FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kate and Leopold(2001)

Coenraad Walters
Met: Hugh Jackman, Meg Ryan, Liev Schreiber, Breckin Meyer
Draaiboek: James Mangold, gebaseer op ’n storie deur Steven Rogers
Regie: James Mangold

’n Soort Rip van Winkel-verhaal, noem vriendin Mattie diť fliek, en sy het iets beet: ’n graaf (die adellike, nie die tuingereedskap nie ...) word uit 1876 deur ’n kraak in die tyd-ruimte-kontinuum na moderne New York gevoer. Natuurlik is hy erg geskok oor al die vreemde dinge, maar sy belangstelling in ingenieurswese en sy uitvindersnuuskierigheid laat toe dat hy hom vinnig wen aan die hedendaagse tegnologie. Maar dis nie naastenby waaroor die storie handel nie.

Sou jy van ’n brug afspring omdat jy regtig lief is vir iemand en enigiets sal doen om by hom te wees? Dis die eintlike vraag van die fliek.

Die graaf, Leopold Alexis Elijah Walker Gareth Thomas Mountbatten (Jackman; vir kort sommer net Leopold, of natuurlik Leo) woon die opening van die eerste brug oor die East River in New York by. In die skare merk hy ’n vreemd geklede jongman met rare apparate, en wat vreemd giggel vir die spreker se gebruik van die woord “erection”. Daardie aand, by die bal waar hy die naam van sy bruid moet aankondig, sien hy die jongman weer en sit hom agterna. As gevolg van diť jaagtog beland hy in die New York waarin die WÍreldhandelsentrum reeds netjies opgeruim is. Die jongman wat hy agtervolg het, is Stuart (Schreiber), ’n jong uitvinder, wat weet van die ontdekkings wat die graaf nog moet maak en hoe dit die hele twintigste eeu beÔnvloed het. Na ’n ongeluk kan hy egter nie meer vir Leopold oppas nie, en die ontuis besoeker word oorgelewer aan die genade van Stuart se eks, Kate (Ryan), en haar akteur-broer Charlie (Meyer, van TV se Inside Schwartz), wat nie een glo dat Leopold werklik uit 1876 kom nie.

Komiese situasies volg, en word stelselmatig met romantiek (tussen Kate en Leopold) vervang. Ten slotte moet Kate ’n laaste keer vir Stuart glo ten einde haar geluk vas te gryp.

Ek het regtig baie van die verhaal gehou: die romantiese streep daarin het my vasgevang. En om daardie selfde rede het ek dit ook gehaat: natuurlik wil ek ook so ’n sprokiesromanse beleef! Sommiges sal die romanse stroperig vind; ander sal by die teater uitsweef en moontlik later weer terugsweef vir nog.

Die konflik tussen ons bekende wÍreld en die ongelowige oŽ van ’n besoeker uit die verlede is sekerlik al holrug gery, maar Jackman vang die ontsteltenis en verwondering goed vas. Hy alleen maak die prent die moeite werd! Dis nou wel nie ’n volbloed-periodefliek nie, en hy sal maar weer in ouderwetse kostuum moet klim as hy daardie tikkie op sy lysie loopbaanvereistes wil maak (soos Hilary Swank onlangs in The affair of the necklace — ek dink net Jackman sal slaag!). Sy loopbaan is nog betreklik kort: Paperback hero was sy groot deurbraak vanuit die Australiese rolprentbedryf; The X-men en Swordfish was sy Amerikaanse suksesse. Sy dialoogafrigter het van hom ’n hoogs oortuigende Brit gemaak. Sukses wink, solank hy en sy agent rolle versigtig kies!

Meg Ryan het heelwat minder bekendstelling nodig, en as die tawwe doedie wat New York aan haar voete het en hard gewerk het daarvoor, is sy weer eens oorrompelend sjarmant. Aangesien die prent nie ruimte laat vir haar belewenis van die wÍreld van 1876 nie, wonder ’n mens hoe oortuigend dit is dat sy haar aan daardie gemeenskap en sy reŽls sal oorgee. Maar nou ja, kyk maar wat kry sy daarvoor! Die draaiboek gee haar ongelukkig ’n toespraak, die laagtepunt van die hele film. En kyk ’n bietjie terug: hoe dikwels is die toespraak nie die Achilleshiel van ’n prent nie!

Een van my gunstelingtonele in die fliek is wanneer Leopold Kate se baas in die verleentheid stel deur sy kennis van Frans en opera te ontmasker. Daaroor kan ’n mens net lekker kry. Net jammer dat ’n mens tuis met min moeite ontdek dat die draaiboekskrywers self ernstige flaters begaan het: die opera wat bespreek word, La Boheme van Puccini, is eers in 1896 vir die eerste maal opgevoer, en die eerste brug oor die East River is eers in 1883 geopen! Waarom hierdie flaters toegelaat is, kan ek nie begryp nie: dink die vervaardigers nou werklik ons is so toe?

Die slottitels is soos gewoonlik vermaaklik en informatief. Die ware toedrag van sake omtrent die uitvinding van die hysbak word verduidelik (’n mens word hier herinner aan The Hudsucker proxy en die uitvinding van die hoela-hoepel), en die dienste van ’n tydreiskundige word erken (daar is genoeg pseudowetenskaplike gebabbel uit die mond van Stuart om die heen-en-weerdery oortuigend te maak).

Al het die navorsers van triviale inligting en die draaiboekskrywers hul tone teen harde feite flenters gestamp, is dit moontlik om daarby verby te kyk en die prent te geniet. Laat jou sinisme tuis, neem iemand saam wie se hand jy kan vashou, sit terug, en kyk of jy nie dalk vroeŽr tuiskom as wat jy fliek toe gegaan het nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.