FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The exorcist (1973)

Coenraad Walters

Met: Ellyn Burstyn; Linda Blair; Max von Sydow; Jason Miller
Draaiboek: William Peter Blatty (gebaseer op sy eie roman, wat gebaseer is op ’n ware gebeurtenis)
Regie: William Friedkin

Nee, genugtig, ’n mens het g’n so ’n fliek in jou lewe nodig nie. Of nee, jammer dan, diť stelling is stellig te pedanties: ťk het nie so ’n fliek in my lewe nodig nie.

Verstaan my mooi: dis sekerlik ’n uitstekende rolprent, selfs al is dit in die veel stadiger styl van die vroeg sewentigerjare. Die toneelspel is oortuigend en het drie van die prent se tien Oscar-nominasies verdien. As toekennings as maatstaf van kwaliteit beskou word, moet die prent se vier Golden Globes (Beste drama, beste regisseur, beste draaiboek en beste ondersteunende aktrise vir Blair), asook drie verdere nominasies (vir Burstyn, Von Sydow, en Blair as mees belowende nuweling) genoem word. Die draaiboek is goed aanmekaar gesit en met ’n Oscar bekroon; en die karakters, hoewel effe oppervlakkig, is interessant. (Daar is net een wat darem baie stereotiep is: die polisieman — ’n mens wonder hoekom hy so graag saam met ’n priester wil gaan fliek!) Die spanning word uitstekend opgebou (ek moes heelwat woorde wat sensitiewe lesers aanstoot sou gee, uit my openingsin verwyder) en die byklanke (ook met ’n Oscar beloon) verdien hier spesiale vermelding: talle kere word die gehoor deur hoogs onskuldige geluide, wat hard en onverwags gehoor word, die skrik op die lyf gejaag. Beligting speel ook dikwels ’n belangrike rol (bv. die donker skaduwees op Vader Damian se oŽ wanneer hy met Regan se ma gesels).

Die verhaal is seker bekend aan baie kykers, veral diť wat in gruwelfilms belangstel, aangesien die hoŽ gehalte van die prent en sy opspraakwekkende inhoud daarvan ’n waterskeiding in die genre gemaak het. ’n Bekende aktrise (Burstyn) se dogter (Blair) vertoon vreemde gedrag en die mediese en psigiatriese spesialiste kan, ten spyte van vele toetse en teorieŽ, nie die probleem oplos nie. Hulle beveel aan sy spreek ’n Katolieke priester, Vader Damien Karras (Miller), wat in psigiatrie spesialiseer, om die moontlikheid van duiwelbesetenheid te ondersoek. Wanneer hy, na ’n deeglike studie, oortuig is dat duiwelbesetenheid wel ter sprake is, word ’n ouer en meer ervare priester, Vader Merrin (Von Sydow), laat kom om die uitdrywing te hanteer, bygestaan deur die jonger man. Hoewel die uitdrywing slaag, is die slot nie ondubbelsinnig positief nie.

Byna meer ontstellend as die duiwelbesetenheid is die benadering van die medici wat Regan ondersoek. Hulle probeer die geval slegs op rasionele wyse verklaar sonder om al die inligting in ag te neem en misluk daarom klaaglik. Die toetse waaraan Regan onderwerp word is bykans net so erg as die duiweluitdrywing self, en word as omtrent net so onwÍrelds voorgestel. Selfs die priester-psigiater is, getrou aan die gees van die tyd, eers baie skepties oor die moontlikheid van duiwelbesetenheid — met goeie rede. Vandag nog word die Bybelse verhale van duiweluitdrywing volgens mediese en psigiatriese wyses verklaar: epilepsie, geestesversteuring, noem maar op.

