FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

  • Sister Innocenta writes about sex and romance on the screen — with reference to Intimacy and Romance

    Intimacy (2000)

    Coenraad Walters

    Met: Mark Rylance (Jay), Kerry Fox (Claire), Timothy Spall (Andy).
    Draaiboek: Patrice Chéreau, gebaseer op verhale van Hanif Kureishi.
    Regie: Patrice Chéreau.

    Seks word in sommige kringe gesien as die “final frontier” in hoofstroomflieks. Dit word nou al dekades lank ondersoek, maar die uitbeelding daarvan word al hoe eksplisieter. Die grens tussen pornografie en “gewone” fliekvermaak word al hoe vaer. ’n Mens wonder hoe die priester-sensor van Cinema Paradiso die jaar 2001 sou kon deursit met titels soos Romance, Center of the world en Intimacy op die spyskaart.

    Ouer prente soos Last tango in Paris, The lover en In the realm of the senses word ook genoem as dié saak bespreek word. Ongelukkig kan ek nie oor dié prente saampraat nie. Daar is egter ’n resensie oor Center of the world op dié ruimte, waarin die verskil tussen seks en intimiteit ook belig word.

    Ter voorbereiding vir Intimacy het ek na Romance op video gekyk (lees Suzette se resensie daaroor elders op dié ruimte). Van hierdie opspraakwekkende Franse fliek onthou ek die sekstonele goed, veral die kondoomtoneel waar die man homself gereed hou vir aksie terwyl die vrou PRAAT en PRAAT. Die vernaamste rede hiervoor, soos vriend Ludwig tereg opmerk, is dat ’n mens geen simpatie vir die karakters ontwikkel nie.

    Daarteenoor werk Intimacy met veel interessanter karakters wie se emosies die kyker meevoer en ontroer.

    Jay (Rylance) en Claire (Fox) ontmoet iewers en beland in sy blyplek vir intense, passievolle seks. Daaruit ontwikkel ’n gereelde afspraak op Woensdagmiddae, wat ’n geruime tyd plaasvind — en herinner aan JM Coetzee se hoofkarakter in Disgrace en sy oplossing vir seks.

    Wat vreemd is aan hierdie relasie is dat hulle dit glad nie bespreek, ontleed of beplan nie. Trouens, benewens standaard-ordentlikhede soos “Hallo” en “Wil jy tee hê?” praat hulle eintlik glad nie en weet hulle bloedweinig van mekaar se lewens. Voorts vind hierdie erotiese kontakte plaas in sy afgetakelde woonstel — niks geriefliks of romanties nie.

    Die kyker word heelwat wys omtrent Jay se lewe: hy is hoofkroegman in ’n besige kuierplek. Jy sien hoe hy ’n veel jonger kollega wil help om blyplek te kry by een van Jay se vriende. Hierdie tonele steur: die klank en die lewering van die dialoog klink verstommend vals. Bowendien is die kollega en die vriend bykans oorbodige karakters. Die kollega is gay — ’n feit wat bloedweinig bydra tot die intrige. Sy grootste oomblik kom wanneer hy tydens ’n etenstyd op straat sy wegdrakoffie in Jay se hand stop, en Jay se vertelling omtrent die geheime vrou in sy lewe stuit deur te sê: “Verskoon my, daar’t nou net ’n mooi man verbygeloop.”

    Jay begin wonder oor Claire, en volg haar om meer oor haar te wete te kom. Hy kom agter dat sy ’n amateur-aktrise is, en ontmoet Andy (Spall), wat later haar man blyk te wees. Dié word vasgevang in die proses waardeur Jay en Claire hul “verhouding” analiseer en aan hulself moet erken wat dit vir hulle beteken, en hoeveel skade dit aan ander mense berokken. Kan die slot van so ’n verhaal ooit “bevredigend” of “mooi” wees?

    Benewens die valsheid in sommige tonele, is die spel van die drie hoofakteurs uitstekend. Veral Spall moet eervol vermeld word: hy skitter in sy rol as die goedhartige en goedgelowige Andy wat — soos gewoonlik — laaste agter die kap van die byl kom en ingrypend seerkry. Sy spel in vorige prente (soos Mike Leigh se Secrets and lies en die Gilbert & Sullivan biofliek, Topsy turvy) het reeds bewys dat hy ’n aanwins vir enige filmprojek is. Voorts dra die tegniese aspekte (beligting, kamerawerk, musiek) knap daartoe by om die karakters se ordinêre, nogal troostelose bestaan uit te beeld.

    Sou ’n mens hierdie soort gegewe as komedie kon aanbied? Ek twyfel (miskien sou Woody Allen dit kon doen … het hy nog nie?). Daarom is Intimacy weer eens ’n ernstige en donker fliek oor die rol wat seksualiteit in mense se lewens speel, ideaal vir mense wat van boeiende karakters hou, of wat graag na die uitbeelding van hierdie onderwerp kyk.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.