstel. Of hulle die Shakespeare so goed sou kon doen soos Branagh se span, kan ’n mens betwyfel, maar daardie potensiŽle danstonele!

In kleiner rolle skitter akteurs soos Nathan Lane (van Birdcage faam) en Timothy Spalding (wat uitgeblink het as die akteur wat Gilbert & Sullivan se Mikado moes word in Topsy turvy). Geraldine McEwan is Holofernia, wat as hooggeleerde die enigste vrou is wat die koning van Navarre (Nivola) se edik (Geen vroue in die paleis terwyl hy en sy vriende hulle drie jaar lank aan studie toewy nie!) mag oortree. Haar akademiese erns word vinnig deur vonkelende oŽ verraai — ook ’n genotvolle vertolking.

Party van die stukke dialoog wat Branagh behou het, bestaan uit spreekbeurte wat baie lank voorkom — iets wat hierdie fliek minder toeganklik maak vir die algemene publiek (dit IS darem Shakespeare, nť!). Jammer dat hy nie in hierdie opsig ook die lighartigheid van die musicals wat hy oproep, kon naboots nie. Sy plasing van die handeling aan die vooraand en tydens die Tweede WÍreldoorlog is egter geslaagd — dit verleen ’n dieper geloofwaardigheid aan die reeks liefdesverhoudings wat so in die styl van Shakespeare se komedies en Broadway musicals ontstaan — selfs al is Frankryk ’n monargie en die oorlog binne ’n jaar verby.

Hoe moet ’n mens na hierdie fliek gaan kyk? Met geen hogere genrepretensies nie, maar met ’n lied in die hart en ’n verwagting van pret. ’n Ligte, loslittige lekkerte vir die somer — en kyk gerus of u die gekose liedjies kan vooruitloop!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.