FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Devils on the Doorstep

Suzette Kotzť

Mandarynse Chinees en Japannees, met onderskrifte in Engels
Gegrond op die novelle Shengcun deur You Fengwei
Spelers: Jiang Wen, Jiang Hongbo, Teruyuki Kagawa, Yuan Ding
Regisseur en vervaardiger: Jiang Wen

Oorlog, mag en geweld is ’n komplekse kwessie, dit is daarom ook gepas dat Devils on the doorstep so ’n komplekse film is (want daar word inderdaad oorvereenvoudigde films oor oorlog gemaak). Hierdie blik op ’n spesifieke deel van die Chinese geskiedenis moet die bekende Chinese ster Jiang Wen, wat Westerse gehore in Red Sorghum (1988) leer ken het, na aan die hart lÍ, want benewens regisseur en vervaardiger is hy ook die hoofrolspeler en sentreer die film eintlik om sy karakter.
      Dit is 1945, en die Japannese besetting van China, die resultaat van Japan se aggressiewe ekspansionistiese beleid in Suidoos-AsiŽ sedert die laat negentiende eeu, duur reeds agt jaar (interessant genoeg handel die hoog aangeskrewe Red Sorghum ook oor die Japannese besetting van China). In ’n afgeleŽ dorpie bevolk deur kleinboere word Ma Dasan (Jiang Wen) een aand wreed in die liefdespel met sy minnares versteur. Voor ’n geweerloop word hy gedreig: twee bondels word by hom afgelaai wat hy moet bewaar tot Nuwejaarsdag, wat oor vyf dae is, dan sal dit gehaal word. Dit blyk die bondels is twee krygsgevangenes: ’n Japannese soldaat en ’n Chinees wat as vertaler vir die Japannese optree.
      Ma Dasan neem die probleem na sy vriende en veral die wyse ou man van die dorp. Met ’n witleuentjie, naamlik dat die hele dorpie uitgewis gaan word as hulle nie die geheim kan hou nie, word hulle samewerking verkry. Die gevangenes word in Ma Dasan se kelder aangehou, waar die hatige optrede en pogings van die Japannese soldaat om die dood uit te lok sodat hy “eervol” kan sterf, hom eindelose probleme gee. Gelukkig tolk die Chinees nie die beledigings wat die Japannees werklik skreeu nie, en die goedhartige Chinese versorg die twee so goed soos hulle kan.
      Ses maande verloop en die krygsgevangenes is nog nie gehaal nie; die ander begin aandring dat van hulle ontslae geraak moet word. Die lot val op Ma Dasan om hulle dood te maak. Toe sy minnares, wat nou swanger is met sy kind wat die nag van die gevangenes se aankoms verwek is, hom nŠ sy wrede daad begin vermy omdat sy bygelowig is oor die gevolge daarvan vir die ongebore kind, beken hy dat hy hulle nie kon doodmaak nie. Nog eens word planne gemaak; ’n huurmoordenaar uit die stad moet gehaal word. Diť slaag ook nie, en die uiteinde is dat hulle die Japannees, wat intussen darem die meeste van sy arrogansie en begeerte na ’n heroÔese dood afgeskud het, se samewerking kry. Hulle sal hom terugneem na sy hoofkwartier, sÍ dat hulle hom gered het van die anti-Japannese magte en hom inlewer vir ’n beloning van twee karvragte graan — genoeg om die hele dorpie vir ’n jaar te voed.
      Die onderhandelings met die Japannese kapokhaan-bevelvoerder verloop spanningsvol, maar uiteindelik is al die soldate op pad terug na die dorpie met ’n hele ses karvragte graan. ’n Fees word gehou, en dan volg ’n verskriklike wending, wat oploop na ’n verskriklike einde. Nogmaals seeviŽr haat, onreg, bloedlus en geweld.
      In ’n bedrieglike styl neem die regisseur die kyker vir amper tweederdes van die film (van 2 uur en 20 minute) saam in wat die kyker dink ’n effens klugtige maar hartverwarmende blik op oorlog is: die eenvoudige boeremense wat lewe respekteer en selfs in die moeilikste omstandighede eervol optree. Wat word dan bedoel met die uiters skokkende laaste deel van die film? Dat goedheid en die poging om vrede na te streef nie kŠn seeviŽr nie? Dat ons almal eintlik maar vasgevang is in ’n Goddelike Komedie waarin dood en lewe (let op die simboliese waarde van die swangerskap) keersye van dieselfde munt is? Dat wreedheid en dood, veral gewelddadige en verraderlike dood, nie so erg is nie, dis maar ’n gegewe van die lewe?
      Soos reeds gesÍ, oorlog en geweld is ’n komplekse kwessie. As dit jou brandende belangstelling is, behoort hierdie film nie teleur te stel nie. As dit jou afstoot, hou liewer verby. Maar dat die film ’n mens tot nadenke stem, is gewis.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.