FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Bourne Identity

Coenraad Walters

Met: Matt Damon; Franka Potente; Chris Cooper; Clive Owen.
Draaiboek: Tony Gilroy, gebaseer op Robert Ludlum se roman.
Regie: Doug Liman.

’n Vissersboot skep ’n drenkeling uit die Middellandse See op te midde van ’n groot storm. Hulle red sy lewe, maar hy kan glad nie onthou wie hy is nie. Wanneer hy weer aan land kom, begin hy stelselmatig sy identiteit saamstel uit feite wat by hom uitkom, uit sy eie reaksies op situasies en uit dinge wat met hom begin gebeur.

Op hierdie premis word ’n spanningsvolle verhaal gebou. Nou moet ek dadelik bieg dat ek nie genoeg flieks van dié aard sien om werklik te kan evalueer nie, maar ek was nuuskierig weens die status van die oorspronklike skepper van die verhaal, die spelers en die feit dat ’n medefliekvlooi erg teleurgesteld was.

Ek het die verhaal onderhoudend gevind, maar baie ernstig. As ’n mens gewoond is aan die droë humor van die Bond-flieks, mag die erns van The Bourne identity ’n mens dalk as té selfbelangrik opval. Die bekende gesigte in die rolverdeling, Matt Damon (The talented Mr Ripley; Good Will Hunting), Franka Potente (Lola rennt), Clive Owen (Bent; Gosford Park) en Chris Cooper (American beauty), toon dat die vervaardigingspan beduidende talent bymekaargemaak het vir hulle projek, maar nie een van hulle gryp die geleentheid aan om veel meer te doen as om hul rolle redelik oortuigend te vul nie.

Een tegniese punt: tydens die openingstoneel skud die boot so dat die pokerspelers mooi moet mik om hul kaarte op die tafel te hou. Minute later lê die bewustelose Bourne daarop - en skielik is kajuit en tafel so giroskopies stil dat die skeepsdokter koeëls uit die man se rug kan haal sonder om verdere skade aan te rig.

The Bourne identity is dus vir fliekvlooie wat van ’n ernstige en spannende aksie-avontuur hou (ek het lanklaas so ’n opwindende motorjaagtog gesien!!!), maar nie noodwendig veel verwag nie. Gaan geniet dit bloot (veral as die vakansiedae te warm raak en jy nie jou eie lugversorging het nie!).

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.