FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ken Park

Coenraad Walters

Met: James Ransone, Tiffany Limos, Stephen Jasso, James Bullard, Adam Chubbuck, Wade Williams, Amanda Plummer, Julio Oscar Mechoso
Draaiboek: Larry Clark (stories), Harmony Korine
Regie: Larry Clark, Edward Lachman


Ek weet ek is geïrriteerd wanneer ek in my kop ’n fliektoneel se dialoog oorskryf. En as ek wonder waarom daar ’n boomtak voor die kamera hang sodat die twee karakters in gesprek in die wyeskoot nie sigbaar is nie. En as ek verleë voel oor die akteurs se spel. En as die draaiboek draaie gooi wat geen sin maak nie.

Wanneer ’n mens ’n grensoorskrydende rolprent maak, behoort basiese produksiewaardes nie agtergelaat te word nie. En dis seker die belangrikste sonde in Larry Clark se nuutste – hy het in 1995 die ontstellende Kids gemaak. Grensoorskrydend is Ken Park sekerlik: wanneer laas het ons ’n masturbasietoneel met ’n volledige komskoot aan die einde gesien in ’n hoofstroomteater? En selfs al is Ken Park “weggesteek” in die Nouveau-teaters, word dit steeds vertoon in ’n openbare ruimte – nie een van jou diep en donker hooltjies wat spesialiseer in pornografie nie.

Natuurlik is dit maklik om diepsinnig te raak oor Ken Park en om die temas daarvan en die hantering van seks ernstig te beskou. ’n Mens plaas dit in die kader van ander seksueel-eksplisiete rolprente soos Romance, Intimacy en Baise-moi. Ook en The piano teacher kan betrek word. In Ken Park gaan dit egter nie om volwassenes besig om seksueel aktief te wees nie, maar meestal om tieners vir wie seks, soos dwelms, ’n ontvlugting is uit die onaangename verhoudings in hul gesinne.

Ja, duisend maal ja, dis ’n ernstige saak wat die aandag van rolprentkykers verdien. Maar dan moet die stories GOED vertel word – wat nie hier gebeur nie. Die rolprent behoort nie te ry op die krag van sy implikasies nie. Al loop ek die gevaar om preuts te klink, verkies ek rolprentseks meer subtiel (verkieslik gesuggereerd en suggestief – vergelyk die geweldige impak van The piano teacher), en draaiboeke beter geweef. Ek is beslis nie die kyker wat Larry Clark wil hê nie.

16 Februarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.