FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boys don’t cry (1999)

Coenraad Walters

Met: Hilary Swank, ChloŽ Sevigny, Peter Sarsgaard, Jeanette Arnette
Draaiboek: Kimberly Peirce en Andy Bienen
Regie: Kimberly Peirce

As ’n mens vasgevang is in die ban van die Hollywood hegemonie, beskou ’n mens onmiddellik Boys don’t cry as een van die groot kanonne van die fees, want Fox Searchlight versprei dit.

Bowendien het Hilary Swank in die hoofrol pas ’n Golden Globe as beste aktrise in ’n drama ontvang. Sy het aktrises soos Meryl Streep, Julianne Moore en Sigourney Weaver uitgestof. Dis juis diť toekenning wat my laat besluit het om Boys don’t cry op my feesprogram in te pas. In haar ontvangstoespraak het sy Meryl Streep haar “acting god” genoem. Nou weet ons hoe me Streep ons met haar verkleurmannetjievermoŽ beÔndruk het: sy kan haar Engelse uitspraak kleur met die nodige dialek ó Deens, Pools, Italiaans, Australies. Maar sy het (sover ek weet) nog nie van geslag verander nie.

Of om dit meer akkuraat te stel: Hilary Swank se karakter is gebore as Teena Ray Brandon, ’n meisie wat eintlik ’n man moes wees. Sy herontwerp haarself dus: verbande om die bors, kous in die onderbroek, kort haarstyl, die nodige klere. As Brandon Teena oortuig hy almal van sy manlikheid. Op amper 21 lyk hy natuurlik nog kwalik 16, maar hy staan sy man, beland in kroeggevegte, en vind selfs liefde by Lana (Sevigny). Hy ontmoet haar in ’n klein mid-Amerikaanse dorpie, baie soos sy tuisdorp. DŠŠr is hy deur ’n vriend gewaarsku dat die mense van die omgewing sy / haar soort maklik sal doodmaak.

Ongelukkig het die sosiale bedrog in Brandon Teena se lewe ook ’n kriminele sy: tjekbedrog, motordiefstal, verkeersoortredings, versuim om in die hof te verskyn. Brandon word dus in hegtenis geneem en in die vrouegevangenis opgesluit. Teena se identiteit word in die koerant aan die groot klok gehang en Lana se ma en vriende vind daarvan uit.

Een van die huisvriende, John (Sarsgaard), is egter verlief op Lana en glo hy het ’n aanspraak op haar. Sy psigopatiese geneigdheid maak dit nog minder waarskynlik dat hy Lana se liefde vir hierdie “teennatuurlike frats” gaan aanvaar. Hy en sy tjommie probeer Brandon oortuig dat hy eintlik ’n vrou is op die manier wat mans die beste ken: obsene en vernederende geweld. NŠ hierdie sessie beloof hulle dat hulle nog vriende sal bly met Brandon as hy sy mond hou. Natuurlik, dis alles my skuld, ek het daarvoor gesoek, sÍ hy.

Maar hy lÍ wel ’n klag. Dit lei tot die finale tragedie.

Regisseur Peirce se hantering van die hoop wat in Brandon lewe om ewige liefde te ervaar, en die wrede manier waarop die hoop vernietig word, is uitstekend. Die toneelspel waarmee die groep grotendeels onbekende akteurs die verhaal laat leef, is indrukwekkend. Veral Swank verdien die Golden Globe dubbel en dwars. Maar moontlik sal min mense hierdie storie wil sien. Waarom is dit nodig om dit te vertel?

’n Mens moet in gedagte hou dat hierdie drama homself in die werklikheid afgespeel het. ’n DokumentÍr oor die gebeure, The Brandon Teena story, is op die 1998 Gay en Lesbiese filmfees vertoon. Dit het plaasgevind in ons “verligte” era, in die jaar van Onse Liewe Heer negentien drie en negentig. Terwyl mense van hul lewens ontneem word bloot omdat hulle anders is as die “norm” (onthou ook die gay student wat nog meer onlangs nŠ afgryslike aanranding aan ’n heining iewers in die vlak vasgemaak is om te sterf ... ), sal dit nodig wees om sulke stories te vertel. Die kyker word gedwing om sy / haar eie onverdraagsaamheid te spieŽl teen die gebeure in Boys don’t cry. Net sodra ’n mens soos die FariseŽr wil sÍ: Maar ek is nie so nie, besef jy dat jy juis jou kop in skaamte behoort te laat sak.

Hopelik dra die intense emosionele impak van hierdie uitstekende prent daartoe by dat ons op ons eie klein manier onverdraagsaamheid sal probeer erodeer. Dan sal Boys don’t cry werklik waarde hÍ.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.