FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Uit die foyer van Cinema Nouveau: Ons pienkgefliekte FliekVlooi lewer lopende kommentaar op die J&B gay en lesbiese filmfees.

Salige er de som tørster / Blessed are those who thirst (1997)

Coenraad Walters

Met: Kjersti Elvik; Gjertrud L. Jynge; Nils Ole Oftebro; Lasse Kolsrud; Anne Ryg
Draaiboek: Axel Hellstenius
Regie: Carl Jørgen Kiønig

Hierdie rolprent is ’n verwerking van een van Anne Holt se reeks polisieromans. Danksy ’n televisiereeks is die karakters ook reeds aan die Noorse publiek bekend.

Die verhaal draai om ’n aantal vreemde verskynsels wat moordspeurder Hanne Wilhelmsen (Elvik) ondersoek: daar word telkens, aan die einde van ’n naweek, ’n plek in die stad gevind waar die mure met bloed besmeer en vreemde syfers in die bloed geskryf is. Geen lyk word egter gevind nie, en niemand word as vermis aangegee nie. Forensiese ondersoeke bevind eers dat varkbloed gebruik word; later word vasgestel dat vrouebloed ook teenwoordig is.

Daar is egter een naweek nie so ’n slagting nie, maar ’n mediese student, ’n meisie, word wreed verkrag. Hanne Wilhelmsen en haar span kom algaande op die spoor van die misdadiger, met die gewone speurwerk, sweetwerk, geluk en vals alarms wat ’n verhaal van dié genre kenmerk.

Wat soek dié prent op die Gay en Lesbiese Filmfees? Wilhelmsen is lesbies. Sy en haar minnares leef saam in wat lyk na ’n stabiele verhouding, maar haar kollegas is nie bewus van haar seksualiteit nie. Dié tema dra nie wesenlik by tot die ontknoping van die verhaal nie, maar verleen persoonlike en menslike kleur aan die karakters.

Wat maak die prent dan anders as ’n episode van ’n bekende televisiereeks? Eerstens die kamerategniek. Ons is gewoond aan redelik eenvoudige kameraskote in die talle Amerikaanse speurreekse vir televisie. In Salige er de som tørster word kamerabeweging en redigering gebruik om die emosionele impak van bepaalde tonele te beklemtoon: ’n enkeling wat ’n belangrike stuk inligting bekom; ’n onderhoudsituasie; en natuurlik die verkragtingtoneel. ’n Klein beweging word byvoorbeeld twee maal direk na mekaar gewys. (Net ter inligting: ’n Noorse korrespondent van die Internet Movie Database sug van verligting omdat die kamerawerk en redigering van die rolprent soveel minder “hectic” is as die televisiereeks!)

Tweedens die titelmotief. Ek kon eers nie die kloutjie by die oor bring nie, tot ek die Bybelse verwysing volledig onthou het: Geseënd is hulle wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word. Aangesien die prent omtrent twee maal so lank is as ’n gewone episode van ’n televisiereeks, is daar ruimte om meer te toon van die slagoffer Kristine (Jynge) en haar pa (Oftebro) se reaksie. Albei van hulle beplan onafhanklik van mekaar en van die polisie om wraak te neem - iets wat baie slagoffers van misdaad graag wil doen!

Gegewe die langer tyd wat ’n rolprent mag vul, is dit jammer dat daar so min aandag geskenk word aan die motivering in die misdadiger se gemoed. ’n Mens stel vas wat hy doen, maar nooit werklik hoekom nie.

Daar is twee tegniese probleme wat opgeval het: eerstens was die projeksie nie goed nie, en die koppe van karakters is dikwels afgesny. Ek twyfel sterk of dit ’n probleem met die fotografie kan wees, en dis ’n aspek waarna die teaters moet oplet. Tweedens is die onderskrifte swak geproeflees. Daar is baie spel- en taalfoute (dit kon nie ’n eerstetaalspreker gewees het wat dié vertaling getik het nie!) en selfs ’n enkele Noorse “og” in plek van ’n Engelse “and”.

Tog is hierdie probleempies nie deurslaggewend nie. Salige er de som tørster is ’n goeie riller met interessante karakters wat knap vertel word. Daarbenewens gee dit ook ’n interessante blik op die Noorse samelewing, veral die wyse waarop vlugtelinge (uit onder meer Iran en die voormalige Joego-Slawië) gehuisves word. Dit is nie net Suid-Afrika se polisiemanne wat bombasties en rassisties is nie! Ook is dit ’n geleentheid om ’n Skandinawiese taal in “aksie” te hoor: let op hoe mooi dit is, hoe baie Afrikaanse woorde ’n mens daarin herken, en hoeveel gemeensame Engels daarin opgeneem is!

Dit sal miskien nie die enigste feesprent wees waarna ’n mens gaan kyk nie, maar dit is beslis die sien werd.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.