FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Goodbye, Lenin!

Suzette Myburgh

Duits met Engelse onderskrifte
Spelers: Daniel Bruhl, Katrin Sass, Chulpan Khamatova, Maria Simon, Florian Lukas en ander
Regisseur: Wolfgang Becker
Vertoontyd: Vanaf 26 November

Enkele jare voor Suid-Afrika se vreedsame oorgang na 'n demokraties verkose regering het 'n eweneens aardskuddende politieke oorgang plaasgevind: diť in Oos-Duitsland. Aangesien daar 'n direkte verband tussen die twee is, is hierdie film oor die val van die Duitse Demokratiese Republiek des te meer interessant.

Dis 'n kenmerk van goeie kunstenaars dat hulle groot kwessies aan die hand van die klein en persoonlike kan illustreer. Daarin slaag die regisseur van Goodbye, Lenin! meesterlik.

Die film open in 1978 in die voorkamer van 'n Oos-Berlynse gesin. Christiane, die ma (Katrin Sass), word op brutale wyse deur die polisie ondervra. Haar man het nŠ 'n mediese kongres in Wes-Berlyn nie teruggekeer nie - het hy na die Weste ontvlug? Nee, moet sy erken, hy het haar en die kinders verlaat vir sy minnares daar.

Weens die skok word sy in 'n inrigting opgeneem, en veral vir die jong Alex (Daniel Bruhl) is sy ma se gebrokenheid traumaties. Maar toe sy uiteindelik huis toe kom, is sy 'n veranderde vrou: voortaan sal sy haar met hart en siel in die bedrywighede van die Kommunistiese Party werp; sy is nou as 't ware getroud met Lenin se sosialistiese bestel.

Die jare gaan verby, die kinders word groot en begin, soos talle Oos-Duitsers, toenemend rebelleer teen die stelsel, maar Christiane staan vas. Tydens die vryheidsopstande van 1989 marsjeer Alex saam in die strate en sy sien hoe die polisie hom hardhandig in hegtenis neem. Van skok val sy net daar flou - en word eers agt maande later uit 'n koma wakker toe die val van die Berlynse muur al ou nuus is.

Die dokter waarsku Alex dat haar gesondheid baie broos is en dat sy ten alle koste teen enige skok beskerm moet word. Die probleem spreek vanself, en met 'n kind se verbetenheid begin Alex die wÍreld rondom sy ma verdraai en manipuleer sodat sy nie die waarheid moet agterkom nie. Dit sorg vir 'n reeks verdoeselings en versinsels wat 'n Shakespeare-komedie waardig is, maar soos in enige goeie komedie lÍ die tragedie nie ver onder die oppervlak nie. Die fyn humor (nog 'n kenmerk van 'n groot kunstenaar) is skerperig en swarterig en bitterig - maar altyd bevrydend.

Alex se pogings om die horlosie terug te draai na voor November 1989, illustreer die diepere ambivalensie wat noodwendig met so 'n enorme verandering, selfs al is dit positief, saamgaan: die verlies aan dit wat tog goed was in "die ou dae". Ook Suid-Afrikaners worstel steeds met diť ambivalensie, en ons kan dankbaar wees dat dinge hier nie so skrikwekkend vinnig verander het soos in Oos-Duitsland, waar alles wat tot die ou bestel behoort het feitlik oornag afgebreek is nie. Met die ruimtevaartmetafoor wat die hele film slim saambind, word hierdie konflik uiteindelik verhef tot die universele in 'n uiters bevredigende slot.

Vir 'n Afrikaanse oor is die suiwer "Oos-Duits" 'n besondere plesier - ons Afrika-niggie se familiebande met diť Dietse tante is sterker as wat 'n mens sou dink.

Te midde van 'n valerige fliekjaar word Goodbye, Lenin! van harte aanbeveel.


LitNet: 09 Desember 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.