FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hard (1998)


Coenraad Walters

Met: Noel Palomaria, Malcolm Moorman, Charles Lanyer, Michael Waite
Draaiboek: John Huckert en John Matkowsky
Regie: John Huckert

Ons sou ’n ander rolprent gaan sien het: Man is a woman, ’n Franse prent oor gay mense in ’n Joodse konteks. Volgens feesinligting ’n redelike sensitiewe en mooi prent. Ongelukkig sit diť nog steeds in ’n vragruim van ’n vliegtuig wat aan ’n Kanadese aanloopbaan vasgeys is, en die feesorganiseerders moes die beste van ’n slegte saak maak. Verskillende vertonings van Man is a woman is met verskillende feesflieks vervang.

Ons het Hard getref. Of het Hard ons getref? Ek was aanvanklik bly, omdat ander vertonings volbespreek was en ek graag die reeksmoordenaarflieks van die fees wou sien. Wat is dit met gays en reeksmoordenaars? Toe Jonathan Demme ’n gay reeksmoordenaar in The silence of the lambs uitbeeld, is daar so teen hom betoog deur gay groepe dat hy sy bona fides probeer herstel het deur Philadelphia te maak. Tom Hanks het toe ’n Oscar-aanvaardingstoespraak afgesteek wat weer gelei het tot In and out. ’n Mens moet dus seker bly wees!

Maar nou maak gay filmmakers hul eie reeksmoordnagmerries. Die Noorse Salige er de som tŲrster het ek reeds bespreek: ’n bevredigende reeksmoordverhaal (as dit natuurlik nodig is om sulke stories te vertel!)

Hard is egter ’n totaal ander saak. Gaan kyk daarna, maar koop vooraf ’n tandepruik en ’n goeie buisie supergom.

Die titel kom nie van wat mense op Gay en Lesbiese Filmfees dadelik sou verwag nie, maar uit John Milton se Paradise Lost: “Long is the way and hard, that out of hell leads up to light.” (I: 432)

En hoe word die onparadyslikheid van die wÍreld nie uitgebeeld nie!

’n Mens sien van die begin af wie die moordenaar is: Jack (Moorman), en later vind jy ook uit wat hom motiveer: hy red straatlywe van ’n leŽ, sinlose bestaan.

Sy teenstander is pasaangestelde speurder Raymond Vates (Palomaria), wat saans gay kroeŽ besoek as Ramon, sy eintlike naam. Wanneer hy en sy spanmaat (die growwe, bars senior wat later ’n hart van goud openbaar) een aand ’n slagoffer se foto in ’n kroeg rondwys, gesels hy - onbewus van sy “geluk” - met Jack. Diť bel hom later met ’n vals leidraad, ’n ontmoeting wat lei tot ’n nag van passie (wat Ramon gelukkig oorleef) en die diefstal van sy polisie-identifikasie. Wanneer diť wapen kort daarna in ’n slagoffer se mond gevind word, dwing die interne ondersoek Raymond om sy seksualiteit te verklap. Wat hom trompop in aanraking bring met sy kollegas se homofobie. Gelukkig gee sy spanmaat (Lanyer) nie om nie (onthou, hy het ’n hart van goud).

Jack se speletjie met Ramon / Raymond voltrek hom heel gepas in ’n leŽ teater. Daar sien ’n mens werklik die omvang van Jack se aktiwiteit en die naakte wreedheid wat daaruit straal, gaan die verstand te bowe, selfs al het ons hier net met ’n storie te doen. Die impak daarvan dwing my om te bieg: ek is ’n Vis, en het nog nooit ’n goeie verhouding met die werklikheid gehad nie. Beeldmateriaal soos diť bevorder nou nie juis die situasie nie!

Ek kon ook nie werklik ’n goeie verhouding ontwikkel met die draaiboek en die toneelspel nie. Aanvanklik kom dit erg stokkerig voor; later koes jy meer vir die bloed as wat jy kan oplet. En as geen van die akteurs ’n mens kan oortuig dat die f-woord werklik tuishoort in die sinne wat hulle sÍ nie, moet skrywers en regisseur weer gaan dink.

Ek skryf diť een af as ervaring. Nie naastenby vir almal nie.

En dan moet ’n mens jou seker omgord vir Harder with a vengeance. Sal ons daarin, sonder die teenwoordigheid van Bruce Willis, gelei kon word tot Paradise Regained?

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.