FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kinsey

Suzette Myburgh

Spelers: Liam Neeson, Laura Linney, Peter Sarsgaard, Chris O'Donnell, Timothy Hutton, John Lithgow, Oliver Platt
Regisseur: Bill Condon
Vertoontyd: Vanaf 15 April 2005

Regtig, die naakte aap kry swaar. Van nou se dae waar ons eintlik meer bewus is van die skadukant van seks as die lekker kant daarvan (vigs, hoŽ verkragtingsyfers, popsterre en advokate wat kinders seksueel misbruik) kan ons oor diť onderwerp eintlik ook nie praat van die goeie ou dae nie. In elk geval nie vanaf die Victoriaanse tydperk nie - om binne die tydsgrense van die bespreking te bly. Dis asof die pendulum bloot van die een kant na die ander kant geswaai het, maar daar was tog 'n tyd van euforie toe daai pendulum losgeruk het - so sien jy in hierdie biofliek oor die groot seksnavorser Alfred Kinsey.

Die fliek, wat eintlik soos 'n dokumentÍr voel, het 'n slim struktuur. As raamwerk word die seksvraelys gebruik wat Kinsey (Liam Neeson) vir sy navorsing ontwikkel het. Sy vraestellers is die drie jonger mans (gespeel deur Peter Sarsgaard, Chris O'Donnell en Timothy Hutton) wat sy belangrikste medewerkers was by die Institute for Sex Research wat Kinsey in 1942 gestig het. Soos Kinsey se beantwoording van die vraelys deur die fliek vorder, word ons teruggeneem na relevante episodes uit sy kinderdae, en so word 'n bloot chronologiese (en moontlik vervelige) vertelstyl vermy.

Dit toon duidelik dat, om die dryfvere vir Kinsey se latere navorsingswerk te verstaan, dit nodig is om na sy verhouding met sy pa te kyk. Diť was 'n Metodiste-predikant van 'n dorpie in New Jersey en in alle opsigte 'n bombastiese en kleingeestige man wat sy vrou en kinders genadeloos verneder en afgekraak het. Enters Freud - bepalende gebeure met seks te doen in Kinsey sr. se kinderjare word laat in die film roerend uitgebeeld en bevestig net die nodigheid van die baanbrekerswerk wat Alfred Kinsey gedoen het. Dis egter opvallend dat die fliek nooit 'n verband lÍ tussen sy werk en diť van Freud nie, terwyl Kinsey se seksnavorsing feitlik direk na Freud se dood begin het.

Hoewel sy seksnavorsing Kinsey se lewenswerk geword het, was dit nie van die begin van sy akademiese loopbaan sy belangstelling nie. Hy het vir meer as tien jaar nougeset navorsing gedoen oor 'n obskure soort wesp en twee tome daaroor gepubliseer, maar niemand het veel notisie daarvan geneem nie. Tog het hierdie tydperk in sy lewe die beginsels van streng wetenskaplike navorsing by hom gevestig, wat hy later tot groot roem ťn verguising sou aanwend. Sy eerste publikasie oor die onderwerp, Sexual Behavior in the Human Male (1948), het opslae gemaak, maar is tog deur die breŽ publiek aanvaar, maar toe Sexual Behavior in the Human Female in 1953 gepubliseer is, het dit 'n heksejag teen hom ontketen. Tog is Kinsey se werk aan die Universiteit van Indiana voortgesit nŠ sy dood in 1956.

Wat besonder interessant is, is hoe die streng wetenskaplik ingestelde Kinsey regdeur sy navorsing die emosionele kant van seksualiteit vermy het; die kyker sien ook hoedat hy skaars gevoelens van liefde en toegeneentheid teenoor sy vrou, Clara (Laura Linney), kon uitdruk. Juis die emosionele implikasies van seks word 'n Achilleshiel vir die medewerkers aan Kinsey se instituut, waar hulle later navorsingsmetodes gebruik het wat nogal die grense verskuif (en oorskry) het. Aan die einde van sy lewe het Kinsey erken dat emosies dit is wat menslike seksualiteit die meeste beÔnvloed en kompliseer, maar wetenskaplik is dit die groot onbekende.

Regisseur Bill Condon, wat gesorg het vir die Oscar-wenner Chicago, gebruik heerlike humor gebruik om 'n onderwerp te verlig wat vir die meeste mense na aan die lyf lÍ. Maar die fliek word behoorlik gedra deur Liam Neeson se skitterspel. Dat hy nie 'n Oscar-benoeming gekry het nie terwyl Laura Linney wel gekry het as beste vroulike byspeler, is 'n jammerte. Kinsey was 'n begaafde man en 'n besonder boeiende persoonlikheid; dat 'n fliek oor sy lewe gemaak is, is 'n groot wins vir kykers wat 'n eerlike ondersoek na diť belangrike aspek van menswees verwelkom.



LitNet: 06 April 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.