FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

8 Femmes (8 Women)

Suzette Kotzé
verbatim@intekom.co.za


Frans met Engelse onderskrifte
Spelers: Catherine Deneuve, Fanny Ardant, Isabelle Huppert, Emmanuelle Béart, Firmine Richard, Virginie Ledoyen, Ludivine Sagnier, Danielle Darrieux, Dominique Lamure
Regie en draaiboek: Francois Ozon

Dis die idee wat iemand móés raaksien: om die room van Franse aktrises te neem en hulle almal saam te gooi in een fliek. En soos met hulle wyn, kos en modes het die Galliërs alle rede om trots te wees op hulle pragtige, vurige femmes wat nog skitterende aktrises is ook.

Dit is amper Kersfees en ’n herehuis op die Franse platteland word toegesneeu kort nadat die oudste dogter, Suzon (Virginie Ledoyen), huis toe gekom het van die kollege. Haar pragtige, elegante moeder (Catherine Deneuve) het haar op die stasie gaan haal, haar dierbare ouma (Danielle Darrieux) groet haar verheug, haar liefste tienersussie (Ludivine Sagnier) wals binne, hul betroubare huishoudster van baie jare (Firmine Richard — onthou haar uit die 1990-komedie Mama, there’s a man in your bed?) kom groet, en haar knorrige oujongnooitante (Isabelle Huppert) maak ook haar opwagting. Maar toe sy haar pa wil gaan groet, maak hulle die gru-ontdekking: hy lê in sy bed met ’n mes in die rug! En die telefoonkoord is afgesny, en hulle kan nie by die buitewêreld uitkom om die polisie te ontbied nie!

Aangesien sy die een met die waterdigte alibi is, lei Suzon die ondervraging, want een van die vroue in die huis moet die skuldige wees … En dinge raak net interessanter toe sy aan die nuwe diensmeisie (Emmanuelle Béart) voorgestel word, wat duidelik hopeloos te mooi is om sommer net ’n diensmeisie te wees. Dan daag haar pa se flambojante suster (Fanny Ardant) ook nog op, en die vet is behoorlik in die vuur. Agt vroue begin krap aan mekaar, en aan mekaar se verledes, en aan elkeen se afsonderlike verhouding met die vermoorde. Iemand speel ’n raaispeletjie, maar wie? Geraamtes tuimel uit kaste, bekentenisse borrel oor pruillippies en ’n pistool word afgevuur …

Dié fliek met agt besonderse vroue is voorwaar ’n lus vir die oog en ’n fees vir die sinne, kompleet met sang- en dansnommers tussendeur. En regisseur Francois Ozon kon natuurlik nie daardie groot erotiese (manlike) fantasie van die kattegeveg weerstaan nie, veral waar die gewriemel op die tapyt oorgaan in iets anders … Tipies Frans word die draak gesteek met klas, stand en seksuele voorkeure, en die donker geheime wat so dikwels onder die gepoleerde oppervlak van die hoëmiddelklaslewe skuil.

Maar ironies genoeg is dit juis die regisseur se slim idee wat die fliek se grootste swakplek is. Op die duur raak dit vervelig én ’n oordosis dat elk van die agt karakters se storie geopenbaar moet word, en die statiese, verhoogmatige aanbod word algaande te beperkend.

Connoisseurs van Franse chic sal sekerlik nie beswaar hê teen Ozon se aanbod nie — en dit ís inderdaad heerlike ligte vermaak — maar vir ’n werklike meesterstuk in hierdie genre val my keuse op Robert Altman se Gosford Park.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.