FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Legend of Bagger Vance

Spelers: Matt Damon, Charlize Theron, Will Smith, J Michael Moncrief, Bruce McGill, Joel Gretsch
Regisseur: Robert Redford

Met die koerantberig oor Ernie Els wat sy vertroude gholfjoggie van Soweto na Amerika ontbied het vir sy volgende groot toernooi nog vars in die geheue, het ek na The Legend of Bagger Vance gaan kyk. Sportflieks is algemeen — daar’s basketbal (White Men Can’t Jump, Any Given Sunday), boks (Raging Bull, Rocky I tot V), atletiek (Chariots of Fire), om maar net ’n paar te noem. Maar ’n fliek oor gholf?

Toe geniet hierdie sport-onentoesias, wat bloedweinig van enige sportsoort weet, dit baie. Moontlik omdat dit so ’n rustige, eintlik stadige, fliek is (neem kennis, di fliekvlooie wat hou van vinnige aksie en gou verveeld raak). Stadig beteken egter hoegenaamd nie vervelig nie — die epiese gholftoernooi wat omtrent twee-derdes van die kyktyd uitmaak, het ’n netjiese spanningslyn en hou ’n mens se aandag voortdurend.

Die storie word as ’n terugflits vertel deur die bejaarde Hardy Greaves, ’n man wat van sy penkopdae in Savannah, Georgia, gek is na gholf. Die jonge Hardy het by sy pa en die ander dorpenaars nog net gehoor van Rannulph Junuh (Matt Damon), wat in 1916 die Georgia-gholfkampioenskap op skouspelagtige wyse gewen het. Want Junuh is kort daarna weg om in die Eerste Wreldoorlog te gaan veg. In plaas van die triomf wat die idealistiese jong man verwag het, sterf feitlik sy hele afdeling en sy beste vriend in die gevegte en hy keer ontnugter en verpletter terug. En in plaas daarvan om sy gholfloopbaan en sy verhouding met die pragtige Adele Invergordon (Charlize Theron), erfgenaam van die rykste man in Savannah, te hervat, trek hy hom terug in ’n neerslagtige bestaan van dobbel- en drinkpartye.

Dan tref die Groot Depressie Amerika en feitlik oornag is mense in Savannah bankrot en werkloos. Adele se pa, wat die mooiste en grootste gholfbaan ng in die Suide pas voltooi het, pleeg selfmoord en die skuldeisers sak soos rawe op haar toe. Soos Scarlett O’Hara van ouds is di skoonheid egter van sterker stoffasie — sy beloof hulle dat sy voor die sperdatum al haar pa se skuld afbetaal sal h. Om dit te doen, rel sy ’n gholfdag waar twee van Amerika se grootste professionele spelers, Bobby Jones (Joel Gretsch) en Walter Hagen (Bruce McGill), gaan meeding vir ’n prysgeld van tienduisend dollar, haar laaste bietjie kapitaal.

Die sakemanne van Savannah laat hulle egter nie uitoorl nie en dreig om die toernooi te boikot as daar nie ’n Georgia-man deelneem nie. Die vanselfsprekende keuse is Junuh, maar hoe om hom te oorreed om weer die stokke op te neem   En dis net hier waar die swart gholfjoggie Bagger Vance (Will Smith) letterlik in die storie ingeloop kom.

Robert Redford bendruk nogmaals as regisseur met hierdie effens nostalgiese verhaal vol bele lewenswysheid. Want die film gaan oor baie meer as net sport, dis gholf as ’n lewensfilosofie. Soos Bagger Vance s: “This game can’t be won, it can only be played.”.

Matt Damon gee weer eens ’n stewige vertolking as die held wat die demone uit sy verlede op die setperk moet aandurf, en die jong J Michael Moncrief as Hardy steel ’n mens se hart met sy natuurlike spel. Anders as in The Cider House Rules speel die mooie Charlize Theron werklik goed, en sy pas perfek in die rol van die vurige Southern belle, kompleet met ’n singerige Suide-aksent. Die eerste prys gaan egter aan Will Smith se koel en kalm Bagger, wat onopsigtelik die spil word waarom die hele film draai.

As ’n mens krities wil wees, kan jy seker wys op die uitbeelding van ’n Suide van die 1920’s sonder enige rassespanning of ooglopende rasse-ongelykheid, maar nou ja   Geniet hierdie film eerder vir wat dit is: goeie vermaak vir ’n moe Vrydagaand of lui Sondagmiddag.

Suzette Kotz
Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.