FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Deep End

André Crous


cinephile2@yahoo.com

Waaroor gaan hierdie fliek regtig? Oor die ma se liefde vir haar seun? Oor die probleme wat die ma ondervind in haar verhouding met haar gay seun? Die probleme van ’n ma wat bykans alleen vir haar kinders moet sorg? Is dit miskien ’n murder mystery?

Hierdie fliek se kwaliteit is uiters subjektief. Ek is nie ’n ma nie en kan dus nie sê of ’n ma só onder sulke omstandighede sou optree nie. ’n Film is egter ’n ondervinding waartydens die kyker empatiseer met die karakters en hulle aksies en reaksies begryp. So waarom het ek gewonder oor die ma, Margaret Hall (gespeel deur Tilda Swinton) se karakter? Dit was sekerlik goed (nie so goed soos Roger Ebert, ’n film critic vir wie ek baie respek het, jou sou laat dink nie (www.suntimes.com/ebert/ebert_reviews) — hy is sekerlik meer beïndruk deur die karakter as deur Swinton self); daar was egter oomblikke waar ek net na die storie gekyk het as kuns en nie as mede-ondervinding nie.

Hoekom nie? Omdat sy my so kwaad maak. Ja, goed, miskien behoort die fliek geluk gewens te word, omdat dit sulke emosies by my kon aanwakker, maar die feit van die saak is dat ek dit nie wil sien nie. Ek wil nie sulke toneelspel sien nie, want as die hoofkarakter vir my pateties voorkom, strek dit uit na die hele film en infekteer die storie as geheel.

Margaret Hall is die heldin van die storie; maar alles gebeur met haar en sy maak weinig self gebeur. Haar seun is gay, dit weet ons almal binne die eerste tien minute van die fliek. Sy ook. Maar dan volg een of ander intrige met haar seun en sy boyfriend — en ’n ongeluk.

En dit bring my by ’n ander punt: die film vloei nie. As daar ooit ’n haakplek is, waar ons vir iets opwindends wag om te gebeur — ’n oomblik waar ons nie weet hoe die karakters só ’n situasie sal kan hanteer nie — is daar ’n pragtige dissolve na Lake Tahoe of wat ook al in die volgende toneel.

Daar is byvoorbeeld ’n scene heel aan die begin, waar die ma en haar seun in die motor sit die volgende oggend, en ’n lang ent ry in stilte. Nee. Nee. Nee. Dit is nie wat ek wil sien nie. Die karakters moet asseblief praat; daar is geen teken van telepatie êrens nie. So, wat doen die span regisseurs? Hulle dissolve van begin na middel na einde. ’n Montage so dood soos die dialoog hiervoor. I am not impressed.

Die ongeluk waarvan ek vroeër gepraat het, lei tot ’n misverstand wat lei tot ongelooflike dapperheid deur die ma, en dít lei weer tot ’n toksiese situasie waar iemand nuuts op die toneel verskyn en $50 000 binne 24 uur verwag. Alles kon egter verhoed gewees het as die ma net met haar seun gepraat het.

’n Interessante karakter in die film is Alek Spera (gespeel deur Goran Visjnic), ’n baddie (of ís hy nou regtig?) wie se geskiedenis ons glad nie ken nie: hy kan van enige plek af kom, en enigiets kon vantevore met hom gebeur het. Dit is ’n plus en ’n minus. Aan die pluskant: ons weet niks van hom nie, so enigiets kan moontlik gebeur en miskien kan hy ons nog verras. Dit is ook inderdaad wat gebeur, en ons hou van hom. Maar aan die negatiewe kant is daar dieselfde probleem: ons weet niks van hom af nie, en dit is moeilik — soos ek vroeër gesê het — om met ’n vreemdeling te empatiseer.

Is dit regtig moontlik dat die karakter van Visnjic só vinnig kan verander dat hy reeds op sy tweede besoek lang rukke na die familiefoto’s staan en kyk?! Nee, miskien nie, maar hy is die persoon wat die hoofkarakter red uit absolute wanhoop. Is dit Hollywood? Dis Hollywood, en dit trek sekerlik mense na die popcorn-saal.

Dan het ons die misterieuse pa, van wie ons nie eers ’n foto sien of ’n stem hoor nie. Hy is op ’n skip op die Noord-Atlantiese Oseaan iewers en doen iets. Ons hoef nie oor hom om te gee nie, so moenie.

Dit is ongelooflik jammer dat die fliek se einde so swak is. Wanneer “doodsinne” in die helfte afgesny word, moet dit darem sin maak, en moet ons darem weet wat daarmee bedoel word, anders is dit nutteloos vir almal betrokke by die speletjie wat die film speel. Tensy dit natuurlik is om ons net nóg meer ongemaklik te laat voel oor iets wat in elk geval buite ons beheer is.

Hoe dit ook al sy: die verhouding tussen Margaret en Beau is ongemaklik; die verhouding tussen Margaret en Alek het interessante ondertone, maar stop daar; en van die verhouding tussen Margaret en haar man weet ons absoluut niks. Margaret se man is ’n spook en heeltemal onbelangrik. Waarom word so iemand dan enigsins gebruik in die fliek? Moenie my vra nie.

Die fliek het daardie selfde ongemaklike feel wat American Beauty gehad het, maar leer ons ongelukkig niks nuuts oor liefde of ons gemeenskap nie. Die film is ’n lekker poging in styl, maar op die gebied van storie val die fliek plat teen die einde van sy 100 minute.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.