FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Vir oulaas berig Coenraad Walters oor die gay & lesbiese filmfees.

Flawless (1999)

Coenraad Walters

Met: Robert de Niro, Philip Seymour Hoffman
Draaiboek en regie: Joel Schumacher

’n Heerlike karnaval van ’n fliek om die fees mee af te sluit. En nog ’n groot kanon: uit die stal van MGM, en met die befaamde De Niro in die hoofrol! Dit kan ’n mens darem nie mis nie ...

En dit is iets om nie te mis nie, hoewel party mense, soos De Niro se karakter, nie met al die personasies sal kan saamleef nie.

De Niro speel die rol van ’n polisieman, Walt Koontz, wat eens lank gelede ’n heldedaad verrig is en nou nog deur sy maters op die hande gedra word. Sy vrou het egter weggeloop en hy woon alleen in ’n privaathotel met ’n bonte mengelmoes van inwoners: oues van dae, hoere, skarminkels en (hemel behoede die polisieman): fopdossers!

Die geld wat aan die begin van die fliek gesteel word, word een aand in die privaathotel gesoek deur die besteelde bendebaas se brekers. Koontz wil gaan help, maar in die drama kry hy ’n beroerte en hy kan niks doen nie. Sy loopbaan en sy selfgeskepte sosiale lewe val natuurlik onmiddellik weg en sy wêreld verklein tot die mure van sy kamers.

Die fisioterapeut wat hom besoek, stel voor dat hy sangles neem om sy spraak te herstel. Die sangleraar aan die ander kant van die stad is egter moeilik bereikbaar, en Koontz steek sy trots in sy sak. Ten spyte van sy diepgesetelde afkeer en verskeie kwetsende bekgevegte in die verlede, gaan klop hy aan fopdosser Rusty se deur vir sangles.

’n Nuwe wêreld, waaraan hy aanvanklik glad nie vat kry nie, gaan vir hom oop. Rusty, met bodemlose deernis gespeel deur Philip Seymour Hoffman, wys dat die hardekwas dop van die fopdosser net ’n masker is vir ’n eensame, deernisvolle mens, selfs al lyk hy soos ’n selfgemaakte paradysvoël. Koontz raak teensinnig betrokke by Rusty se lewe en albei laat vaar hul verdedigingsmeganismes.

Natuurlik is dit nie so eenvoudig om van vooroordeel ontslae te raak nie, en die vriendskap verloop geensins sonder haakplek nie, maar die ontmoeting verander altwee mense.

Die prent is oorwegend ’n komedie, maar het genoeg elemente van ’n spanningsverhaal in (wat HET dan van Mr Z se geld geword?!?) om die aandag geboei te hou tot aan die einde. Daar is ook nog ’n paar stukkies gaypolitiek in (hou die oë oop vir Mitchel Lichtenstein, wat vroeër in Ang Lee se The wedding banquet was, en in Robert Altman se Streamers, as woordvoerder van die Gay Republicans!), asook ernstige momente wat Koontz se pogings tot herstel en sy eie lewe vol verwikkelde verhoudings uitbeeld.

Binne die karnavalatmosfeer wat teen ’n mallemeulepas voor die kyker verby tol, pas hierdie stukkies erns verbasend gemaklik in. ’n Mens stap uit die teater met ’n groot glimlag.

En dit was ook die geval met die fees as geheel. Ten spyte van dieptreffende skok (Boys don’t cry), angs en weersin (Hard), en enkele gevalle waarin ’n mens gewonder het hoekom (Desperate bekjentskaper veral), was die fees ’n aangename ervaring. Boys don’t cry het my stem gewerf as Beste Rolprent van die fees. ’n Mens kan die organiseerders en borge baie dankbaar wees vir die gladde verloop van die verrigtinge.

Maar na 13 prente binne 10 dae is hierdie FliekVlooi nou al die kleure van die reënboog gefliek, lank nie meer net pienk nie. Hy lê met ’n groot tevrede glimlag in sy kuberkooi en kriewel nie eers nie. Die kriewels sal eers oor ’n week of wat terugkeer!

Intussen sal hy graag wil verneem van ander feesgangers: van mense wat ander prente gesien het, veral die saamgestelde videoprogramme en die oorsig oor Bruce LaBruce, en van mense wat ander menings oor die geresenseerde flieks wil uitspreek. Laat die e-posse instroom!

Wederom.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.