FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Lovely and amazing

Coenraad Walters

Met: Brenda Blethyn; Emily Mortimer; Catherine Keener; James Le Gros; Raven Goodwin; Dermot Mulroney; Jake Gyllenhaal; Clark Gregg.
Draaiboek en regie: Nicole Holofcener.

’n Mens sou Lovely and amazing in die kategorie van Short cuts-klone kon indeel, saam met Thirteen conversations about one thing en The safety of objects, wat vroeër vanjaar hier gedraai het. Maar die verhaal is veel hegter as in die ander gevalle, aangesien die hoofkarakters almal uit een gesin kom.

Die ma van die gesin, gespeel deur die wonderlike Brenda Blethyn, het twee volwasse dogters. Die oudste, Michelle (Keener), is ’n kunstenaar met ’n ontroue man (Gregg) en ’n kleinerige dogtertjie. Sy sukkel om haar kuns winsgewend te maak en onder haar man se druk begin sy werk by ’n kitsfoto-onderneming. Die ander, Elizabeth (Mortimer), is ’n aktrise wat — soos haar suster — aan selftwyfel ly. Haar kêrel Paul (James le Gros, wat ons onlangs nog in Ally McBeal gesien het) ondersteun haar nie werklik nie en die verhouding verkrummel maklik.

Die belangrikste “krisis” in die prent is die ma se besluit om vet uit haar maag te laat suig. Dit sal haar beter laat lyk en derhalwe voel, maar sy sal vir ’n dag of twee buite aksie wees en iemand moet dan omsien na haar agtjarige aangenome dogter, Annie. Aangesien Michelle in daardie stadium nog nie werk nie, is sy die aangewese persoon.

Die mans in die lewens van dié vroue kom nogal sleg daarvan af. Michelle se man loop rond en daarom laat sy haar een aand die aandag welgeval van haar sewentienjarige baas Jordan (Gyllenhaal). Nadat Elizabeth vir Paul verloor het, val sy in die arms van ’n moontlike medester (Mulroney, wat ook in The safety of objects was). Hy laat hom ompraat om al die foute en sterk punte van haar fisiese voorkoms op te noem.

Agterna begin ’n mens besef dat die vroue in die verhaal ook nie juis goed daarvan afkom nie. Almal is met hul voorkoms behep: die ma onderwerp haar aan plastiese chirurgie, met ernstige gevolge; Michelle gee byna die minste om vir hoe sy lyk, maar haar openbare beeld ly skade; Elizabeth se onsekerheid oor liggaam en kleding bepaal baie dinge wat met haar gebeur; en die agtjarige Annie, wat swart is, laat haar hare reguit maak sonder haar aanneemma se toestemming, omdat sy nie soos ’n hanswors wil lyk nie.

Die verhaal klink ernstig, maar word tog met groot ligtheid aangebied. Holofcener, wat vroeër met Woody Allen saamgewerk het en wat regie gedoen het vir Sex and the city, skep ’n warm atmosfeer waarin jy omgee vir die karakters en hul lief en leed deel. Hoewel die prent nie noodwendig “amazing” is nie, is dit wel “lovely” en heel genietbaar. (Hierteenoor was vriendin Almarié geïrriteerd met die selfbehepte mense en hul klein lewetjies.)

Die volwassenes speel almal baie oortuigend, maar elkeen van hulle oortree daardie goue reël van Hollywood: moenie speel saam met ’n kind nie. Die kleine Raven Goodwin speel hulle almal onder die tafel in met haar natuurlikheid — dit lyk of sy geensins ’n kamera naby haar oplet nie. Of sy ’n eenfliek-loopbaan gaan hê, is seker moontlik, aangesien sy so ideaal is vir juis hierdie rol. Maar ’n mens hoop tog om meer te sien van dié sterk persoonlikheid. Mag sy ’n agent hê wat meer sulke ideale rolle kan raaksien en bekom!

Gaan kyk gerus as jy ’n rustige verhaal van interessante mense soek wat nie sal ontstel nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.