FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Hedwig and the Angry Inch (2001)

Coenraad Walters

Met: John Cameron Mitchell (Hedwig); Michael Pitt (Tommy Gnosis).
Draaiboek: John Cameron Mitchell en Stephen Trask (gebaseer op hul toneelstuk).
Regie: John Cameron Mitchell.


Is daar iets nuuts onder die son? Kyk maar hoe kom musicals weer terug: Love’ s labour’ s lost, Moulin Rouge, en (behoede ons) Dancer in the dark (lees resensies elders op dié ruimte). Telkens is daar ’n poging om die genre nuut en vars te maak: Kenneth Branagh se mengsel van Shakespeare en Porter / Berlin / Gershwin; Baz Luhrman se tegnies verbluffende energie-ontploffing; Lars von Trier se kwasi-Dogme-tragedie.

Hedwig and the angry inch verskuif die grense dalk die verste. Enersyds omdat dit met punk rock as musikale genre werk; andersyds omdat dit inhoudelik uitdagend is.

Die titelkarakter Hedwig was naamlik eers Hänsel, ’n Oos-Duitse seun. ’n Huwelik met ’n Amerikaanse soldaat sou hom agter die Ystergordyn uitkry, maar dan moet hy van geslag verander. Gelukkig ken sy ma ’n snydokter. Ongelukkig is dié kwak nie ’n meester van sy vak nie, en Hänsel — nou Hedwig — behou ’n duim waaroor sy erg kwaad is. Tog beland sy in die VSA.

Spoedig verlaat haar soldaat haar en sy moet op haar eie bene begin staan. Uiteindelik word sy ’n “internationally ignored” punk rock-ster, berug weens haar prekêre verbintenis met ’n beroemde tiener-rock-held, Tommy Gnosis — sy het hom beroemd laat word, beweer sy, en sy eis haar pond vleis.

Hedwig se verhaal word vertel deur sowel die interessante liedjies (nie altyd ewe raserig nie) as deur visuele vindingrykheid. Die sentrale metafoor, die soeke na jou gepaste lewensmaat, word byvoorbeeld met animasie uitgebeeld.

Die spel is uitstekend, en John Cameron Mitchell se vertolking van Hedwig is tereg beloon met ’n Golden Globe-benoeming in die kategorie Beste Akteur (sic!) in ’n Komedie of Musical.

Die rolprent is ’n komplekse visuele en konsepsuele teks, wat nie met die eerste sien al sy geheime prysgee nie. Dis ’n uitstekende verfilming van ’n verhoogstuk, geskryf deur die fliek se regisseur én ster. Dit vra ’n klomp vrae oor geslagskwessies en aanvaarding van alternatiewe, wat daartoe lei dat dit nie spreek tot die gemiddelde musical-kyker nie.

Kykers wat egter ’n uitdaging bo spookasem verkies, sal sekerlik Hedwig se lewensverhaal onderhoudend vind, en nadink oor wat haar uiteindelik dwing om die naakte waarheid te konfronteer.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.