FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Uit die foyer van Cinema Nouveau: Ons pienkgefliekte FliekVlooi lewer lopende kommentaar op die J&B gay en lesbiese filmfees.

Lola + Bilidikid (1999)

Coenraad Walters

Met: Baki Davrak, Gandi Mukli, Erdal Yildiz
Draaiboek en regie: E. Kutlug Ataman

Die Turkse gasarbeiderbevolking is reeds sedert ongeveer 1960 in Duitsland aanwesig en die tweede geslag is besig om daar te werk. In Berlyn het daar al ’n lewendige Turkse gay subkultuur, volledig met fopdossers en straatlywe, ontwikkel. Dié subkultuur word in Ataman se sterk verhaal ondersoek.

Lola is deur sy oudste broer, Osman, uitgegooi toe sy homoseksualiteit op die lappe gekom het. Sedertdien vind hy ’n tuiste en ’n inkomste uit ’n fopdosserbestaan, en liefde by Bili, wat hom wil terugneem Turkye toe, met ’n operasie in ’n vrou wil verander en dan met “haar” trou. Hulle het egter nie genoeg geld daarvoor nie.

Wanneer Lola dan by die familie wat hom verwerp het, aanklop vir geld, sien hy ’n broer, Murat, wat hy nie ken nie. Later nooi hy Murat (Davrak) na die nagklub en maak ’n afspraak om hom die volgende dag in die stad te ontmoet.

Murat hardloop weg van die huis: ook hy is gay, en sy kontak met die verjaagde broer is totaal onaanvaarbaar. Lola daag egter nie op nie, en Bili neem Murat onder sy vlerk.

Lola se lyk word ontdek en Bili beplan ’n wraakaanval op ’n groep rassistiese Duitse tieners wat Lola al vantevore leed aangedoen het. Murat word onwillig betrek. Die wraak loop lelik skeef en is eintlik sinloos: die waarheid omtrent Lola se dood is egter veel erger en verander Murat se lewe meer ingrypend as wat hy verwag het.

Die prent is egter nie bloot donker en swaarmoedig nie: met ’n groep spitsvondige fopdossers is so iets haas onmoontlik, selfs al praat hulle Turks! (En geniet tog die stukkie “rap” in Turks!) Die verhouding tussen een van Bili se vriende, ’n straatlyf, en ’n gerekende Duitse argitek en dié se skatryk moeder, lewer skerp kommentaar op die Duitse samelewing én baie humor. Hierdie newe-intrige maak die tekstuur van die hele prent ligter. Die hoofintrige betrek verskillende konflikte: tradisie, familie, rassisme, homofobie.

Lola + Bilidikid word later in Februarie in Cinema Nouveau-teaters vertoon (lees solank daaroor in die jongste uitgawe van Film Finesse) en ek sal dit graag weer wil sien en dié bespreking heroorweeg. Dit is ’n kragtige prent wat sekerlik ’n tweede sien regverdig. Wees egter gewaarsku: humor ten spyt, is dit nie vir sissies nie! Dit is egter ’n kandidaat vir die mees onthoubare prent van die fees.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.