FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The big kahuna (1999)

Coenraad Walters

Met Kevin Spacey, Danny DeVito, Peter Facinelli
Draaiboek: Roger Rueff, gebaseer op sy eie toneelstuk
Regie: John Swanbeck

Die verfilming van toneelstukke werp dikwels meer vrae op oor die meriete van die rolprentkuns as die verfilming van verhale in ander genres. Terwyl ’n rolprent soos Lilies die toneelstuk omskep het in ’n prent waarin gespeel word met die grense van die rolprent as medium, het iets soos Bent beslis nie ver genoeg van die verhoog af gespring om as rolprent te oortuig nie.

The big kahuna was aanvanklik die verhoogstuk Hospitality suite deur Roger Rueff, wat dit self tot draaiboek verwerk het. Die sprong van die verhoog af was ook nie besonder groot nie, wat soms aan die prent ’n kloustrofobiese gevoel gee. Slegs in enkele visuele momente word die verhoogaksie rolprentmatig aangevul: ’n karakter wat homself bewonder in ’n winkelvenster; droomsekwense; subtiele oogkontak oor ’n groot afstand; die stadige aksie wat klem lÍ op Spacey se binnekoms.

Tog is daar twee elemente wat die prent “red”. Eerstens die kwaliteit van die draaiboek; andersyds die kwaliteit van die toneelspel.

Rueff se drama draai om drie verkoopsmanne van ’n maatskappy wat ’n groot kontrak moet beklink. Larry Mann (Spacey) en Phil Cooper (DeVito) is ou hande wat al lelik deur die bedryf en die lewe gelůůp is. Bob Walker (Facinelli) is ’n jong, blinkoog, skoongesig navorser, pas getroud, ’n toegewyde Christen wat gekonfronteer word met mense wat sy siening oor die lewe en gesprekke oor Jesus nie alleen nie deel nie, maar as verkeerd binne die konteks beskou. Hy is nie naastenby so sinies en pragmaties soos hulle nie, en ervaar die “mislukking” om die groot vis aan die hoek te kry nie so ernstig as hulle nie. Hul krashede skok hom: die aand in die “hospitality suite”, waar hy, die geheelonthouer, as kroegman moet optree en nie besef hoe hy ’n rol moet speel ter wille van sy werkgewer nie, is ’n skokkende opvoeding. Lang gesprekke tussen die karakters (’n definitiewe teken dat ons hier met ’n verfilmde toneelstuk te doen het) lÍ stelselmatig al meer van die karakters en hul lewens bloot. Daar is iets van die subtiliteit van ’n Karel Schoeman roman in die “aksieloosheid” van die gegewe en die ontdekking van die karakters. Ten spyte daarvan dat ’n mens effens vasgevang begin voel in die hotelkamer waar die besigheidsfunksie plaasvind, voer die interessante karakters die kyker mee.

Maar selfs hierdie knap geskrewe draaiboek sou gesneuwel het in die hande van mindere akteurs. DeVito oortuig as Phil wat al soveel terugslae moes deurleef dat hy oor min opgewonde raak en voortdurend inkanteer: “We’ll be all right”. Spacey bewys met sy subtiele spel en vaardige oorgange tussen humor en erns dat die Oscar vir American beauty geregverdig was. Die groot verrassing is Facinelli, wat tree vir tree by die gesoute akteurs byhou en sy karakter laat leef as iemand wie se rustige en stabiele stel waardes ingrypend bevraagteken word. Tog is hy sterk genoeg om te bly staan; hy gaan nie lÍ voor die “sekulÍre” aanslag teen hom nie.

The big kahuna is sekerlik nie elke filmganger se idee van pret nie. ’n Mens moet deeglik konsentreer op die dialoog om die ontwikkeling van die karakters te volg, en daar is nie veel vir die oog nie (daar is byvoorbeeld nog minder vroue in as in Lawrence of Arabia! En luister maar self wat Larry te sÍ het oor die hotelkamer.)

Maar vir kykers wat ’n intelligente debat oor prioriteite in die lewe wil deurleef, en wat uitstekende spel kan waardeer, is The big kahuna ’n lonende ervaring.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.