FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dogville

Suzette Myburgh

Spelers: Nicole Kidman, Paul Bettany, Stellen Skarsgard, Patricia Clarkson, Lauren Bacall, Phillip Baker Hall en ander
Draaiboek en regie: Lars von Trier
Vertoontyd: Vanaf 24 September.

Die Deen Lars von Trier kan met reg beskou word as een van die uitdagendste filmregisseurs van ons tyd. Sy Breaking the waves (1996) was polse-sny-materiaal, en met daardie uitgerekte, uitmergelende galgtoneel in Dancer in the dark (1999) het hy verder gewys dat hy geen genade aan sy kykers betoon nie. Ook so met Dogville, wat besonder goed opgesom word met die (geÔmpliseerde) gesegde "dog eat dog".

Die hele fliek speel af op 'n verhoog; 'n mens kyk as 't ware na 'n filmweergawe van 'n toneelstuk. Terselfdertyd luister jy na 'n weergawe van 'n roman, kompleet met 'n proloog en nege hoofstukke wat telkens aangekondig word en deurgaans opsommend deur 'n vertellerstem (John Hurt) weergegee word. Vir drie ure kyk jy dus na 'n statiese verhoogstel met karakters wat net in diť klein ruimte rondbeweeg, en dat dit deurgaans boeiend bly, is maar net een van die vele lofbetuigings wat Von Trier verdien vir sy veelkantige film.

Die wÍreld waarin hy sy allegorie laat uitspeel, is die dorpie Dogville in die Rocky-gebergte in Amerika in die 1930's. Die vyftien volwasse inwoners - en een hond - gaan rustig hul gang tot 'n vlugtende vrou een aand opdaag. Kaalvoet, in 'n geskeurde lang swart rok, blond en pragtig is Grace (Nicole Kidman). Die jong Tom Edison (Paul Bettany), Dogville se selfaangestelde filosoof, sosiale gewete en aspirerende skrywer, sien haar kort nadat hy geweerskote in die vallei gehoor het. 'n Swart motor daag op; Tom versteek haar en staan 'n Mafiabaas te woord. Agterna wil Grace met die pelskraagrok en albasterhande niks oor haar verlede vertel nie, net dat sy vrees vir haar lewe en 'n toevlug soek.

Haar aankoms is as 't ware 'n antwoord op Tom se gebede: in sy pogings om die Dogvillers te oortuig dat hulle moet leer om te ontvang, het hy op presies so 'n "illustrasie" gewag. So begin Tom se planne met Grace en die dorpenaars. By 'n byeenkoms word haar dilemma geskets en die meerderheid stem in dat sy vir twee weke kan bly. As sy hulle kan oortuig van haar opregtheid en verdienstelikheid, sal hulle haar onbepaald versteek. Tom stel voor dat Grace, om hulle guns te wen, aanbied om elkeen te help met waarmee hulle ook al hulp nodig het. Eers keer die dorpenaars, maar kort voor lank is Grace soos 'n ou ingesetene: kinderoppasser vir een, geselskapsdame vir 'n ander, verpleegster, versorger, vriendin, winkelhulp, appelplukker, en so voort.

Die sperdatum verstryk, Grace kry die ja-stem, en met die 4e Julie-vieringe word sy gloeiend verwelkom en hoog geheildronk. Maar van lekker lag kom lekker huil, en langsamerhand begin die appelwyn gis, en dan suur raak.

'n Mens kan velerlei betekenisse uit die fliek haal, maar oorkoepelend staan 'n ysingwekkende beskouing: dat die mens van harte uit boos is en tot niks goeds in staat nie. Dit sÍ die Christelike dogma ook, met die verskil van 'n goddelike ingryping van genade wat moontlik is. Maar die genade wat Grace vir die Dogvillers bring, red hulle nie en maak nie van hulle beter mense nie. Inteendeel. Nee, boos is die mens, sÍ Von Trier, en illustreer dit pynlik persoonlik as 'n mens ten slotte Grace se aksie goedkeur met 'n gevoel dat geen ander einde bevredigend sou wees nie. Die loon van die sonde is immers die dood, maar waar goedheid en vergifnis inpas, lyk na 'n heel ander storie.

Terwyl Von Trier venynige dwarsklappe uitdeel na die humanisme, geleerdheid, filosofie, ware liefde, die gewaande goedheid van die mens en diverse ander kwessies, laat hy jou behoorlik nadink oor jou eie aard en sienswyses. Gewigtige stof, ja, maar so intelligent en oorspronklik aangebied dat dit eintlik 'n plesier is. Die ironiese vertellerstem, gitswart humor, besondere kamerahoeke en beligting, en die akteurs se puik spel sorg vir 'n onvergeetlike film.



LitNet: 19 Augustus 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.