FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Gosford Park

(2001)

Coenraad Walters

Met: Helen Mirren, Kristin Scott-Thomas, Maggie Smith, Stephen Fry, Richard E Grant, Derek Jacobi, Clive Owen, Jeremy Northam,James Wilby, en nog ’n horde meer.
Draaiboek: Julian Fellowes
Regie: Robert Altman

Lang fliek, kort resensie

’n Britse lord nooi in die 1930’s ’n groep mense vir ’n naweek; die idee is onder meer dat daar kwartels geskiet word. Die gaste bring almal bediendes saam, en die prent bring die lewendigheid van die bediendekwartiere net so duidelik ten tonele as die glinsterende prag en praal van die adellike lewe, opgekikker deur die teenwoordigheid van ’n Brit wat ’n Amerikaanse rolprentheld geword het: Ivor Novello (Northam). Die verrigtinge word ernstig versteur wanneer die gasheer (Michael Gambon) vermoor word en die gaste onderwerp word aan ondervraging deur seker die vrotste speurder in film-heugenis (Fry). Die geheim word ten slotte opgelos deur een van die gaste se diensmeisies, en die feite lê ’n emosionele diepte bloot wat wel oortuigend oorkom, maar wat ’n mens nie noodwendig vermoed het nie.

Altman het in vorige prente aspekte van die Amerikaanse samelewing in soortgelyke styl blootgelê: die drama in ’n militêre veldhospitaal in Korea (M*A*S*H); lewe in Los Angeles se voorstede (Short cuts); Hollywood (The player). Met Pret-a-porter (Ready to wear) het hy die modewêreld in Parys aangepak. Telkens gebruik hy ’n groot ensemble akteurs wat elkeen ’n klein kansie kry om op te tree; uit hierdie mosaïek bou hy ’n beeld van die samelewing waaroor hy dit het.

Hoe werk hierdie tegniek met ’n eg Engelse storie en die room van Britse akteurs?

In een woord: skitterend. Die “pomp and circumstance” van die adellike lewe word deur edelliede en bediendes in gelyke mate tot elke prys volgehou; daarom dat dit so lank staande gebly het. Hieruit vloei vele ironieë wat die gebeure laai met ’n dringendheid wat sterker is as wat ’n dokumentêr sou kon oordra. Die vele karakters wat die lig sien in Fellowes se bekroonde draaiboek is elkeen ’n ronde karakter met ’n verlede en ’n storie; daarom dat die spanninge naby die oppervlak loop. Maar natuurlik steek die “stiff upper lip” geweldig baie weg, sodat ’n mens byna onkant betrap word wanneer die wal uiteindelik breek. En dis nie die weduwee nie - moenie trane uit Kristin Scott-Thomas se oë verwag nie!

Omdat die Britte bekend is, maar nie soseer beroemd nie, spandeer ’n mens aan die begin heelwat tyd om gesigte te plaas (kyk uit vir Professor McGonagal, Darling Fiona, Francis Bacon, Peter wat sy vriende vir Nuwejaar uitnooi; asook gesigte uit The Winslow boy, Bent, Bedrooms and hallways, Family values en Maurice; en natuurlik nog vele meer!). Wanneer jy agterkom dat Anthony Hopkins en Emma Thompson (daardie meesterlike bediendes uit The remains of the day) ontbreek, dan begin jy konsentreer op die storie, en dan het jy nou al ’n paar dinge gemis. Bowendien word heelwat dinge so terloops gesê of gewys dat jy nie altyd mooi seker is wat jy nou moes sien of hoor nie.

’n Mens moet dus eintlik Gosford Park ’n tweede maal sien. Maar nou is die fliek selfs die eerste keer nie noodwendig alle fliekgangers se idee van ’n aangename aandjie uit nie (nie almal se koppie Earl Grey nie, om spitsvondige kollega Suzette aan te haal!). Dis besonder lank en hoogs subtiel en daarom miskien nóg snaaks genoeg nóg ernstig genoeg om baie kykers te bevredig. Die spel is egter in alle opsigte ’n vreugde (Maggie Smith se hulpelose gelag is my gunsteling, maar as net een persoon ’n Goue Beeldjie moet kry, kan dit maar Helen Mirren wees).

Vir hierdie fliekvlooi sal Gosford Park egter ’n hoogtepunt in Altman se oeuvre en in 2002 se flieklys bly. Ek moet nou nog tyd vind vir daardie tweede keer, maar ek kan reeds nie wag nie!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.