FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kondom des Grauens / Killer Condom (1996)


Coenraad Walters

Met: Udo Samel, Peter Lohmeyer, Marc Richter, Leonard Lansink, Iris Berben
Draaiboek: Mario Kramp en Martin Walz
Regie: Martin Walz

Die advertensiespreuk lui: Dit lyk soos ’n kondoom. Dit voel soos ’n kondoom. Dit laat hom aanrol soos ’n kondoom. Maar dit is geen kondoom nie.

Enigeen wat aan kastrasie-angs ly, moet óf hierdie prent totaal vermy, óf bereid wees om ’n terapeut se strandhuis te help afbetaal.

Die basiese premis, kunsmatig geskepte organismes wat hulself as kondome voordoen en mense vermink, lyk of dit uit The X-files ontsnap het en is totaal belaglik. (Nie dat dit al enigeen gekeer het om ’n fliek te maak nie!) Dit het egter tot ’n prettige komedie gemuteer.

As jy bestand is teen:
  • ’n onervare fopdosser met ’n goue hart;
  • ’n mal wetenskaplike wat van rooi jellie hou;
  • ’n wonderlike grapweergawe van die storttoneel in Psycho;
  • nóg ’n fliek wat gebaseer is op ’n strokiesprent;
  • ’n einde wat lyk of dit uit Touched by an angel kom;
  • bloed en bloed en geamputeerde liggaamsdele (maar dis darem snaaks!), dan kan jy maar die moorddadige kondoom aandurf.
  • Die dinge begin in Hotel Quickie, in New York (’n Duitse fliek in New York...): eers word dames van die nag verdink van oordrewe passie, maar wanneer die speurder wat die saak ondersoek, self ’n slagoffer word (hy verloor darem net ’n knater), weet almal wat die waarheid is.

    Die speurder, Luigi Macaroni (Samel), het uit Sicilië gevlug en ’n loopbaan in New York gevestig, want hy wil nie met ’n maagd trou en hom lewenslank doodverveel nie. Bowendien verkies hy mans. Hy is hardgebak, grof en rook onder die grootste en duidelikste Moenie Rook Nie-tekens op aarde (herinner hy meer aan Bogart of aan Columbo?!?). Bowendien is hy so omvangryk bedeeld dat die manste man onder ons penisnyd sal ontwikkel.

    Met die hulp van ’n oud-polisieman fopdosservriend(in) keer hy die kondoom in ’n hoek vas. Nadat hy ’n handsak van egte krokodilvel, ’n televisiestel en verskeie ander voorwerpe in sy woonstel afgeskryf het, sit hy die wreedaard op sy plek en kan ’n wetenskaplike die lykie ondersoek. Aha, die einde, dink ’n mens.

    Dan volg ’n vervelige slot, wat al langer word, tot jy begin besef die storie is nog lank nie klaar nie, en jy weet bowendien nie waar die goetertjies (ja, hulle kom nou in groot getalle in die stad voor!) vandaan kom nie. Spoedig word baie mense in allerlei situasies (selfs ’n presidentskandidaat in sy bad) aangeval.

    Met behulp van ’n straight polisieman wat die gay toneel moet betree vir ’n ondersoek, en ’n klomp ander interessante karakters, word die waarheid blootgelê in amusante wetenskaplike besonderhede. Die booswig met die “roeping van die Here” mag miskien sensitiewe kykers aanstoot gee. Kan ’n mens egter aanvaar dat gay Christene effens minder liggeraak is as hul fundamentalistiese broers en susters?

    Met Macaroni se slot-”preek” is daar nie veel fout nie: die filmmakers weet dat dit groot soetsappige potensiaal het en deurbreek dit sover moontlik. En dan ontwikkel die ongenaakbare Macaroni sommer deur loop van die verhaal ’n groot liefde, net om werklik almal gelukkig te hou.

    Kondom des Grauens vertel ’n lawwe storie en is terdeë bewus dat dit die geval is. Dit is heerlike, verspotte komedie — ’n baie vermaaklike honderd minute!

    boontoe


    NOT FOUND