FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Punch-drunk Love

Suzette Kotzé

Spelers: Adam Sandler, Emily Watson, Philip Seymour Hoffman, Luis Guzman, Mary Lynn Rajskub
Regisseur: Paul Thomas Anderson

Vertoontyd: Vanaf 28 Februarie

Daar word groot gewag gemaak van Punch-drunk Love as ’n grensverskuiwende romantiese komedie, dit het ook ’n gesogte prys by die Cannes-filmfees gewen, maar ek weet darem nie so mooi nie …

Om mee te begin: dis ’n weird fliek, soos in seriously weird. Niks fout met weird nie, ek hou meestal daarvan (absurd is nog beter), maar binne die vreemde raamwerk wat die storie skep, moet dit nog steeds “werk”, dit moet jou as kyker oortuig. In Punch-drunk Love is daar te veel dinge wat vir my net nie goed gemotiveer is nie.

Die storie kortliks: Barry Egan (Adam Sandler) het sy eie besigheid waar hy hergebruikte goed koop en verkoop. (Hoe bekostig hy soveel werknemers in so ’n onbeholpe opset?) Barry is van voorkoms en optrede styf en korrek en sê oor en oor goed soos “I’m sorry” of “I don’t know”. Blykbaar het die pantoffelregering van sy sewe (werklik?) susters daarmee te doen, want hulle knaag heeldag oor die telefoon dat hy die aand by sy een suster se verjaardagparty moet opdaag. Wanneer hy daar aankom, spot en terg hulle soos hulle blykbaar van kleins af gedoen het, noem hom onder meer “gay boy” en so voort. Iets (ek is onseker wat) veroorsaak ’n geweldige woede-uitbarsting by Barry en hy begin slaan die groot ruite in die sitkamer stukkend — die eerste van nog sulke ernstige voorvalle van aggressie. Wanneer hy met sy swaer daaroor praat, erken hy dat hy soms nie van homself hou nie en sommer net begin huil — weet sy swaer (’n tandarts, soos blyk uit ’n komiese oomblik) nie van iemand met wie hy kan gaan praat nie?

Wanneer Barry dan wel vanuit sy diepe eensaamheid en vasgevangenheid met iemand praat, is dit met ’n foonsnol — en dis net hier waar al die probleme begin. Want dié en haar slymerige baas (Philip Seymour Hoffman) begin hom afpers, later op gewelddadige wyse. Intussen ontmoet hy ook vir Lena (Emily Watson), die kollega van sy een suster, en ná ’n rampspoedige begin ontwikkel daar ’n liefdesverhouding tussen hulle.

Dit stuur uiteindelik af op ’n tipiese “die liefde oorwin alles”-oplossing, maar, maar, maar … Die soort onbeheerste aggressie wat Barry vertoon, sy uiters lae selfdunk en selfsaboterende gedrag, die leuens waarmee hy sy gedrag probeer toesmeer — in ’n volwassene dui al hierdie trekke saam meestal op ernstige persoonlikheidsprobleme, van dié soort wat nie sommer so maklik deur Die Liefde opgelos word nie. Veral nie as dit in die konteks is van “ek sal jou red” nie, soos die liedjie in die agtergrond lui wanneer Barry agter sy redder Lena aan Hawaii toe gaan.

Wat is my beswaar dan eintlik? Dat die fliek met ’n swaar sielkundige lading werk wat dit nie behoorlik kan dra nie. (Ongeveer dieselfde beswaar wat ek teen Monster’s Ball het.) Dat die uiteinde, die oplossing, die sintese wat aangebied word, net te oppervlakkig is om oortuigend te wees. En daarmee het die hele fliek vir my platgeval.

Wat is goed aan die fliek? Adam Sandler se ingehoue spel en goeie tydsberekening, en Philip Seymour Hoffman. Daar is ’n onvergeetlike toneel waarin hy oor die telefoon op Barry skree wat die fliek nogal die moeite werd maak (maar jy kan dit in die lokprent ook sien). Wat ook besonders is, is die grinterige realisme (waarmee regisseur Paul Thomas Anderson vroeër in Boogie Nights al beïndruk het), die vreemde, verwronge kamerahoeke en die beligting — of eintlik afwesigheid daarvan in talle donker of feitlik donker skote. O ja, en daai blou pak klere wat Barry vir die duur van die héle fliek aanhet. Die oordadige skep-spanning-musiek het ek gemeen hoort eerder in ’n riller.

Hierdie is beslis ’n anderster soort fliek, en uit daardie oogpunt reeds interessant om te sien … miskien is dit net nie my soort fliek nie.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.