FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Saving Grace (2000)

Coenraad Walters

Met: Brenda Blethyn, Craig Ferguson, Martin Clunes, Tchéky Karyo, Valerie Edmond, Diana Quick
Draaiboek: Craig Ferguson, gebaseer op ’n verhaal van Mark Crowdy
Regie: Nigel Cole

Is dit werklik net die Britte wat ’n begrafnis in ’n komedie kan integreer sonder dat die humor swart word, die storie sopperig of die atmosfeer verpletter word? Lyk my so. Saving Grace begin sommer met hierdie potensieel sombere soort afskeid, wat naatloos in onder meer Four weddings and a funeral en The full monty gevoeg is.

Grace (Blethyn) se man pleeg selfmoord. Na sy dood kom geheime aan die lig soos wurms wat uit hout uitkruip: sy groot skulde wat nou deur Grace betaal moet word, sy minnares (Quick), noem maar op. Grace se hele status is in die gedrang en die dorpenaars ontferm hulle oor haar. Veel ernstiger is egter die moontlikheid dat haar huis onder haar uit verkoop sal moet word — en sy is verknog daaraan, veral aan die kweekhuis in die agterplaas waarin sy haar pragtige rare orgideë kweek. Sy moet vinnig ’n plan beraam.

Haar tuinier, Matthew (Ferguson), vra haar om ’n paar plante se lewens te red. Sien, hy kweek skelm dagga en voorsien so ’n paar dorpenaars daarvan. Maar omdat hy dit letterlik in die “duister” moet doen, groei die plante nie te wats nie. Stelselmatig sien Grace die voordeel van dié plantjies in, en sy en Matthew ontruim die kweekhuis vir ’n grootskaalse hidroponika-aanleg wat dagga van hoë kwaliteit teen verbluffende tempo kan lewer.

Die verkoop daarvan lei tot spannende situasies, wat binne die konteks van die komedie ook die lagspiere laat kriewel. Blethyn het blykbaar ’n paar niksvermoedende lede van die publiek op hol gehad in die Notting Hill gebied in Londen toe sy (as Grace) haar produk probeer smous het. Sy kon glo nie onderskei tussen gewone mense en die “geplante” akteurs nie! Die kostuum alleen sou egter genoeg wees om oproer te veroorsaak ...

Natuurlik, in ’n morele universum, kan Grace nie haar probleme oplos deur ’n misdaad nie. Maar ek dink nie ek verklap ’n groot geheim as ek sê dat Grace tog haar huis behou en weer finansieel op die been kom nie. In die proses verander ’n paar lewens — op gepas komiese wyse! Moet egter nie ’n realistiese ontknoping verwag nie: dis ’n lekkerkry-komedie, kyk gewoon daarna en geniet dit!

Blethyn skitter (soos gewoonlik) in die titelrol. ’n Toneel wat spesiale vermelding verdien, is die een waarin sy haar man se minnares uitvra oor hul sekslewe. Sy word deeglik ondersteun deur ’n sterk span Britse akteurs. Min van hulle is aan ons bekend, en dis ons verlies. ’n Meer bekende gesig is dié van Martin Clunes as die daggarokende dokter — ons ken hom as een van televisie se Men behaving badly. En Phyllida Law (Emma Thompson se ma) verdien ’n Goue Beeldjie in die kategorie Skitterende Aktrise in ’n Piepklein Rolletjie. As een van die waardige winkeltannies steel sy al vroeg ’n mens se hart, maar wanneer sy en haar kollega die “tee” uit Grace se kweekhuis met oorgawe geniet, het jy ’n paadjie langs jou nodig om in te rol. Maar die hele span laat die vonkelende draaiboek lewe. Die priester (Leslie Philips) wat Nicky (Edmond) bystaan met sy toevallig-gepaste clichés. Die kroegman se Jacky Collins-weergawe van Kafka se “Metamorfose”. En daardie posman wat g’n sprook sprak nie. Ensovoorts. Groot pret.

Veral vir kykers wat nodig het om terug te sit en te ontspan — met ander woorde, so te sê almal!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.