FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Innocence

Suzette Kotzť

Spelers: Julia Blake, Charles Bud Tingwell, Terry Norris, Kristien Van Pellicom, Kenny Aernouts, Robert Menzies, Marta Dusseldorp
Regisseur: Paul Cox

Volgens ’n gesegde is daar maar slegs tien verhale in die wÍreld wat oor en oor vertel word, en die meeste daarvan gaan oor die liefde. Innocence gaan ook oor die liefde, ja, maar uit ’n vars perspektief.
         Claire en Andreas was minnaars in hul jong dae — dit word deur die loop van die film uitgebeeld in ’n reeks liriese en goed geÔntegreerde terugflitse (met Kristien Van Pellicom en Kenny Aernouts in diť rolle). Maar weens Andreas se pa se teenkanting het die verhouding skipbreuk gely, en elkeen het aangegaan met sy of haar lewe, ander liefde gevind, getrou en kinders gekry.
Nou raak-raak hulle aan die sewentig, en Andreas ontdek hy en Claire woon in dieselfde stad (Adelaide, AustraliŽ). Hy vra dat hulle mekaar weer sien, sy is eers onwillig, maar stem dan tog in. Hy is ’n wewenaar, sy is getroud. Die afspraak is wonderlik, die ou rapport tussen hulle is nog steeds daar. Vir ’n tweede afspraak sÍ sy eers nee — daar is tog geen sin daarin dat hulle die drade van meer as veertig jaar gelede weer probeer optel nie, en sy wil in elk geval nie haar gesinslewe bedreig nie. Dan swig sy en hulle sien mekaar weer.
Toe Andreas by moet wees waar sy gestorwe vrou se beendere opgegrawe word sodat dit herbegrawe kan word in ’n nuwe begraafplaas, vra hy Claire se ondersteuning — en wat begin as troos, eindig as passie in sy bed. Die volgende oggend toe sy by die huis aankom, bieg Claire teenoor haar man, John, dat sy ontrou was. Hy glo haar eers glad nie, roep selfs hul seun, ’n dokter, se hulp in om seker te maak dat daar nie iets met haar gesondheid skort nie. Wanneer die waarheid eindelik by hom insink, word dit ’n bitter liefdesdriehoek. Maar Claire staan haar man (by wyse van spreke), en die film eindig op ’n bitter-soet noot wat die kyker laat met nůg ’n perspektief op daardie mees komplekse aspek van die ganse menslike bestaan: die liefde.
Hierdie stil, onpretensieuse film maak grootliks staat op die drie hoofkarakters, Claire, Andreas en John, se innerlike en uiterlike worsteling met die situasie waarin hulle hulself bevind — deels deur die werking van die noodlot, deels uit eie keuse. Claire (Julia Blake), ’n pragtige, waardige, sterk vrou, oorheers aanvanklik, maar gaandeweg verskuif die fokus na Andreas (Charles Bud Tingwell), wat nou, ouer en gelouter, eers werklik kan liefhÍ nadat hy as jong man sy liefde versaak het.
John (Terry Norris) verteenwoordig as ‘t ware die twintigste-eeuse (en een-en-twingtigste eeuse?) man. Hy’t getrou met ’n aantreklike vrou wat goed vir hom sou sorg, sy huishouding bestuur en vir hom kinders gee terwyl hy aangaan met sy suksesvolle lewe as sakeman. So tien jaar tevore het hy ook nog ’n affaire ingepas, maar hul huwelik het dit (soos die meeste huwelike) oorleef. Sedertdien is daar nie meer sprake van ’n seksuele verhouding nie, maar hy is doodtevrede — hulle is in elk geval “oud” en die tyd vir “daardie dinge” is lankal verby.
Surpraais, surpraais Ö ’n man kan sy lewe lank dit waarvoor die vroulike in sy lewe staan in letterlike vorm, naamlik sy vrou, verwaarloos en onderdruk, maar die dag van afrekening kom, selfs al is jy amper sewentig. Om John se pyn te sien, is roerend, maar dis ook vreemd bevredigend, want om enigiets te voel, ook pyn, is beter as die doodse selftevredenheid waarin soveel mans vasgevang sit.
        Innocence (’n pragtig simboliese titel) is nie ’n moet-sien-fliek nie, maar dit bly in jou gemoed nahuiwer en bied tog veel stof tot nadenke. Gaan kyk gerus — veral ouer kykers behoort aanklank te vind by diť deurleefde beeld van menslike verhoudings.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.