FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Himalaya (1999)

Coenraad Walters

Tibetaans met Engelse onderskrifte
Met: Karma Tensing; Nyama Lama; Thilen Lhondup; Lhakpa Tsamchoe
Draaiboek: Nathalie Azoulai en Olivier Dazat
Regie: Eric Valli

Dink aan die rolprente waarin die skoonheid van die landskap jou amper sterker meegevoer het as die verhaal self: Out of Africa, The horse whisperer, en vele, vele meer. Die Nepalese prent Himalaya staan sy plek stewig vol in hierdie geselskap. Die asemrowende landskap van die hoogste bergreeks op die planeet is hier nie bloot ’n muurpapiereffek nie: dit vorm die verhaal tot in sy wortels.

Himalaya was een van die genomineerdes in die Beste Vreemdetaal Film-kategorie van vanjaar se Oscars. Ten spyte van die subtitel (“Die kinderjare van ’n hoofman”) is dit nie een van die soet, genotvolle buitelandse prente (Kolya, Children of heaven) wat dikwels benoem en bekroon word nie. ’n Sterk verhaal vol argetipiese patrone en karakters word vertel.

Wanneer die leier van die jak-karavaan sterf, weier sy pa om hom te laat opvolg deur die jong, charismatiese Karma, grotendeels omdat Karma nie die nodige respek betoon vir die invloed wat die godsdienstige leiers, die lamas, op praktiese besluite het nie. Karma vertrek te vroeg, voor die “veilige” datum wat aangewys is, en neem die meeste van die jonger garde met hom saam. Hul missie is om die sout wat hulle versamel het, in die meer vrugbare valleie ver onder hulle te gaan ruil vir graan en ander voorrade. Die ou man, Tinle, vertrek op die “korrekte” datum met ’n groep oues, sy tweede seun wat ’n lama en talentvolle skilder is en nog nooit iets so uitdagends soos ’n handelsekspedisie meegemaak het nie. Ook in die groep is Tinle se weduwee-skoondogter en haar seuntjie, wat geleer moet word om sy pa te kan opvolg.

Aangesien die verhaal so sterk rus op eeue-oue meesternarratiewe, en omdat dit eintlik enige plek op aarde kan afspeel (en ons het dit al in ander landskappe en kulture gesien), kom dit bekend voor. Maar die varsheid daarvan in hierdie omgewing, die oortuigende manier waarop dit vertolk word deur mense wat minstens nog nooit toneel gespeel het nie, selfs al het hulle al kameras en dinge gesien, en die hoėgraad produksiewaardes van die Franse span wat die prent vervaardig het, maak daarvan ’n plesier.

Himalaya vertel ’n pakkende verhaal op ’n puik manier, en op die koop toe maak dit ’n nuwe wźreld vir die kyker oop. Sterk aanbeveel vir kykers wat van meevoerende stories hou, en ook vir rolprentreisigers.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieėl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.