FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Cradle will rock (1999)

Coenraad Walters

Met: Hank Azaria, Joan Cusack, John Cusack, Cary Elwes, Philip Baker Hall, Angus MacFadyen, Bill Murray, Vanessa Redgrave, Susan Sarandon, John Turturro, Emily Watson
Draaiboeken regie: Tim Robbins

Met Cradle will rock is ’n mens beslis nie klaar na net een maal se sien nie. En dis nie noodwendig ’n kompliment vir die prent nie.

Dis een van daardie prente wat soveel bekende akteurs bevat dat die belangrikstes alfabeties gelys word. Kyk maar net na die lys hierbo! Almal van hulle speel met oortuiging en dra by tot die sukses van die prent, hoewel Vanessa Redgrave as die kinderlike, verveelde, skatryk vrou en Emily Watson in haar soveelste jammerlike rol (’n straatbewoner wat ’n soort musiekster word) uitgesonder moet word vir hulle spel.

Met soveel akteurs is dit seker duidelik dat die verhaal nie sommerso opgesom kan word nie. Robbins vervleg ’n aantal sterk verhale om sy boodskap (lees: preek — ons weet almal wat Robbins en sy wederhelf Susan Sarandon al op Oscar-aande aangevang het, hoewel ons dit weens die redigeringskêr nie gesien het nie) oor te dra.

Dis Amerika in die 1930’s. Vakbonde begin hulself voelbaar maak en stook allerlei voorvalle van nywerheidsonrus. Daar word dus (soos later ook in Suid-Afrika) Kommuniste agter elke bos uitgeskop. Een staatsinstansie wat onder die loep kom, is die Federal Theater Program. Wanneer die begroting van dié program skerp verminder word, moet verskeie produksies summier gestaak word.

Een so ’n produksie is ’n nuwe musiekspel oor die opkoms van vakbonde in Amerika, The cradle will rock deur Mark Blitzstein (Azaria). Daar was werklik so ’n musiekspel en so ’n komponis — die vervaardigers van die spel, Orson Welles (MacFadyen) en John Houseman (Elwes) is ook historiese persone (laasgenoemde sal menige Suid-Afrikaners onthou as Beste Professor). Wanneer die teater gesluit word en deur soldate bewaak word, dink hulle dit word gedoen weens die politieke aard van die stuk. ’n Ander teater word gevind, maar die stuk mag volgens teatervakbondreëls nie opgevoer word nie. Blitzstein onderneem om die stuk alleen “op te voer”. Die hele gehoor en rolverdeling marsjeer in die strate na die nuwe teater om die aanbieding mee te maak. Wanneer Blitzstein die eerste lied begin sing, kan Olive Stanton (Watson) haarself nie inhou nie — haar kans om vir mense in ’n teater te sing (nie bedelend op straat nie) kan nie sommer net so verdwyn nie! Een na die ander begin sangers en instrumentaliste saam met Blitzstein optree, sodat die stuk geïmproviseerd aangebied word. Die hoogtepunt van die stuk word deel van die klimaks van die rolprent.

Die nyweraar Nelson Rockefeller (John Cusack) verkry die dienste van die befaamde skilder Diego Rivera (Rubén Blades) om die voorportaal van sy nuwe kantoorblok te versier met ’n groot muurskildery. Wanneer dit duidelik word dat Rivera politieke stellings maak met die skildery en weier om van sy planne af te sien, word hy die gebou belet en word die skildery afgebreek. Hierdie toneel word deureengesny met die klimaks van die musiekspel.

Rockefeller en van sy vriende woon ’n kostuumbal by en geklee in monderings wat ’n mens aan die Medici familie in Renaissance Italië laat dink, gesels hulle oor hoe hul geld die aard van kuns bepaal. Die weelderige danstonele vorm die derde element in die rolprent se slotsekwens.

En daar is nog meer verhaalrafels wat ingevleg word, alles om die verhouding tussen geld, mag, politiek en kuns te belig. Robbins se basiese boodskap is een waaraan ons in die huidige Suid-Afrika (weer eens) aandag moet skenk. Die hantering van terme soos Eurosentrisme, toeganklik en elitisties maak dit noodsaaklik, veral as die kunsbeursie al kleiner word en daar al meer hande daarin krabbel. ’n Mens begryp dus dat daar in Cradle will rock heelwat eksposisie, verduideliking en prekery sal wees.

Dis egter jammer dat dit so moet wees, veral wanneer ’n mens die visuele suggestierykheid van die slotsekwens beleef. Dis moontlik juis die spanning tussen eksplikasie en demonstrasie wat ’n mens laat voel dat jy die prent weer moet sien. Hopelik kom ’n mens dan nog meer positief van Cradle will rock af weg.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.