FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

FilmFundi word geborg deur
Cinema Nouveau

An ideal husband

Coenraad Walters

Met: Rupert Everett, Cate Blanchett, Minnie Driver, Julianne Moore, Jeremy Northam, Peter Vaughan
Regie: Oliver Parker

’n Ideale huweliksmaat? Die moontlikheid bestaan. ’n Ideale rolprent? Ook nie onmoontlik nie. Het ons dit hier? Ek is nie so seker nie ...

Visueel en tegnies is die prent ’n fees: genoeg rede om dit op die groot skerm te gaan sien. Die sterbelaaide rolverdeling doen hul bes — en dit is baie gesê! En tog is daar iets wat nie so lekker werk nie.

Waar presies die fout lê, is nie heeltemal duidelik nie. Dit lê moontlik reeds in die oorspronklike Oscar Wilde-toneelstuk. Of in ’n té getroue rolprentweergawe deur regisseur en draaiboekverwerker Oliver Parker. Daar is natuurlik momente ingevoeg wat Oscar Wilde, enersyds weens die beperkings van die verhoog, andersyds weens die beperkings van die moraliteit van sy leeftyd, nie kon benut nie (soos die slaapkamertoneel tussen Sir Robert en Lady Chiltern — selfs ’n gelukkig getroude egpaar se privaatlewe sou nie so in die openbaar getoon kon word nie!)

Die wese van die probleem is die breuk tussen die kenmerkend spitsvondige Wildeaanse komedie en die erns van die kwessie waaroor die stuk handel: eerbaarheid en eerlikheid. Sien, die eerbiedwaardige Sir Robert Chiltern (Jeremy Northam) se suksesvolle politieke loopbaan en sy gelukkige huwelik met Lady Chiltern (Blanchett) is gebaseer op sy openbare beeld van totale onkreukbaarheid. Sy vriende, soos Lord Arthur Goring (Everett), dink ook die wêreld van hom.

Dan daag Mrs Cheveley (Moore) op. Sy was voorheen aan Lord Goring verloof, het intussen ryk getrou en ’n weduwee geword, en het onlangs ’n gevaarlike belegging gemaak. As sy Sir Robert kan kry om na haar pype te dans, sal die belegging slaag. Sy dra kennis van die oneerlike daad wat hy in sy jeug gepleeg het en wat hom sy rykdom, status en huwelik besorg het. Mrs Cheveley is gewetenloos en selfsugtig. Sy is nie tevrede daarmee om Sir Robert se toekoms op die spel te plaas nie; sy maak ook van sy besluit ’n speletjie: hoe hy besluit sal bepaal of Lord Goring met haar trou en of sy die inkriminerende bewysstuk aan Lord Goring oorhandig.

In die proses raak die verhoudings tussen die karakters al meer ingewikkeld en verwarrend: die klassieke kenmerke van ’n plesierige “comedy of errors”. En tog is daar niks snaaks in die amperse vernietiging van Sir Robert se loopbaan en huwelik nie. Dit is wel (amper) snaaks om te sien hoe Lady Chiltern agterkom sy kan ook jok, en beslis snaaks om te sien hoe Lord Goring wel getroud kom. Die wonderlike spitsvondighede wat uit Lord Goring (die wonderlike Rupert Everett! Sal iemand hom asseblief in die hoofrol van The importance of being Earnest plaas?!?) se mond huppel, laat ’n mens kriewel van lekkerkry. Maar die feit dat sy karakter in die middel van die prent ernstig word, feitlik heeltemal van karakter verander, en dan weer sy ou self word, is effens dik vir ’n daalder.

’n Mens word herinner aan die manier waarop die ernstige newe-intrige in Kenneth Branagh se Much ado about nothing die komedie geskaad het. Ek wil beweer dat die groot beelde van die rolprentdoek erns midde-in komedie veel groter en ernstiger laat vertoon as wat op die verhoog die geval is. Indien die erns in ’n komedie nie baie lig hanteer word in ’n rolprent nie, is dit maklik om die fokus te verloor. Met dié stelling agter die rug wonder ’n mens tog waarom die begrafnis in Four weddings and a funeral nie hierdie effek gehad het nie.

Vir my het die fokus van An ideal husband verskuif van die komedie na ’n baie ernstige en verwikkelde drama, voor dit weer as komedie geëindig het. Dit was ’n interessante stukkie tyd in die teater, beslis die moeite werd ter wille van die akteurs en die inkleding. As komedie was dit egter vir my te ernstig, en dit was ook te snaaks vir ’n drama waar die sielkundige motivering van die karakters blootgelê word. Ek is steeds onseker oor watter stoel deur An ideal husband raakgesit is.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.