FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

No se lo digas a nadie / Don’t tell anyone (1998)

Coenraad Walters

Met: Santiago Magill (Joaquin Camino); Christian Meier (Gonzalo); Lucia Jiminez (Alejandra); Giovanni Ciccia (Alfonso);Vanessa Robbiano (prostituut); Carlos Fuentes (Gerardo)
Draaiboek: Giovanna Pollarolo, gebaseer op ’n roman van Jaime Bayly
Regie: Francisco J. Lombardi
Verdere vertoning tydens die fees: Dinsdag 13/2 (18:00)

Naas die opspraakwekkende bloemlesing van Gerrit Komrij, De Afrikaanse poŽzie in duisend en enige gedichten is ’n kort inleiding in Nederland gepubliseer, De Afrikaanse poŽzie in tien gedichten. Oor elkeen van diť tien uitverkore verse skryf Komrij ’n kort opstelletjie. Die eerste op die lys is Eugene Marais se “Winternag”. Komrij is verstom oor die feit dat hierdie gesofistikeerde gedig verskyn het so kort nadat Afrikaans ’n geskrewe letterkunde ontwikkel het. Waar Nederlands eeue gehad het om lang verhalende gedigte, strydliedere, kinderrympies en sulke “preliterÍre” vorme te ontwikkel voordat ware poŽsie ontstaan het, het dit in Afrikaans binne ’n ommesientjie (by wyse van skrywe) gebeur.

Wat het dit alles nou te doen met hierdie Peruviaanse prent op die Gay en Lesbiese Filmfees? Wel, ook in die “rolprentletterkunde” van ’n land is daar sekerlik ’n paar “preliterÍre” rolprentsoorte wat gemaak moet word (en geld moet genereer) voordat kunsprente of selfs net rolprente van noemenswaardige kwaliteit vervaardig word: die onsnaakse komedies, die onsubtiele melodramas, die onsuksesvolle en pretensieuse eksperimente met minimale begrotings, noem maar op.

Aangesien ons hier feitlik niks weet van die Peruviaanse rolprentkuns nie (net so min as wat ’n sekere geslag Nederlanders van die Afrikaanse letterkunde weet), is No se lo digas a nadie ’n aangename verrassing. Dit vertel ’n oortuigende en ontroerende verhaal met goeie toneelspel en hoŽ tegniese kwaliteit.

Die storie is een van die mees basiese verhale in die gay korpus: ’n jong man wat verward is oor sy seksualiteit en daaroor in konflik kom met sy ouers, verteenwoordigers van die Heersende Orde. Joaquin word opgepiep deur sy oordrewe Katolieke ma, terwyl sy pa hom probeer dwing om ’n Man te word. Dit beteken binne hierdie konteks om chauvinisties, rassisties, gewelddadig en homofobies te wees. Sy vroeŽ pogings om sy seksualiteit te ontdek lei byna tot rampspoed en hy begin besef hy sal moet wegkruip. Wanneer hy student word, dring hy dus aan op sy eie blyplek. Hier kan hy agter drank en dwelms verdwyn, en selfs in die arms van ’n meisie probeer vlug van wat hom pla. Wanneer hy egter Alejandra se vriendin Rocio en diť se kÍrel Gonzalo ontmoet, spat die vonke — en leer Joaquin by Gonzalo van Oorlewing Lima-styl: raak rustig, trou, teel aan, en knyp die mannetjieskat in die donker. Hiermee kan Joaquin nie saamleef nie.

Hy word vriende met Alfonso, wat ook meer vorms van pret waardeer as wat hy in die openbaar sal erken. Hulle steel ’n groot klomp kokaÔen, maar dit lei daartoe dat Alfonso te veel daarvan inkry en Joaquin laat hom vir dood agter, en vlug Miami toe. Later keer hy terug na Lima, waar hy sy studies voltooi, ’n beter verhouding met sy ouers ontwikkel en stabiel en respektabel begin voorkom. Sy herontmoeting met Gonzalo suggereer ’n soort gelukkige einde.

Indien hierdie draaiboek byna net so in ’n Anglo-Amerikaanse konteks verfilm sou wees, sou dit moontlik nie juis hond haaraf maak nie — ons het dit al gesien. Wat Don’t tell anyone besonders maak, is die politieke waarde daarvan: die kykie in die gemeenskap van Lima en die heersende houdings jeens homoseksualiteit. As so ’n tipe “sosio-etniese” studie en as aanduiding van ’n ontwikkelde rolprentkuns is dit die moeite werd om te sien. Iets sÍ vir my dat Suid-Afrika nog nie hierdie verhaal met soveel finesse kan verfilm nie: onder meer dink ek dat die finansiering nie gevind sal word nie. Jammer.

  • Lesers wat meer inligting omtrent die Suid-Afrikaanse Gay en Lesbiese Filmfees soek, veral oor hoe om te help om die Fees se voortbestaan te verseker, kan gerus die organiseerders Out in Africa se webblad (www.oia.co.za) besoek.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.