FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The importance of being Earnest

Suzette Kotzé
Spelers: Colin Firth, Judi Dench, Rupert Everett, Reese Witherspoon, Frances O’Connor
Regisseur: Oliver Parker

Wat’s in ’n naam … het die Bard gesug. Een van die prettigste antwoorde op dié eksistensiële vraag kom sekerlik uit die Ierse skrywer en dramaturg Oscar Wilde se The importance of being Earnest. Wilde se draakstekery met die Engelse hoëklas se beheptheid met status en stamboom kom sprankelend tereg in hierdie filmweergawe van sy komedie.

Lord Worthing (Colin Firth) het ’n plattelandse lewe en ’n stadslewe. Op sy landgoed is hy Jack, verantwoordelike ouer broer van die verkwister Earnest — hy moet kort-kort Londen toe laat vat om te gaan beredder wat Earnest nou weer verbrou het. Sy beste vriend in Londen, Algy Montcrieff (Rupert Everett), ken hom egter as Earnest … Toe Algy ’n sigaarhouer met die inskripsie “Aan my oom Jack” ontdek, rus hy nie voor hy die waarheid uitgesnuffel het nie: Earnest is Jack se stadspersona, sy manier om ’n bietjie weg te kom om sy wilder kant uit te leef.

Meer interessant vir Algy, egter, is die feit dat Jack blykbaar die voog is van die pragtige jong Cecily (Reese Witherspoon). Algy is nogal ’n kalant met vroue, en hy wil terstond dié Cecily ontmoet — nodeloos om te sê dat Jack hom nie naby die onskuldige dametjie wil toelaat nie. Maar Algy het ’n troefkaart: Jack is verlief op Gwendolen (Frances O’Connor), die dogter van sy formidabele tante Augusta (Judi Dench).

Wat volg, is ’n spel met identiteite sowel as ’n propperse verwarring van identiteite. Toe Jack gaan vir die keuringsonderhoud vir die hand van Gwendolen, kom ’n donker geheim oor sy verlede uit; Algy sluip agter Jack se rug platteland toe en stel homself voor as Earnest, die lang verlore broer oor wie Cecily pienk dagdrome droom; Gwendolen bely dat sy slegs sal trou met ’n man met die naam Earnest, géén ander naam doen dit vir haar nie …

Met die afloop word al die verwarring netjies uitgelê en opgeklaar (in ’n toneel wat ’n bietjie te lank aanhou en in sy statiesheid wys op die toneeloorsprong van die stuk) en dis natuurlik eind goed alles goed in die beste Shakesperiaanse komedie-tradisie.

Oscar Wilde se pittige dialoog is deurgaans ’n plesier. En sy ondermynende uitbeelding van die sluiting van die hoëklas-huwelike van sy tyd, wat grootliks om geld gegaan het, is skerp en baie raak (word ’n mens skielik herinner aan Afrika se lobola-gebruik en Westerlinge se kritiek daarop …?)

Colin Firth en Judi Dench is die gesamentlike sterre van hierdie fliek. Firth hanteer die klugtige element uitstekend, maar kan selfs in dié konteks oortuigende, uit-die-hart-uit erns speel — vergelyk die toneel waar hy sy identiteit aan Augusta moet bely. Eweseer Judi Dench — te midde van die klugtigheid skep sy ’n yskoue Lady Augusta wat enigeen se broek sal laat bewe. Rupert Everett, wat al dikwels te sien was in die rol van ’n blasé, wêreldwyse karakter, stel hier effens teleur. Net in die toneel waar hy Cecily ontmoet, het hy my regtig beïndruk. Reese Witherspoon doen haar gewone meisie-dingetjie baie goed, en daar is ook nie fout te vind met Frances O’Connor as die idealistiese Gwendolen nie.

Regisseur Oliver Parker wys met die pragtige inkleding en fotografie dat hy Wilde se werk waardig is — hy het ook in 1999 gesorg vir die filmweergawe van An Ideal Husband. Die filmiese hantering van Cecily se romantiese dagdrome is ’n vermaaklike eie stempel, en die klein kameetjies humor (vergelyk byvoorbeeld Algy se butler) verleen sprankel.

The importance of being Earnest is ’n gawe Victoriaanse periodestuk, veral as hierdie tipe prent jou koppie Earl Grey is.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.