FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Keeping the faith (2000)

Coenraad Walters

Met: Edward Norton, Ben Stiller, Jenna Elfman, Anne Bancroft, Eli Wallach, Milos Forman, Ken Leung, Brian George
Draaiboek: Stuart Blumberg
Regie: Edward Norton

Bitterbekke sal sekerlik sug: “Ag nee, nog ’n liefdesdriehoek!” Vir kykers wat ’n ontspannende fliek soek wat nie ’n mens se intelligensie beledig nie, die volgende stukkie raad: moenie na die bitterbekke luister nie!

Die verhaal is inderdaad baie bekend: twee beste vriende wat mekaar van kindsbeen af ken, raak verlief op dieselfde meisie. Sy kies een en die delikate web verhoudings word versteur. ’n Draaiboek kan hier kies tussen ’n herstel van verhoudings met ’n nuwe ewewig (’n romantiese komedie) of ’n uiteenval van vriendskappe (’n drama). Keeping the faith hou sy ligte toon vol en kies eersgenoemde einde.

Die liefdesdriehoek se basis rus egter op ’n interessante gegewe: die twee beste vriende word elkeen in ’n ander godsdienstige tradisie groot en kies elkeen ’n loopbaan binne daardie godsdiens. Brian Kilkenney Finn (Norton) word ’n Katolieke priester en Jake Schramm (Stiller) ’n rabbi. Elkeen bring herlewing in hul gemeentes deur ’n byderwetse aanslag wat gemeentelede uitdaag om die grondbeginsels van hul geloof te herondersoek en weer vreugde in hul verhouding met God te beleef. As vriende probeer hulle ook die kloof tussen die Christendom en die Joodse geloof oorbrug deur onder meer ’n gesamentlike karaoke-klub te open waar hulle “interfaith dancing” aanmoedig! Albei ervaar natuurlik ook probleme met behoudende lede van hul gemeentes: maar watter jong, vernuwende predikant kan nie ook hier te lande ’n mens ure lank “vermaak” met vertellings van berispende kerkraad-, ring- en sinodevergaderings nie!

Wanneer hul kindervriendin Anna (Elfman) terugkeer as ’n gesaghebbende sakevrou, word hul vriendskap én hul toewyding aan hul geloof getoets. Mag ’n Roomse priester dan? ’n Mens word terloops herinner aan die magtige Priest. En mag ’n rabbi met ’n nie-Jood?

Die intelligente en vonkelende draaiboek laat nie toe dat die drama te swaarwigtig word nie, en bind ten slotte al die drade (miskien te netjies?) saam. Eweneens is die toneelspel ’n besonder sterk punt in die prent. Kyk uit vir Norton se huldeblykie aan Dustin Hoffman. Beide Norton en Stiller beweeg gemaklik en oortuigend tussen erns en luim.

Elfman “vertaal” besonder goed van die klein na die groot skerm. Haar karakter is veel meer geanker in die materiële wêreld as die loskop Dharma wat sy op TV speel, en sy suggereer Anna Riley se soeke na liefde en geestelike sin te midde van haar hoëvlak loopbaan met ekonomiese, onderbeklemtoonde spel.

Dis nodig om meer van die ondersteunende karakters te noem as gewoonlik, omdat hulle die verhaal ryker maak en met knap spel die draaiboek skitterend realiseer. Anne Bancroft as Rabbi Jake se ma en Eli Wallach as die ou rabbi speel belangrike rolle in die Joodse gemeenskap. As Brian se mentor beïndruk Milos Forman, beter bekend as regisseur van prente soos One flew over the cuckoo’s nest, Amadeus en The people vs. Larry Flint. Ken Leung as die verkoopsman van karaokemasjiene en Brian George as die Moslem-Ierse-Sikh kroegman met ’n Joodse skoonfamilie dra ook by tot die pret.

Keeping the faith is ’n prent waarin ’n mens ontroer word deur warm karakters en hul verhoudings, en jy kan jouself oorgee aan die storie en sy kinkels. Die einde laat jou gelukkig uit die teater stap, met die gevoel dat jy deeglik en op intelligente wyse vermaak is.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.