Vriend Ludwig het die prent gesien toe dit, jare na die oorspronklike vrystelling, vir die eerste maal in Suid-Afrika toegelaat is, en dit was op video. Die hele week voor die vrystelling was hy opgewonde soos ’n kind wat weet wat onder die Kersboom lÍ en nie kan wag om die geskenkpapier af te ruk nie. En hy is nie teleurgestel nie. Hy sÍ dat sleuteltonele en onderdele van tonele uitgesny is in die ouer weergawe (of dit nou die redigeerders of die plaaslike sensors was, is nie altyd duidelik nie) en dat sekere aspekte van die verhaal beter gemotiveerd voorkom in hierdie regisseursweergawe (is daar ’n beter woord vir “director’s cut” in Afrikaans?). Die visuele verwysing tydens die uitdryftoneel na die afgodsbeeld wat Vader Merrin in Irak gesien het in die argeologiesegment aan die begin van die prent, integreer diť opening veel hegter met die geheel. Tog, sÍ hy, is daar steeds dinge wat nie werklik gemotiveerd voorkom nie, soos die geluide op die solder. My verduideliking is dat die vervaardigingspan net eenvoudig alles moontlik gebruik het om die gehoor die skrik op die lyf te jaag!

Benewens die nahuiwering van vrees bly ’n paar vrae oor die verhaal ’n mens ook by. Presies wat word geÔmpliseer deur die afgodsbeeld wat Vader Merrin in Irak sien, tydens die uitdryftoneel te toon? Word daar bewustelik kontras geskep tussen die ma se gebruik van “Jesus Christ!” as skelwoord, veral wanneer sy die medici en die priester in haar hulpeloosheid verskree, en die inkanterende gebruik van Christus se naam tydens die uitdrywing? Ervaar vandag se jonger generasie die verhaal anders as jongmense van 1973, omdat ons in ’n sogenaamde New Age leef van groter spirituele bewussyn wat nie noodwendig so wetenskaplik en rasioneel op ’n geval van diť aard sal reageer nie? Ek vermoed byvoorbeeld dat die terminologiese verwarring (“exorcist” = “witch doctor”) in ’n meer onlangse verhaal met soortgelyke strekking nie sal voorkom nie, omdat ons vandag meer gewoond is aan mense wat hulself as hekse en towenaars, beoefenaars van “white magic”, paganisme of Wicca, voorstel, en hulself onderskei van sataniste.

Die musiek op die klankbaan verdien vermelding, hoewel ek eers daarvan bewus geword het deur die slottitels te lees. Groot dele van die rolprent is ontstellend stil, en wanneer die musiek gebruik word, is die kyker besig met belangriker dinge! Die musiek van bekende twintigste-eeuse komponiste is ingespan, soos Anton Webern, die Pool Krzysztof Penderecki (onder meer musiek uit sy opera Die duiwels van Loudun!), Hans Werner Henze (sy Fantasie vir strykers klink tydens die slottitels) en Mike Oldfield (dele uit sy bekende Tubular bells.)

Vergelykings met prente soos The silence of the lambs en The Blair witch project het by my opgekom: albei ook ondersoeke na ongekaarte streke van die menslike gees of die bonatuurlike, en uitstekende voorbeelde van hoe gehore gemanipuleer behoort te word vir maksimum effek. Lesers wat die duiwel fassinerend vind, sal moontlik die Russiese meester Mikhail Bulgakov se roman The master and Margarita geniet: Wanneer die duiwel in Rusland opdaag tydens die Kommunistiese era en homself daar tuismaak, laat hy die Kommunistiese dogma oor geloofsake ineenstort — volgens die regering bestaan hy dan nie, en hier is hy nou!

Ten slotte dus: ja, The exorcist is seker ’n haas perfekte griller wat beslis vandag nog gesprekke kan stimuleer, maar slegs vir minder sensitiewe kykers. Of kykers wat bereid is om saam te leef met die gevolge van hul keuse om ’n hoogtepunt in hierdie genre onder oŽ te kry.

Vriend Ludwig het vir my na die tyd tee gegee. Met melk en suiker. Twee maal. Toe eers kon ek huis toe ry. Daar het ek myself sitgemaak en na Babette se feesmaal gekyk: ideaal vir rolprentuitdrywing.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.