FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Uit die foyer van Cinema Nouveau: Ons pienkgefliekte FliekVlooi lewer lopende kommentaar op die J&B gay en lesbiese filmfees.

Bishonen / Beauty (1998)

Coenraad Walters

Met: Stephen Fung, Qi Shu, Jason Tsang, Daniel Wu, Terence Yin
Draaiboek en regie: Yonfan

Liefde wat in die hart woon, word nie maklik deur tyd uitgewis nie. Selfs al was die ontmoeting van korte duur, is die invloed daarvan blywend.

Vir fliekgangers wat nie afgeskrik word deur die sentimentele potensiaal van bogenoemde (onvolledige) aanhaling nie, en wat nog nie afgestomp is deur sprokiesmooi verhale oor beeldskone mense nie, sal Bishonen ’n vreugde wees.

’n Mens raak maklik meegesleur deur die reeks ontmoetings, herontmoetings en veranderings wat in die vier hoofkarakters se lewens plaasvind. Wat met van hulle gebeur, die suggestie van ware liefde wat in die hart woon, is iets waarna byna almal hunker.

Twee jong klerke, Fai en Chung, word vriende en raak verlief op mekaar, maar Fai verlaat Chung vir ’n pop ster. Dié verhouding loop uit in teleurstelling, en Fai, wat deur K.S. verlaat word, verander sy naam na Sam en word, soos sy pa voor hom, ’n polisieman. In dié stadium van sy lewe ontmoet hy vir Jet, een van die gewildste huurbare lywe in Hong Kong. Jet en Chung, wat ook ’n huurlyf geword het, deel egter ’n woonstel ...

Die achronologiese vertelling stroop die karakters stelselmatig van hul geheime en bied nog ’n belangrike manier om die kyker te betrek.

As jy nie bang is vir ’n stukkie knapgemaakte en beeldskone sentiment nie, is dié een vir jou!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.