FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Dreamers

Suzette Myburgh

Spelers: Michael Pitt, Louis Garrel, Eva Green
Regisseur: Bernardo Bertolucci
Vertoontyd: Vanaf April 2004

Met opspraakwekkende films soos Last Tango in Paris, The Sheltering Sky, Stealing Beauty en die Oscar-wenner The Last Emperor op sy kerfstok, verwag ’n mens iets besonders van die vermaarde regisseur Bernardo Bertolucci. En hy stel nie teleur met sy nuutste nie; inteendeel, The Dreamers sorg weer ’n slag vir ’n behoorlike kunsfilm op die kringloop.

Die film, wat gegrond is op die gelyknamige roman deur Gilbert Adair, speel af in Parys in 1968, midde-in die studenteopstande wat, aangevuur deur die kommunisme, uiteindelik oorgespoel het na ’n groot deel van die werkers- én intellektuele klas. Bertolucci het self in die laat-1960’s in Parys gewoon, en ’n intens persoonlike betrokkenheid is feitlik voelbaar in die wonderlike atmosfeer van die film.

Die tema is verwikkeld en draai hoofsaaklik om die verknoopte (lees: emosioneel bloedskandige) verhouding van ’n tweelingbroer- en suster, Theo en Isabelle (Louis Garrel en Eva Green). In die laaste klompie jare het twee uitstaande romanskrywers dié tema ondersoek: Arundhati Roy met The God of Small Things en Donna Tartt met The Secret History. Freudiane sal die kop instemmend knik en sê: Maar dit kan mos nie anders nie, met so ’n noue emosionele én biologiese verbintenis … Oedipus vir broer en suster, as ’t ware.

Tydens ’n betoging voor Parys se beroemde rolprentteater ontmoet Matthew (Michael Pitt), ’n Amerikaanse student, die Franse broer en suster. Hulle vind onmiddellik aanklank vanuit hul gedeelde passie vir flieks, en Matthew is in die wolke. Hy skryf aan sy ma dat daar uiteindelik iets in sy lewe gebeur: hy het twee regte Franse bevriend. Kort daarna nooi die Franse hom vir ete by hul ouerhuis, en toe die ouers die volgende dag vir ’n maand platteland toe vertrek, dring hulle aan dat Matthew vir dié tyd sommer by hulle moet intrek.

Die erg korrekte en lyflik geïnhibeerde Matthew se fassinasie met die tweeling verdiep toe hy hulle die nag saam, en kaal, in een bed sien slaap. En dis nog maar net die begin. Hulle betrek hom geleidelik by hul broer-en-suster-speletjies — en ons praat nie hier van kinderspeletjies nie. Die deurlopende draad in dié speletjies is om tonele of poserings uit ou gunstelingflieks na te boots, sodat die ander moet raai. Tonele uit die regte flieks word geflits, en op hierdie manier bring Bertolucci ook hulde aan die rolprentikone van die verlede en die bedryf waarin hy staan.

Om meer te sê oor die verhaallyn, sal voornemende kykers se genot aan die film bederf. Opsommend dus: die verhaal eb en vloei in die verwikkelde driehoekverhouding tussen die drie studente, tot by die intens bevredigende einde waar die jong Amerikaner — ouer en véél wyser — alleen in ’n brandende Paryse straat bly staan terwyl Edith Piaf se “Non, je ne regrette rien” begin speel (laas met die Tom Waits-snit in Pollock het ek só ’n paslike musiekafsluiting in ’n fliek gehoor).

Wat my die meeste van Bertolucci se filmkuns opgeval het (behalwe die sielkundig intrigerende storie), is die tydloosheid daarvan — sy stileerders verdien volpunte vir ’n stel en inkleding wat nie spesifiek outyds en 1968 lýk nie, maar ook nie 2004 nie. Die outentieke atmosfeer word wel versterk deur die “outydse” styl van verfilming: lang, dralende kameraskote, natuurlike lig, effektiewe gebruik van lig en skadu, geen visuele effekte of foefies nie. En die film word perfek afgerond deur ’n wónderlike klankbaan. Verder word dit gedra deur die besonder sterk spel van die drie jong akteurs. Hulle het elk al ’n paar rolle agter die blad, en my voorspelling is dat ons na dese nog baie meer van hulle gaan hoor.

Moenie slaap nie, gaan kyk!


LitNet: 11 Maart 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.