FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Hitchhiker's Guide to the Galaxy

Suzette Kotzé-Myburgh

Spelers: Martin Freeman, Mos Def, Sam Rockwell, Zooey Deschanel, John Malkovich, Bill Nighy
Draaiboek: Douglas Adams
Regisseur: Garth Jennings
Vertoontyd: Vanaf 29 Julie

Ek kan my eerste kennismaking met The Hitchhiker's Guide to the Galaxy nog baie goed onthou. So 'n klompie jare gelede het vriende 'n Franse video-aand gereël om Krzysztof Kieslowski se Kleure-trilogie te kyk. Ek het al drie reeds op die grootskerm gesien (soos dit 'n ware fliekentoesias betaam), maar ek gee nie om om goeie flieks weer te kyk nie. Veral nie as daar Franse kos by is nie.

So gebeur dit toe dat ek, ná Bleu en wagtend op die canapes, voor die boekrak te staan kom en Douglas Adams se beroemde boek uithaal. Na die eerste paragraaf giggel ek; kort voor lank skater ek. Toe my gelag te veel vrae van die ander begin ontlok, gaan lê ek in 'n slaapkamer om te lees. Onnodig om te sê dat ek die res van die Kieslowski-trio nie 'n tweede keer gesien het nie. (En dat my vrinne 'n bietjie dikbek was.)

Dus het ek met groot verwagting uitgesien na die fliek. Maar ook met die gewone trepidasie: GAAN HULLE 'N GOEIE BOEK OPMORS? Die kort antwoord is nee, darem nie te erg nie, maar darem net genoeg om my siniese hart 'n bietjie sinieser te maak (waarin die fliekweergawe van Charlie and the Chocolate Factory dalk die finale dolksteek was). Ek veronderstel dis Douglas Adams se werk aan die draaiboek wat 'n fiasko soos laasgenoemde verhoed het, maar as ek my aan conspiracy theory wil oorgee, kan ek my voorstel dat die filmmakers dalk net gewag het tot sy (ontydige en tragiese) dood om vinnig daardie tipiese liefdesverhaalformuletjie en soetsappige einde in te glip.

Waarvan praat ek? Die Hitchhiker se pas is vinnig en prettig, die pratende Guide is vermaaklik, die Vogons is voldoende Vogon-agtig, Deep Thought is nogal aanskoulik, die muise is snaaks, Trillian (Zooey Deschanel) is oulik, Sam Rockwell as Zaphod Beeblebrox is flambojant en sy koppe is slim gedoen, en Mos Def as Ford Prefect was 'n briljante (hoewel polities korrekte?) keuse. John Malkovich as Humma Kavula is 'n interessante toevoeging, en selfs in so 'n klein rol maak hy 'n sterk indruk. Bill Nighy as Slartibartfast is wonderlik en ja, hy gee minstens een keer daardie kenmerkende snorkie. MAAR Arthur Dent (Martin Freeman) is hopeloos flou, wat moontlik te wyte is aan die feit dat hy die hele fliek in sy slaapklere moet beleef. Toegegee, hy het nie 'n besonder maklike rol nie - hy moet basies die hele tyd verdwaas lyk oor alles wat met hom en sy planeet gebeur - maar nogtans.

'n Interessante vraag wat ontstaan, is in hoe 'n mate George Lucas se Star Wars (waarvan die eerste in 1977 verskyn het) Douglas Adams se boek beïnvloed het wat in 1979 verskyn het, en hoeveel Adams toe weer vir Lucas beïnvloed het - daar's 'n merkwaardige ooreenkoms tussen die Vogons en Jabba the Hut. En in hoe 'n mate die idee van The Matrix deur Adams geïnspireer is - daar is 'n paragraaf naby die einde van die boek wat The Matrix omtrent in 'n neutedop saamvat.

Dus: die Hitchhiker-fliek is 'n heerlik dolle rit, maar daai geforseerde liefdesverhouding tussen Trillian en Arthur en die rosige tuiskoms het my omtrent geïrriteer (en, moet ek byvoeg, die twee - ook polities korrekte - dogtertjies wat Deep Thought moes te woord staan). Want dit ís moontlik om 'n fliek te geniet wat nié volgens die voorspelbare ou reseppie werk nie. Fliekkykers is nie almal onnosel nie.



LitNet: 02 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.