FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Elephant

Suzette Myburgh

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

Draaiboekskrywer en regisseur: Gus van Sant
Vertoontyd: Vanaf 20 Mei 2005

As 'n filmregisseur besluit om 'n groot menslike tragedie uit te beeld, is 'n belangrike oorweging hůť om dit te doen - watter aanslag om te gebruik. Steven Spielberg het byvoorbeeld in Schindler's List die ontsaglike omvang van die Holocaust verbeeld deur telkens op skares Joodse gevangenes in die konsentrasiekamp se binneplein te fokus. Oor en oor is die kyker gekonfronteer met hierdie see van gesigte wat na jou ůpkyk, en nŠ meer as drie uur se kyktyd het diť gesigte vermenigvuldig tot 'n soort begrip van die miljoene wat in die Nazi-vervolging gesterf het.

Die skietaanval in 1999 by die Columbine-skool in Colorado, Amerika was in vergelyking bitter klein in omvang (twaalf leerlinge en een onderwyser het gesterf), maar eweneens 'n tragedie. Vir sy vertolking daarvan het regisseur Gus van Sant 'n styl van totale onderbeklemtoning gekies. Die impak van die film is stil maar dodelik - dit was nie verniet in 2003 'n Goue Palm-wenner by Cannes nie.

Om Elephant te kan waardeer, moet jy geduldig wees. Die eerste deel van die fliek fokus meestal op enkelinge wat op die speelterrein of in die gange van die groot skool stap op pad na verskillende bestemmings. Die kamera fokus langdurig op elkeen, volg hulle net stil. Met naamopskrifte word die kyker aan hierdie twaalf leerders (die getal stem ooreen met die twaalf Columbine-slagoffers) voorgestel. Stadigaan kom jy agter dat die legkaartstukkies van die ťintlike storie versteek lÍ in diť skynbaar eindelose stappery. Die tydstruktuur begin verwring, dele wat al gewys is word herhaal, maar uit 'n effens ander perspektief. Daar word teruggespring in tyd, dan weer vorentoe - soos 'n video van 'n afgryslike gebeurtenis wat 'n oorlewende oor en oor kyk en terugdraai, kyk en terugdraai.

Michael Moore het in sy Bowling for Columbine bespiegel of die twee skoolskieters, Eric Harris en Dylan Klebold, dalk die oggend voor die skietery nog gaan kegelbal speel het. In Van Sant se voorstelling word gewys hoe die skieters hul fyn uitgewerkte planne finaliseer terwyl 'n program oor Hitler en sy Nazi-bewind op die TV in die voorkamer speel. Die alledaagsheid van waansin - eers met die aanval tref dit jou met verpletterende krag.

Afgesien van natuurbeelde wat besonder effektief gebruik word (donker wolke in 'n stormagtige lug, voŽls wat sing, vallende herfsblare, 'n spelende skaaphond), val die benutting van stilte, klank en musiek op - selde het ek nog musiek so skrynend beleef as Beethoven se "Maanligsonate" en "Vir Elise" hier. Met sulke visuele en klankgrepe slaag Van Sant briljant daarin om 'n onnadoenbare atmosfeer te skep. Reeds met die sien van die lokprent het diť atmosfeer my getref, spesifiek die openingstoneel: broeiend, amper dromerig, maar bowenal onwerklik, 'n oorweldigende gevoel van disconnectedness - wat op die psigiese vlak seker die mees lewensgetroue ervaring van so 'n gebeurtenis is, baie meer as die oordonderende geraas en histerie van die tipiese uitbeelding daarvan.

Die titel van die fliek, 'n baie belangrike deel van enige stuk skeppende werk, is besonder interessant: afgesien van 'n getekende prent van 'n olifant wat in "Eric" se kamer opgeplak is, hou dit skynbaar geen verband met die gebeure nie en lyk die keuse daarvan net so lukraak as diť van die Columbine-slagoffers.

Sommige flieks gaan kyk 'n mens nie vir jou plesier of die vermaakwaarde daarvan nie, maar om jou menswees en menslikheid te verruim. Elephant is een van hulle.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!




LitNet: 19 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.