FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The life of David Gale

Suzette Kotzé


verbatim@intekom.co.za

Spelers: Kevin Spacey, Kate Winslet, Gabriel Mann, Laura Linney en ander
Regisseur: Alan Parker

As student op Stellenbosch het ek desjare my kraag natgehuil met die sien van Alan Parker se Mississippi Burning, oor die lot van drie swart menseregte-aktiviste in die Amerikaanse Suide. Parker se — helaas te gewelddadige — weergawe van die anti-oorlog Pink Floyd: The Wall was in daardie jare ook ’n groot gunsteling (die musiek is steeds). Met The life of David Gale sit hy sy werk as “dramatic propagandist” voort.

Wanneer die film open, bevind Gale (Kevin Spacey), ’n universiteitsprofessor in filosofie en voorste vegter teen die doodstraf in die staat Texas, hom in ’n onwaarskynlike posisie: in die tronk en vier dae ver van sy teregstelling. Die klagte teen hom: verkragting en moord — van die leier van die organisasie DeathWatch (Laura Linney), ’n mede-aktivis en ou vriendin van hom. Gale se prokureur kontak ’n belangrike New Yorkse tydskrif met ’n aanbod: Gale is vir die eerste keer bereid om te praat, teen ’n halfmiljoen dollar, maar dit moet spesifiek met Bitsey Bloom (Kate Winslet), ’n hardekwas maar bekwame jong verslaggewer wees.

Bitsey het haar reputasie verdien deur onder meer ’n week in die tronk uit te dien omdat sy nie bereid was om een van haar geheime bronne vir ’n opspraakwekkende artikel bekend te maak nie. Anders as Zack (Gabriel Mann), die intern wat haar moet vergesel, is Bitsey nie beïndruk met Gale se menseregterekord of sy filosofiese publikasies nie — as “objektiewe” joernalis is sy oortuig hy is skuldig, soos bevind deur drie howe.

Sy voer vir die volgende drie dae onderhoude van twee ure elk met Gale, en deur middel van terugflitse ontvou sy storie. Van skeptisisme verander haar siening oor Gale in bewondering en ’n geloof in sy onskuld, maar hoe om dit te bewys? En wie is die sinistere man in ’n cowboyhoed en groot bakkie wat haar en Zack agtervolg? En die belangrikste: wie het die video-opname van die moord (’n bisarre gebeurtenis wat herinner aan die werkswyse van ’n reeksmoordenaar) in haar motelkamer geplaas?

Saam met Bitsey probeer die kyker agter die waarheid kom, en saam met haar bly jy raai tot aan die einde. Waar die res van die film sou kon baat by ’n meer subtiele aanslag, is die uiteindelike implikasie van die slot ’n meesterlike greep in subtiliteit. Let op die toneel vroeg in die fliek waar Gale ’n TV-debat oor die doodstraf met die goewerneur van Texas voer — uit hierdie toneel vloei die éintlike implikasie van die slot.

Om hierdie fliek te waardeer, moet ’n mens helaas verby ’n paar irritasies kyk. Die inkleding aan die begin en die verskillende gesprekke (veral tussen Zack en Bitsey) is ’n oorduidelike poging om vir die kyker al die nodige inligting te gee, en dit kom onnatuurlik en te gepoleerd voor. Die fliek adem daardie tipiese onsubtiele “Amerikaansheid”, met weer eens ’n held(in) wat ’n grootse reddingspoging moet aanwend, kompleet met ’n jaagtog of wat. En ek meen Bitsey se feminisme is ’n bietjie oordoen. Dan is daar ook nog die verpligte “oulike kind” (Gale se seuntjie van ses). Die goeie nuus is egter die afloop en die einde — Parker hou sy mokerhou vir heel laaste en dra uiteindelik ’n treffende boodskap oor, wat goed voorberei is in die terugflits van Gale se lesing oor die idees van Jacques Lacan.

Kevin Spacey speel uitstekend en verloon die nodige gewig aan die briljante maar gekwelde akademikus en humanis, terwyl hy ook die ligter en/of romantiese tonele foutloos hanteer. Dit is egter nie Kate Winslet se beste vertolking nie en sy neig soms na stereotipering en melodrama. Toegegee, sy het moontlik ’n moeiliker rol as Spacey se martelaarsfiguur. Laura Linney gee ’n goeie vertolking, maar Gabriel Mann word selde meer as ’n kartonfiguur.

Ten spyte van my besware hierbo is The life of David Gale ’n stewige fliek en die kyk werd.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.