FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The cup

Suzette Kotzé

Tibettaans en Hindi met Engelse onderskrifte
Spelers: Jamyang Lodro, Orgyen Tobgyal, Neten Chokling
Regisseur en draaiboek: Khyentse Norbu

Die begrip “leunstoelreisiger” vir iemand wat tuis opgekrul op die rusbank met ’n goeie boek in die hand op reis gaan, is net so van toepassing op fliek. Dis een van die voorregte van die moderne lewe dat mens in ’n fliekteater deur middel van stereoklank en lewensgrootte beelde vreemde, verre wêrelde kan betree.

Die wêreld wat jy in The cup betree, is dié van Tibettaanse Boeddhisme. Die verhaal, geskryf en geregisseer deur ’n Tibettaanse lama, speel af in ’n klooster-in-ballingskap in Indië in 1998. Die ab is oud, verrimpel, wys en mensliewend — die beliggaming van die Boeddhistiese ideaal van vrede en aanvaarding. Hy verlang voortdurend terug na die ou dae in Tibet, en sy hunkering om terug te gaan bring die lot van dié land onder Chinese oorheersing skerp na vore. Sy tweede in bevel is heelwat jonger en baie streng, en hy hou die klomp leerling-monnike stewig onder die duim.

Dié klomp, al is hulle toegewyde beoefenaars van ’n 4000 jaar oue godsdienstige filosofie, weerspieël die universaliteit (ook normaliteit) van kosskoolkinders die wêreld oor. Daar is die een wat altyd onder die sonore klank van die lang dreunsange aan die slaap raak, terwyl onnutsige maats hulle besig hou met papiervliegtuigies vou of prentjies uitruil, en dan is daar die jong Orgyen, die hoofkarakter. Hy is sonder ma en pa en het één passie: sokker. Snags word daar onder die streng hoof se neus uitgesluip dorp toe om by die plaaslike kroeg te gaan sokker kyk, en nou het Wêreldbekerkoors hom en sy maats beetgepak. Toe die klomp een aand uit die kroeg gegooi word omdat een te hard gepraat het, is dit ’n krisis, want die eindstryd is op hande en hulle móét dit sien.

Planne word hierdie kant toe en daardie kant toe gemaak om eers toestemming te kry en dan ’n TV te huur, maar dan het hulle nie genoeg geld om te betaal nie. Intussen het twee nuwe seuns uit Tibet aangekom, Palden, wat Orgyen se kamermaat is, en die baie jong Nylma wat bitterlik huis toe verlang, en Nylma het ’n goue horlosie wat sy ma vir hom saamgegee het … Hoe die kwessie afloop en hoe die opportunistiese Orgyen in eg Boeddhistiese tradisie daaruit groei en medemenslikheid leer, is ’n pragtige verhaal.

Die bekendstelling aan die lewe in ’n klooster en al die rituele en gebruike van die Tibettaanse geloof is uiters boeiend en gee ’n kykie in dié besonderse geloof, terwyl die botsing tussen eeue oue Oosterse tradisies en Westerse tegnologie en massavermaak stof tot nadenke gee. Só word talle ou kulture in die moderne wêreld blootgestel aan die uitdaging van verandering, en laat Westerse waardes hul merk, for better or for worse.

Die toneelspel van die groot aantal plaaslike akteurs is deurgaans goed (die fliek is in ’n klooster in Bhutan verfilm), en veral Orgyen beïndruk. Met sy hees stemmetjie, astrante houding en opgeskroefde gesiggie kan mens nie anders as om van hom te hou nie, en hoewel hy glad nie vreeslik gaaf is nie, kan jy nie anders as om sy passie en veggees te bewonder nie. ’n Oorspronklike siel wat nie glo aan konformeer nie as daar al ooit een was! (Die karakter van Orgyen en die verhaal is gebaseer op ’n werklike persoon en gebeure.)

The cup is ’n warm, menslike verhaal met ’n gróót hart en dit word hartlik aanbeveel.

Suzette Kotzé
Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.