FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Rabbit-proof Fence

Coenraad Walters

Met: Everlyn Sampi (Molly); Tianna Sansbury (Daisy); Laura Monaghan (Gracie); David Gulpilil (Moodoo, die spoorsnyer); Ningali Lawford (Maud, Molly se ma); Myarn Lawford (Ouma); Kenneth Branagh (AO Neville)
Draaiboek: Christine Olsen, gebaseer op Doris Pilkington se boek
Regie: Philip Noyce.


As jy nog nie hierdie Australiese fliek gesien het wat ’n mens op ’n manier herinner aan A long walk to freedom nie, moet jy ’n plan maak. Veral as jy gewonder het oor woorde soos kolonialisme en postkoloniale diskoers. Want in hierdie bedrieglik eenvoudige prent kry hierdie droŽ terme vlees en bloed, en begin dit aan ’n mens se hartsnare tokkel. En die wysie is nie vrolik nie.

Ten einde die konynplaag in AustraliŽ te beheer, het die Britse koloniale regering ’n heiningstelsel opgerig: dit sou die konyne in die woestyn hou, weg van die landerye af. Dis die werklikheid waar die titel van hierdie prent vandaan kom. Die verhaal bou egter diť heining tot skeidingsimbool uit — en op ironiese wyse ook tot simbool van redding.

Dit was die beleid van die Britse koloniale regering om kinders van gemengde bloed (veral blanke pa’s en Aborigine-ma’s) uit die Aborigine-gemeenskap te verwyder en hulle te laat skoolgaan. Die doel hiervan was om hierdie kinders stelselmatig te assimileer in die wit gemeenskap, veral as bediendes. Om die kinders egter in die skole te kry, het geweld vereis: die kinders is letterlik van hul ma’s af losgeskeur en ontvoer. Dis juis hierdie beleid wat vir my voorkom as die “rabbit-proof fence” tussen die blanke en nieblanke gemeenskappe van die destydse AustraliŽ.

Drie “halfbloed”-meisies word in 1931 geneem na ’n nedersetting 1 200 km van hul tuiste af in opdrag van die hoofbeskermer van die Aborigines van daardie tyd, AO Neville (Branagh). Hulle is Molly (Sampi), Daisy (Sansbury) en Gracie (Monaghan), twee sussies en ’n niggie. Molly is die oudste, omtrent so tien of twaalf jaar oud. Sy besluit dat hulle moet teruggaan huis toe — en daar is net een manier om dit reg te kry: loop. Nadat hulle gevlug het, kom sy op die gedagte om die heining te volg: dit sal hulle huis toe lei.

Die manier waarop hulle die owerhede ontglip, kos en hulp van mense langs die pad verkry en uiteindelik slaag in hul doel, is hartverwarmend.

Tegnies is hierdie film ’n voorbeeld van hoe ons eie inheemse stories vertel behoort te word. Die begroting was nie enorm nie, en tog is die kinematografie uitstekend (daardie klipharde landskap van Wes-AustraliŽ fotografeer wonderlik!), die draaiboek knap, die redigering en regie presies reg en die spel van die onervare Aborigine-kinders — asook Branagh as die “vark” in die verhaal — meesterlik.

Die verhaal is op die waarheid gebaseer — die boek wat tot draaiboek verwerk is, is deur Molly se dogter geskryf. Nadat Molly as kind hierdie afstand afgelÍ het, is sy as volwassene saam met haar dogters weer weggevoer. En sy het weer weggeloop, maar diť keer had sy ’n baba om te dra. Later is een van haar kinders weer ontvoer. Hierdie beleid is eers in die 1970’s gestaak.

Kom die Britte (en by implikasie die Australiese regering wat die beleid voortgesit het) sleg daarvan af, soos die kritiek in AustraliŽ onder meer gelui het? Sekerlik. Maar waarom nie? Dit het werklik gebeur, en die prent beeld bloot die pyn en lyding uit wat dit veroorsaak het, sonder om onnodig melodramaties te wees. Verdien hulle enige ander uitbeelding? Die mees angsaanjaende element van die draaiboek is seker dat daar duidelik getoon word hoedat die uitvoerders van die beleid, spesifiek die heer Neville, onwrikbaar glo dat wat hulle doen, goed en reg is, dat dit werklik hierdie kinders tot voordeel strek, dat die Aborigines se ondankbaarheid ongelooflik is. Wat was blanke Suid-Afrikaners se reaksie op byvoorbeeld die afbrand van skole in swart woonbuurtes?

Dis juis hierdie terugkyk op die koloniale tydperk van enige land, die herinterpretasie van die geskiedenis en die openbaring van feite wat lank onderdruk is, wat die postkoloniale diskoers vorm. Dit is nie lekker om ou gevestigde mites omvergewerp te kry nie, maar vir heling en ’n beter toekoms is dit nodig. Dit is natuurlik waarom iets soos die Waarheids- en Versoeningskommissie (of ten minste die idee daaragter) vir Suid-Afrika so belangrik was.

Wanneer ’n klein, persoonlike geskiedenis uitgebeeld word binne ’n groot historiese konteks, verkry dit universele krag en relevansie. Soos in Rabbit-proof Fence is daar nog ontelbare duisende verhale in voormalige kolonies wat vertel kan en moet word. ’n Mens kan net hoop dat Suid-Afrika se filmbedryf oor talent soos die van Noyce en sy span beskik om ons eie stories so knap te kan vertel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.