FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Les amants criminels / Criminal lovers (1999)

Coenraad Walters

Met: Natacha Regnier (Alice); Jeremie Renier (Luc); Predrag Manojlovic (“ogre”); Salim Kechiouche (Saïd)
Draaiboek en regie: Francois Ozon

Francois Ozon is vanjaar goed verteenwoordig op die Gay en Lesbiese Filmfees. Die ander twee prente wat vertoon is, Sitcom en Water drops on burning rocks, is reeds bespreek. Een rede waarom ek na die derde ook gaan kyk het, is om te sien of hy vir die derde maal die derde beweging van Mahler se vierde simfonie gebruik!

Hoewel hierdie stuk musiek afwesig was, was die klankbaan weer opmerklik “klassiek”, met onder meer komposisies van Vivaldi en Wagner (heel gepas uit daardie intense liefdesopera, Tristan und Isolde). Die rolprentervaring was egter baie ryker as bloot die interessante klankbaan.

Ozon vertel die ou Hansie en Grietjie verhaal op ’n moderne manier oor. Die beelde wat gesien word, is dikwels so donker dat jy kwalik kan uitmaak of iets getoon word en of die skerm nou maar net swart is. Hierdie donkerte pas ideaal by die vertelling, wat ook die donker kante van die menslike psige belig. Soos in die meeste sprokies is daar ’n seksuele element (hier net heeltemal eksplisiet) en ’n stuk karakterontwikkeling wat die personasies sonder hierdie reeks gebeure nie sou deurgemaak het nie.

Alice en Luc is in ’n verhouding, maar die seks is nie so waffers nie. Dan begin Saïd ondubbelsinnige seksuele aandag aan Alice gee. Sy laat haar dit in ’n mate welgeval, maar sy is verlief op Luc. Met ’n ingewikkelde stel leuens praat sy Luc om om haar te help om Saïd te vermoor. Hy stem teensinnig in en die moord vind plaas terwyl sy en Saïd op die vloer van ’n gimnasiumbadkamer se vloer lê en vry.

Luc “leen” sy ouers se motor, en hy en Alice neem die lyk na ’n woud. Op pad daarheen steel hulle geld, maar slaag nie daarin om kos te kry nie. Nadat hulle die lyk in die woud begrawe het, kom hulle agter hulle het verdwaal. Wanneer hulle hulself help aan kos in ’n huisie in die bos, kom die bewoner terug en neem hulle gevange.

Dié bewoner is nie ’n heks nie, maar ’n man — die Engelse woord “ogre” pas hom, want hy tree bruusk en wreed op teenoor die twee, maar is nie fisies ’n reus nie. Hy het Saïd se lyk gaan opgrawe en dié lê nou in dieselfde kelder waarin Alice en Luc opgesluit word.

Die “ogre” is nie geïnteresseerd in Alice nie: sy kan maar uitteer en verhonger. Hy laat egter vir Luc uit en voer hom (moet liewer nie vra presies wat nie…) en ’n vreemde, deernisvolle verhouding ontstaan sodat Luc Alice keer wanneer sy die slapende man wil vermoor wanneer hulle ontsnap.

Terwyl hul gevangenskap uitgebeeld word, bied ’n boeiende reeks terugflitse dieper insigte aan die kyker omtrent die oorspronklike moord: Alice se leuens kom aan die lig, en Luc se ware motiewe word gesuggereer.

Ongelukkig is die slot geweldig melodramaties (hoewel seker van pas in die sprokie-genre) en dit doen afbreuk aan Criminal lovers. Dis jammer, want Ozon het hier ’n fassinerende visuele teks geskep wat gerus deur groter gehore as bloot die feesgangers gesien kan word. Sy gebruik van visuele metafore om ’n sprokieswêreld op te roep en die twee jongmense se (teenstrydige!) onskuld voor te stel, is byvoorbeeld briljant:

  • terwyl hulle slapend in ’n boot op die rivier afdryf, beland hulle in digte mis;
  • Alice bekyk in die kelder ’n spinnekop op sy web;
  • terwyl die twee voortvlugtende minnaars hulself na hul ontsnapping oorgee aan hul passie, word hulle bekyk deur allerhande diere (onder meer ’n haas, ’n jakkals en ’n bokkie), waarvan ons vroeër, in die wetenskaplaboratorium, opgestopte eksemplare gesien het.

Criminal lovers is (ten spyte van die enkele voorbehoud) een van die beste prente wat hierdie fliekvlooi in die onlangse verlede gesien het, en saam met Total loss seker die beste feesprent.

  • Lesers wat meer wil weet omtrent die Gay en Lesbiese Filmfees, veral oor hoe om die voortbestaan daarvan te verseker, kan gerus die organiseerders Out in Africa se webblad (www.oia.co.za) besoek.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.