FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Greenfingers (2000)

Milton Webber

Spelers: Clive Owen, Helen Mirren, David Kelly en Natasha Little.
Draaiboek en regie: Joel Hershman.
Looptyd: 91 minute.

Wanneer ’n rolprent begin met die woorde “geďnspireer deur ware gebeure”, dan begin ’n mens klaar wonder oor die geloofwaardigheid van die rolprent. Maar dit is nie wat hier belangrik is nie.

Dié ligte Britse komedie oorkom sy ongeloofwaardigheid met suiwer vermaaklikheid. Jy sal nie sommer weer so lief word vir ’n spul moordenaars nie.
Die storie begin naby die einde wanneer Colin (Clive Owen) ’n bos geel rose steel om sy verhouding met sy geliefde te verbreek. Dit is egter nie die rede waarom hy in die tronk is nie.
Hy beland in ’n minimumsekuriteit-gevangenis waar hy ’n kamer met Fergus (David Kelly) moet deel. Kelly sal onthou word as die ou oom van Waking Ned Devine. Fergus probeer vriende maak met Colin, maar Colin wil niks weet nie. Hy is veral geďrriteerd met die ou man se beheptheid met plante. Op Kersdag gee Fergus vir Colin (teen Colin se sin) ’n pakkie viooltjiesaad as ’n Kersgeskenk. Hulle besluit om dit in die middel van die winter te gaan plant in die onvrugbare grond van die tronk.
En toe breek die lente aan … Tot Colin se verbasing staan daar in die middel van die veld die pragtigste fyn viooltjies, wat egter kort daarna verwoes word deur die bal van die robuuste rugbyspan. ’n Bakleiery breek uit, maar die hoof van die tronk besluit net daar tuinmaak is dalk net wat hierdie gevangenes nodig het.

Dit is op hierdie punt waar die alleenloper, Colin, bevriend raak met ’n klomp onwaarskynlike voornemende medetuiniers.

Om die tuinmakers aan te moedig, kry die opsigter se vrou ’n bekende in tuinmaakkringe, Georgina Woodhouse (Helen Mirren) om ’n bietjie lewe in hulle tuinmakery te blaas. Georgina het natuurlik ook ’n dogter met die naam van … uh … Primrose (Natasha Little). En wanneer Colin en Primrose mekaar ontmoet begin die liefde … wel … te blom.

Woodhouse kom keer op keer tot die redding. Sy wend hulle nuwe vaardighede aan om twee welgestelde here se tuin uit te lę. Verder kry sy hulle om deel te neem aan ’n belangrike tuinmaakskou.

Natuurlik word daar toe by die here se spogwoning ingebreek en hulle word rot en kaal besteel, die 15de-eeuse skilderwerke inkluis. En wie word daarvoor geblameer?

Ja, die storie is miskien ’n bietjie voorspelbaar en jy het dit al vantevore gehoor, maar daar is tog ’n paar dieperliggende aspekte wat jou bybly. Anders as soortgelyke Britse rolprente soos Saving Grace en Billy Elliot gaan dit nie hier oor hoe die karakters in ’n kits dagga geplant het of gedans het om hulle omstandighede te verbeter nie. Trouens, ’n mens bly deurentyd bewus van skuld wat nog betaal moet word, veral in die verhouding tussen Clive en Fergus. Een kyk na die ou man en jy weet klaar hy gaan nie die einde van die fliek haal nie. Hy kry dit egter reg om vrede te maak met die feit dat hy tot sy dood in die gevangenis gaan bly, maar sy enkele wyse woorde elke nou en dan neem ’n buitengewone vorm aan: een van ’n ou oom wat sy toekoms sien in die werk van ander en nie sy eie nie.
Die storie is beslis niks nuuts nie, en jy sal ook nie geblameer word as jy voel jy’t nie veel van die fliek geleer nie, maar jy kan dalk wel vind dat jy iewers ’n onbevredigende drang ontwikkel het om skielik viooltjies te begin plant.

Milton Webber is ’n vryskutproefleser en -vertaler (milton.webber@myiafrica.com).

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.