FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Der Einstein des Sex — Leben und Werk des Dr. Magnus Hirschfeld / The Einstein of sex (1999)

Coenraad Walters

Met: Kai Schuhmann (jong Hirschfeld); Friedl von Wangenheim (ouer Hirschfeld); Tima die GŲttliche (DŲrchen); Olaf Drauschke (Giese)
Draaiboek: Chris Kraus en Valentin Passoni
Regie: Rosa von Praunheim

Hierdie dokudrama bring ’n belangrike stuk geskiedenis, nie alleen van die gay beweging nie, maar van die studie van menslike seksualiteit onder die aandag. Hiervoor moet ’n mens die Duitse regisseur en gas van die 2001 Gay en Lesbiese Filmfees baie dankbaar wees.

Magnus Hirschfeld was een van die eerste wetenskaplikes wat ’n deeglike studie van menslike seksualiteit aangepak het. Sy mediese opleiding was vir hom onvoldoende om homself en ander mense soos hy te verklaar, en hy het sy eie navorsing deur sy praktyk begin onderneem. Jare later kon hy daarin slaag om in Berlyn die Instituut vir Seksuele Studie op die been te bring: ’n wetenskaplike navorsingsentrum waarin alle aspekte van seksualiteit onder die loep gekom het. In die tyd tussen die twee wÍreldoorloŽ was hierdie soort studie, hoewel uitdagend, nie onaanvaarbaar nie. Slegs geÔsoleerde voorvalle van teenkanting het voorgekom.

Maar aangesien Hirschfeld tegelyk Joods en gay was, is dit geen wonder dat sy Instituut een van die eerste slagoffers van die Nazi’s geword het nie. In daardie stadium was hy in Parys, na afloop van ’n lesingtoer deur Amerika, en sy medewerkers het om aangeraai om nie terug te keer nie. Sy boeke is ook vernietig in die Nazi’s se groot boekverbrandings. Die stem van die persoon wat al die verbode boeke aan die vlamme “oorgee” as uitdrukking van teenkanting teen arrogansie (waaraan die verbode skrywers skuldig sou wees) en ter wille van respek klink ongelooflik ironies, selfs al besef ’n mens dat die Nazi’s totaal ernstig was met daardie soort stellings.

Von Praunheim se prent dis die geskiedenis heel verteerbaar op. Sy span akteurs speel goed, en die tegniese aspekte suggereer dat daar genoeg geld was om die prent te maak (trouens, sommige kritici wil dit hÍ dat Von Praunheim “uitverkoop” het aan geldvoorsieners, en ’n “mak” prent gemaak het net om ’n duurder produksie te kon bekostig. Helaas loop ons ons vas teen daardie gevaarlike debat: is dit beter om die storie makker te maak en dit hoegenaamd te kan vertel, of moet ’n mens so vasklou aan sekere beginsels dat die storie onderdruk word?)

Omdat ek feitlik niks weet omtrent die tydperk en die onderwerp nie, is dit nie moontlik om vas te stel in hoe ’n mate die feite ideologies geplooi word nie. Daar word egter nie werklik onder Hirschfeld se vel ingekruip nie: al sien ’n mens hom op sy oudag in verhouding met jong mans, en selfs al aanvaar jy dat heelwat oor hom gesuggereer word, bly die rolprent meer van ’n geskiedenisles as ’n karakterstudie.

Maar hierdie geskiedenisles is essensiŽle kykstof vir enigeen wat in hierdie spesifieke, en dikwels versweŽ, aspek van die menslike beskawing belangstel. Seksualiteit is steeds ’n kontensieuse onderwerp, en Hirschfeld was sy tyd vooruit. Daarvoor wil ’n mens sy nagedagtenis eer, en juis dit maak Von Praunheim moontlik.

  • Lesers wat meer wil weet omtrent die Gay en Lesbiese Filmfees, veral oor hoe om die voortbestaan daarvan te verseker, kan gerus die organiseerders Out in Africa se webblad (www.oia.co.za) besoek.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.