FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lantana

Suzette Kotzť
verbatim@intekom.co.za


Spelers: Anthony LaPaglia, Geoffrey Rush, Barbara Hershey, Kerry Armstrong, Rachael Blake, Russell Dykstra, Leah Purcell
Regisseur: Ray Lawrence

Dit gebeur min dat ’n mens ’n fliek sien wat in elke opsig getuig van uitmuntende vakmanskap. Lantana is so ’n kragtoer, met die regisseur wat omtrent nie ’n voet verkeerd sit met hierdie intrigerende “speurverhaal” nie.

Die openingskoot draal oor ’n digte plaat heldergroen lantana-struike, dit zoem in tot jy die takke en onderbos duidelik sien. Dan sien jy ’n kaal, bebloede voet, die kamera beweeg terug, dit word die lyk van ’n vrou wat gesig ondertoe tussen digte takke lÍ, haar hand waaraan ’n trouring is agter haar rug.

Met ’n abrupte oorgang skuif die beeld na ’n sekstoneel in ’n motelkamer. Die man en vrou trek hul klere aan, hy het ’n trouring aan, uit die gesprek kom jy agter sy is ook getroud, maar nie met hom nie. Die man (Anthony LaPaglia) gaan werk toe, hy is ’n polisieman en in ’n daaropvolgende toneel tree hy brutaal en oorgewelddadig op tydens ’n inhegtenisname. Jy hou nog minder van hom.

Die toneel verskuif na ’n psigiater en haar kliŽnt in ’n terapiesessie, hul gesprek draai om die vrou se passielose huwelik. In soortgelyke tonele uit die alledaagse lewe in Sydney, AustraliŽ leer ken jy mettertyd ’n aantal karakters. Eers by terugskoue besef jy hoe fyn hulle gekies is om ’n spektrum van mense en tipes verhoudings te wys: daar is die paar met huweliksprobleme, die paar wie se huwelik nie meer gered kan word nie, die gelukkig getroude paar, die paar wat hul kind se dood probeer verwerk, ’n gay liefdesdriehoek, die romantiese potensiaal tussen twee mense wat nog nie ’n paar is nie.

Die regisseur doen sy opstelling met die grootste natuurlikheid en onopsetlikheid — die merk van ’n meester. ’n Ragfyn netwerk van dade en interaksies word geweef, die brandpunte van menseverhoudings kom aan die bod. Sentraal hierin staan die begrip vertroue: om te kan liefhÍ, moet jy vertrou; hoe kan jy liefhÍ as jou vertroue geskend word, hoe hanteer jy verraad?

’n Mens besef — ook eers by terugskoue — dat die regisseur jou direk by hierdie vertrouensproses betrek. Ook jy as kyker vorm vertrouensverhoudings met sekere karakters, ander vertrou jy weer nie — en oordeel hulle dus. Jou waarnemings, afleidings en aannames word uiteindelik op hul kop gedraai: ’n karakter wat jy van egbreuk verdink het, is onskuldig; ’n karakter wat jy vertrou het, blyk heeltemal anders te wees as wat jy gedink het; ’n karakter wat jy probeer deurgrond het, kan jy ten slotte nie kleinkry nie. So word die kompleksiteit van liefdesverhoudings treffend belig: hoe maklik misverstande en verwydering ontstaan, hoe onbedoeld verraad kan wees, hoe kwesbaar die liefde.

Al die akteurs is uitstekend gekies vir hul rolle en lewer skitterspel, maar ’n mens wil Anthony LaPaglia uitsonder — dit is sż bulfiguur, die oer macho-man wat worstel met die ervaar en uitdruk van sy gevoelens, wat jou die meeste bybly.

Uit bostaande klink dit dalk of jy jou moet staal vir ’n swaar, neerdrukkende fliek wat jou opnuut gaan laat wanhoop aan die lewe teen die tyd dat jy uit die teater stap. Nie so nie. Hierdie grondige ondersoek na die pyn van verhoudings eindig met ’n reeks slottonele wat jou ook die ander kant wys — daar waar die hoop lÍ.

Lantana is een van vanjaar se beste flieks. Moet dit nie misloop nie.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.